Adjunkminister gyselaar gehou deur ANC-betogers

Argieffoto

Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, is Saterdagoggend vir ʼn kort rukkie gyselaar gehou deur ʼn groep betogers by die ANC se streekshoofkantoor in Port Elizabeth.

Die voorval het omstreeks 10:30 plaasgevind by Florence Matomela House in Govan Mbekilaan.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is ontbied om Skwatsha terug na sy hotel te vergesel nadat ʼn paar ANC-lede hom verhoed het om die kantoor te verlaat.

Skwatsha is veilig teruggeneem na sy hotel, het Janse van Rensburg gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

met die volgende verkiesing is Skwatsha steeds in die ANC en stem diegene wat hom vandag gyselaar gehou het, maar net WEER vir die ANC…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.