Adjunkminister gekaap, in veld gelos

Foto: Flickr/GovernmentZA

Thabang Makwetla, adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, is Sondagaand deur vier gewapende mans gekaap.

Die kapers het vir ure met die adjunkminister en twee veiligheidswagte rondgery voordat hulle uiteindelik in ʼn bos naby Brits in Noordwes afgelaai is.

Ntime Skhosana, Makwetla se woordvoerder, het aan Maroela Media vertel die voorval het omstreeks 19:30 plaasgevind. “Die adjunkminister het iemand in die Life Riverfield-hospitaal in Fourways besoek. Hy was op pad uit en toe hy by die hek kom, is hy deur vier mans met klapmusse oorrompel,” het Skhosana gesê.

Die aanvallers het Makwetla op die agtersitplek van sy motor inforseer en met hom na die sekuriteitstasie van die hospitaal gery. “Hul het twee van die hospitaal se wagte in die kattebak van die motor inforseer en met hul weggejaag,” het Skhosana vertel.

Volgens Skhosana het hulle toe met Makwetla en die wagte na ʼn nabygeleë nedersetting gery en motors verwissel om glo met Makwetla se voertuig se opsporingstelsel te peuter.

Hulle het hom daar van sy selfoon, beursie en ander persoonlike besittings beroof en met hom na ʼn kitsbank gery waar hy geld moes trek. Skhosana het gesê die presiese bedrag wat onttrek is sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

“Die mans het vir ure met hulle rondgery en hulle Maandag omstreeks 03:00 in ʼn veld ver van die pad naby Brits afgelaai en aangesê om te hardloop,” het Skhosana verduidelik.

Makwetla en die twee wagte het na ʼn nabygeleë nedersetting geloop omdat daar nie veel voertuie daardie tyd van die oggend op die pad is nie en het toe uiteindelik by ʼn man wat sonder petrol gaan staan het langs die pad aangekom.

“Die man het gelukkig ʼn selfoon gehad en Makwetla het die naaste polisiestasie [Ga-Rankuwa] gebel en hulle het iemand na die toneel uitgestuur.”

Makwetla kon volgens Skhosana by die Ga-Rankuwa-polisiestasie daarin slaag om Khomotso Phahlane, die waarnemende polisiehoof, in die hande te kry en hy het die saak van daar af hanteer en verskeie spanne na die toneel gestuur.

ʼn Saak van kaping is aanhangig gemaak. “Makwetla is ongedeerd en vandag weer op sy pos,” het Skhosana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johann ·

????????????? Ken die Hospitaal gronde en toegang BAIE BAIE goed! Daars bv BESLIS CCTV stelsels, en die Hospitaal huisves meestal “REHAB” gevalle so niemand gaan sommer in of uit nie!!!!!! Sal baie interessant wees om presies te sien hoe en waar wat rerig gebeur het?

Hannah ·

Thabang ek is sooooo bly jy is ongedeerd… hoog waarskynklik is jou hok taamlik geskud soos al ons andere wat deur kapings gaan. Mag ek die wens uitspreek dat JY nou die regering sover sal kry om hierdie chaos in SA aan te spreek?

Giel ·

So die polisiehoof ne. Twyfel jy ook in konstabels?
Verskeie spanne nogal…

al ·

Interessant ja. Ons arme drommels het nie voorreg om dadelik by die polisiekommissaris uit te kom nie.
Dis goed dat hy ondervind het hoe ons landsburgers in vrees moet lewe.

Helen ·

Wolhaar storie man!
Hy het nie n hou eers gekry of n teken van seer maak nie?
Was dit regtig was sy lyk op getel of hy was geslaan?
Jmr ek glo nie die storie nie!!!

cor ·

Ek se weer welkom in die regte wereld van gewone lands burgers wat dit elke dag moet verduur. Vir wie skuld hy n guns wat hy nie nagekom het nie want hoe het hulle geweet hy is by die hospitaal, dit was beslis nie gewone jackers nie seker jokers. Nou gaan hy seker vra vir ekstra lyfwagte 24 h.

