Adjunkminister, nog 4 sterf in ongeluk

Die ANC in Gauteng se twiet oor Bavelile Hlongwa se dood. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa sê hy het met skok en hartseer kennis geneem van die dood van die adjunkminister van minerale hulpbronne, Bavelile Hlongwa (38).

Hlongwa en nog vier mense is gisteraand in ʼn ongeluk op die N1 vanaf Polokwane dood.

“Die president het ook sy medelye betuig met die gesinne van die vier mense wat saam met die adjunkminister op die toneel dood is toe hulle passasiers wat in ʼn ander ongeluk betrokke was, probeer help het,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Meer besonderhede oor hoe presies die ongeluk gebeur het, is nie in dié stadium bekend nie.

“Die dood van die adjunkminister is ʼn verpletterende en ontydige verlies van ʼn talentvolle, jong leier wat saam met minister [van minerale hulpbronne] Gwede Mantashe ʼn belangrike en dinamiese rol in ons ekonomie gespeel het.”

Mantashe het ook sy skok en hartseer oor Hlongwa se dood te kenne gegee en gesê hulle het goed saamgewerk om maniere te vind om uitdagings in hul departement en die res van die land die hoof te bied.

Hlongwa is in Mei vanjaar as adjunkminister aangestel. Sy was voorheen onder meer die adjunkvoorsitter van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap.

Sy sal ʼn amptelike begrafnis kry en Ramaphosa het opdrag gegee dat vlae halfstok hang tot ná haar begrafnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

NW ·

Met skok en ongeloof neem ek kennis dat vlae nooit halfstok hang onder andere plaasmoorde en algemene moord op onskuldige wet gehoorsame burgers!

Abe ·

NW.,
Dit is nie gebruiklik dat vlae halfstok hang vir dood van burgerlikes nie. Moenie dinge soek om oor te kla wat daar nie is nie.

Gaitsigubib ·

Ja NW mens behoort uit respek uit vlae halfmas te hang vir die boere. Vlae sou permanent halfmas wees, al probleem wat ek sien is, met wat se vlag sal mens respek betoon? Beslis nie met die einste simbool van die “nuwe” onderdrukking nie.

ANC ·

Luister, het die apartheidsregering ooit die vlae so laat hang vir enige gekleurde persoon?

Gaitsigubib ·

Nie waarvan ek weet nie, hulle was moes self in beheer van hulle eie tuislande. Die halfmas vlag is n westerse konsep, maar ek is seker daar sou liberaliste gewees het wat hierdie kosep aan hul wou afsmeer.

Hanna Hoekom ·

Met skok, hartseer en afgryse neem ek kennis dat boere een vir een gemartel en uitgemoor word en dat n ou vrou gister sommer in haar bad op n plaas oorval en verkrag is. Ja, ou Paddaman, 57 moorde ELKE dag in ons “reenboog” land! En nou amptelik die wereld se verkragtingshoofstad. Haal sommer die vlae heeltemal af!

Wondernet ·

Presies hoekom hang die vlae nie bietjie halfmas vir die algehele slagoffers van geweld insluitende plaasmoorde nie. Komaan President Ramaphosa daar is ander mense ook in die land wat hierdie respek verdien om halfmas vlae te kry

Abe ·

Wondernet,
Daar is sekere protokol in plek wat bepaal in watter gevalle landsvlae halfstok laat hang word. n Mens kan nie vir elke sterfgeval opdrag gee dat die hele land se vlae halfstok moet hang nie. Gewoonlik is dit net in gevalle van die dood van lede van die generale staf of persone aktief in die landsregering.

TinRSA ·

Op RSG nuus se hulle die ongeluk was naby die Carousel afrit van die N1. Glo dit is naby Polokwane nie. Wie glo mens?

Blikke ·

Die vlag kan ma op die grond ook le….beteken in elk geval niks….

Ig ·

Wonder hoeveel geld gaan die familie nou kry by die President? Seker nie R100,000 nie?

Abe ·

PK.
In my opinie, is jou taalgebruik ook maar baie platvloers.

Se maar net ·

hulle het glo by ongeluk gestop en vragmotor het hulle getref. klink nie vir my hulle was te vinnig nie. wag vir feite voor jy kritiek lewer

wonder net ·

is die halfstok bontlap oor hy 3de op kwota podium was

Koos de Meyer. ·

Blykbaar het hulle ander gehelp wat in ‘n ongeluk was. Mens kan nie by ‘n ongeluk stop nie. Vernaam nie in die nag nie. Ons paaie is vol roekelose bestuurders, bestuurder praat op selfone ens.

Jakkie ·

Die vlae wat halfstok hang pla my nie, wat my pla is die AMPTELIKE begrafnis wat uit ons gewone ellendelinge se belastinggeld betaal word. Elke ANC politikus kan deesdae net van ‘n poep doodgaan dan kry hy/sy ‘n amptelike begrafnis. Duisende ander verloor ‘n gesinslid vanweë ongelukke en moet maar self die sak skud. Hierdie adjunk minister is maar drie maande in haar pos en het nog nêrens naam gemaak nie, maar die pomp and splendour word uitgehaal. Ek hou begrafnis van my belastinggeld – juis hierdie week gehoor ek moet ‘n waenhuisvol inbetaal!!!!

Patch ·

Het langs pad gestop om hulp te verleen by n ongelukstoneel volgens ander media berigte. Hoekom altyd slegste dink?? Simpatie aan die oorledenes se families.

Jack Sadie ·

Magtig mense! Die mense is dood terwyl hulle ander wou help. As ek sien hoe my mense oor alles negatief reageer en afkrakend is ‘ dan skaam ek my om Afrikaner te wees. Julle is soms erger as die ergste EFF idiote. Raak beskaafd!

Frik ·

Skaam my vir dwepers wat veralgemeen. Skaar by dié waar jou genetika lê!!

Loutjie ·

Dis goed so dat vlae halfstok hang sy was deel van die kabinet. Hierdie is n gebruik wat al van die apartheids era af kom. Hartseer dat hul met lewens moet boet tydens n daad van hulp aan a
nder. Sterkte aan families en Goddank my familie het gisteraand veilig tuisgekom.

ANC ·

Jy, EP is seker n kader. Sy was beslis nie. Loop lewer komentaar waar dit pas!

CW ·

gaan sien tog oogkundige asb dat jy net kan lees wat in berigte staan, hulle het nie gejaag, wel stil gestaan en die vragmotor is groot en swaar, hoe weet jy hetdirt vir hom gelyk al was hy ook stadig

Abe ·

Werner,
Die feit dat jy die woord , “seker” gebruik, toon mos aan dat jy geen sekerheid het oor jou feite nie. Trouens, jy weet glad nie waarvan jy praat nie.

Mieke ·

Sjoe, Mense, daar’s darem maar ‘n paar lelike kommentare!

Abe ·

Ja swaer,
Jy het min respek vir die dood. Jou uitkyk op die lewe is seker ook maar baie gebrekkig.

DIANA BRAND ·

Ja ek skaam my ook oor al die negatiewe kommentaar.Sterkte aan al die familie lede en kollegas van die betrokke adjunk-minister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.