Adjunkminister Holomisa toets positief vir Covid-19

(Foto: Unsplash)

Nkosi Phathekile Holomisa, die adjunkminister van korrektiewe dienste, het positief getoets vir Covid-19.

Holomisa is in self-isolasie by sy huis en hy volg alle noodsaaklike maatreëls. Phumla Williams, woordvoerder van die regering, het gesê hy is in ʼn goeie luim en is vasbeslote om gesond te word. Alle persone wat in direkte kontak was met Holomisa sal gekontak word en in kwarantyn geplaas word.

“Ons wens hom alles van die beste toe. Ons sien uit daarna dat hy ten volle sal herstel,” het Jackson Mthembu, minister in die presidensie, bygevoeg. “Terwyl die wêreld die afgelope paar maande gebuk gaan onder dié pandemie, het die koronavirus gewys dat hy nie enige grense het nie en enigiemand kan die virus opdoen.”

Die regering maan Suid-Afrikaners om te voldoen aan die voorkomingsmaatreëls soos om ʼn masker te dra, sosiale distansiëring toe te pas, gereeld en deeglik hande te was en groot groepe mense te vermy. Persone moet ook mediese hulp inroep indien hulle simptome soos koors, hoes en asemhalingsprobleme ondervind.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

En dis nie so erg as jy gesond is my ma het gekry sy is 75 en ergste was n kppseer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.