Adjunkminister in presidensie sterf

Prof. Hlengiwe Buhle Mkhize (Foto: Presidensie/ Twitter)

Die adjunkminister van vroue, jeug en mense met gestremdhede in die presidensie is Donderdag oorlede.

Prof. Hlengiwe Buhle Mkhize was 69 jaar oud.

Die presiese oorsaak van Mkhize se dood is in dié stadium nog nie bevestig nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het Mkhize se afsterwe intussen as ’n nasionale verlies bestempel.

Mkhize is in Mei 2019 in die presidensie aangestel en was ook ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

Sy was ook vroeër aangestel as minister van binnelandse sake, minister van hoër onderwys en opleiding, adjunkminister van korrektiewe dienste, adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling en adjunkminister van telekommunikasie en posdienste. Sy was ook ’n voormalige ambassadeur in Nederland.

Mkhize het ook destyds as kommissaris van die Waarheid-en-versoeningskommissie gedien.

Mkhize se afsterwe is nie die eerste verlies wat die presidensie vanjaar moes verduur nie.

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, is in Januarie vanjaar dood weens Covid-19-verwante komplikasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Misky ·

Ek stem Genis. Erens ‘n ondersteuner van die verkeerde kant hier

Louise ·

DIE RES WORDE GEDWING OM OP 60 AF TE TREE, MAAR ANDER WERK TOT 69 en OP…

Jaco ·

PW Botha het aangehou tot op 73. Waarom was dit dan toe nie ‘n probleem nie?

Perdeby ·

Dit was nog al die tyd so. Enige Minister of Adjunk kan aan bly oor 65jr. Het jy al van ‘n president gehoor wat onder 65 is?

Rudi ·

Maroela Media, met die kwaliteit van kommentaar wat deesdae gelewer word, kan julle maar netsowel kommentaar heeltemal opskort. Altyd ‘n mes te steek of ‘n “slim” opmerking. Eindlik pateties van die betrokke individue.

Anoniem ·

Goeie voorbeeld van rassisme niemand hier ken haar nie maar al die kommentaar is negatief

Politikus ·

Die vrou het ‘n groot verskeidenheid van hoë poste beklee, maar geen melding word gemaak van die waarde wat sy toegevoeg het in daardie rolle…of nie.

SjN ·

Was seker familie van die vorige minister van gesondheid wat verdwyn het na sy bedanking agv oneerlikheid.

Karina ·

O wee, nou weer ‘n grooooot begrafnis waarvoor die belasting betaler moet betaal. Vir seker gaan daar nie ‘n maksimum van 50 mense by begrafnis wees nie, reels geld mos nie vir die ANC kadres nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.