Volgens Jonas was die aanbod om minister Nhlanhla Nene te vervang. “Ek het dit uit die vuis verwerp. Ek het dit verwerp aangesien dit ʼn bespotting is van ons hardverdiende demokrasie, die vertroue van ons mense en die feit dat niemand behalwe die president ministers kan aanstel nie,” het Jonas gesê.
Hy het dit verder benadruk dat daar nié ʼn gesprek tussen hom en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, was nie. “Ek het eers gehuiwer om in die openbaar hieroor iets te sê, maar ek voel ek kan nie langer stilbly nie. Dit is vir my van groot belang dat daar ʼn werklike gevaar is dat hierdie kwessie die aandag kan aflei van die wesenlike en dringende uitdagings wat ons land in die gesig staar,” het Jonas gesê.
“Die huidige ekonomiese klimaat hou verskeie risiko’s in vir ons land en vereis verantwoordelike leierskap ten einde ʼn volwaardige krisis af te weer.” Jonas het gesê die kwessie van “state capture” moet kommerwekkend wees vir alle verantwoordelike Suid-Afrikaners. “Ons kan nie die duidelike impak wat dié sentimente op ons land het ignoreer nie.” (Lees Jonas se volledige verklaring hier)
Jonas se erkenning kom nadat Vytjie Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, onthul het dat die Gupta-gesin glo vir haar ook ʼn pos as minister aangebied het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
Dit is skrikwekkend dat die Guptas so baie mag het in Suid-Afrika,Zuma moet gaan so gou moontlik.
Zuma MOET WAAI!
Waar n rokie trek……? Hul gee seker vir zumie leka vet tjek.
My ou, hoe dink jy gaan ons ontslae raak van J Z?
Wat kan ons doen om die Guptas en Zuma uit te kry. Ons gaan rommel word as hul nie gestop word nie!!