Adjunkminister, nog 4 sterf in ongeluk

Die ANC in Gauteng se twiet oor Bavelile Hlongwa se dood. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa sê hy het met skok en hartseer kennis geneem van die dood van die adjunkminister van minerale hulpbronne, Bavelile Hlongwa (38).

Hlongwa en nog vier mense is gisteraand in ʼn ongeluk op die N1 vanaf Polokwane dood.

“Die president het ook sy medelye betuig met die gesinne van die vier mense wat saam met die adjunkminister op die toneel dood is toe hulle passasiers wat in ʼn ander ongeluk betrokke was, probeer help het,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Meer besonderhede oor hoe presies die ongeluk gebeur het, is nie in dié stadium bekend nie.

“Die dood van die adjunkminister is ʼn verpletterende en ontydige verlies van ʼn talentvolle, jong leier wat saam met minister [van minerale hulpbronne] Gwede Mantashe ʼn belangrike en dinamiese rol in ons ekonomie gespeel het.”

Mantashe het ook sy skok en hartseer oor Hlongwa se dood te kenne gegee en gesê hulle het goed saamgewerk om maniere te vind om uitdagings in hul departement en die res van die land die hoof te bied.

Hlongwa is in Mei vanjaar as adjunkminister aangestel. Sy was voorheen onder meer die adjunkvoorsitter van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap.

Sy sal ʼn amptelike begrafnis kry en Ramaphosa het opdrag gegee dat vlae halfstok hang tot ná haar begrafnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
NW

Met skok en ongeloof neem ek kennis dat vlae nooit halfstok hang onder andere plaasmoorde en algemene moord op onskuldige wet gehoorsame burgers!

Hanna Hoekom

Met skok, hartseer en afgryse neem ek kennis dat boere een vir een gemartel en uitgemoor word en dat n ou vrou gister sommer in haar bad op n plaas oorval en verkrag is. Ja, ou Paddaman, 57 moorde ELKE dag in ons “reenboog” land! En nou amptelik die wereld se verkragtingshoofstad. Haal sommer die vlae heeltemal af!

Spook op thaba

@NW dan sal die vlae permanent halfstok hang

Wondernet

Presies hoekom hang die vlae nie bietjie halfmas vir die algehele slagoffers van geweld insluitende plaasmoorde nie. Komaan President Ramaphosa daar is ander mense ook in die land wat hierdie respek verdien om halfmas vlae te kry

Ig

Wonder hoeveel geld gaan die familie nou kry by die President? Seker nie R100,000 nie?