Jan Borman ·

Is dit hoeveel die lyfwagte werd is wat die belastingbetalers voor moet opdok vir die honderde sogenoemde belangrike persone wat beskerm moet word? – Nog ‘n geldvermorsery!

Tina du Toit ·

Hel, ek hoop Thabang weet dat hy gelukkig is om te lewe , dat hy skotvry weggekom het om nie vermoor te word nie en besef dat ons elke dag met misdaad moet saam leef en dat daar elke dag `n onskuldige boer of wit gesit se lewe geneem word.

marous ·

Borg en parool sal seker nou ‘n mite wees as hulle gearresteer of gevonnis word….

SêNet71 ·

Thabang Makwetla haal die nuus en hy en sy wagte is net “bietjie verontrief”, maar die 1000de boere (blank en nie-blank) wat aangeval, gemartel, verkrag en vermoor word haal skaars die nuus. Ons land se prioriteite stink!

Scalla ·

Hy is hoog op om direk met die kommisaris persoonlik in gesprek te tree, die storie klink nie lekker nie, gewoonlik word die persoon hardhandig behandel.

Anne oetzer ·

Mmmm en dat hy die nommer uit sy koo ken. Ek meen met selfine. Wie ken nog mekaar se nommers uit jou kop. En wil hy nou geld eis. Hoekom se hy nie hoeveel moes hy onttrek nie. Ek ruik ook maar n rot.

w ·

Dankie tog. Die govt official het ook gevoel ma nix gesuffer soos mense wie gemartel word ni

Justice ·

Seker ook gehoor dat Presidensiele beskerming nou die nuutste ANC status simbool is.

Peeter ·

Gaan bly nou bietjie op n plaas ou bul. Kom ons kyk of jy ook daaruit ongeraak stap.

oumie ·

Lekker lag ek nou vir die storie hul wou seker n bietjie rondry gaan vertel jou dramatiese storie vir Zuma hy sal jou dalk glo

vals vlaggie ·

Lagwekkend en grens aan “vals vlaggie” …. Hoekom glo mense nie die storie nie, want dit klink vergesog en allesbehalwe hoe kapers optree – of is daar ook B-BBEE kapers wat kies wat om met hulle kliente te doen. Interessant dat die “kapers” vir hom gewag het by die hospitaal van alle plekke en nie by sy “huis” nie , hom of die ander niks aangerand nie of selfs nie sy rekening leeggesteel het soos in ander gevalle wat regtig beroof/gekaap word. En al die “spanne” wat later deelgeneem het om die “kapers” te vang …

Vryheid ·

Ja minister nou voel jy so bietjie hoe die boere voel, die enigste verskil is jy het met jou lewe daarvan weggekom !

Ek wonder ·

Almal mis die punt naamlik of die man wat sonder petrol gaan staan het in die proses geholpe geraak het? Dis al wat van belang is in hierdie berig.

Johann ·

Sou wat wou gee om te hoor wat se en wys die hospitaal se CCTV rekords? Dis nou as dit nie reeds “verwyder” is vir hoë vlak ondersoek nie?

Flintstone ·

Stem saam Johann.Dink dit lê langs die Spur-voorval se cctv materiaal!

charmaine ·

Iemand moes iemand laat weet het wanneer en waar die ou gaan wees? Dalk net om die belangrike mense bietjie bang te maak? Om te se opppas ons weet waar hang jy uit? Want hulle het die hospitaal wagte voor die tyd oorrompel, so hulle het geweet vir wie om te wag. En die feit dat hulle met n ander motor weg is en sy staatsmotor daar gelos het ook baie slim.

Elna Boshoff ·

Ek kan nie verstaan hoekom mense kommentaar lewer as hulle nie lees wat in die berig staan nie?? Dis nie sy lyfwagte nie!!! Dis die sekuriteitswagte van die hospitaal…

Zumie ·

Kan ons nou hieruit aflei dat justisie gekaap is in die NSA hehehehe…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.