Adjunkminister rand glo vrou by kuierplek aan

Argieffoto

Die ANC-vroueliga het Maandag gesê hulle neem kennis van die “ontstellende gerugte” dat Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys, en ʼn vriend van hom glo twee vroue by ʼn nagklub aangerand het.

“Die ANC-vroueliga veroordeel geweld teen vroue en die skuldiges moet aan die pen ry. Alhoewel ons die beginsel van ‘onskuldig tot skuldig bewys’ in ag neem, volstaan ons by ons ondersteunning van die slagoffers van geweld,” het Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga, gesê.

Mandisa Duma, een van die beweerde slagoffers, het gesê sy het ‘n saak by die Douglasdale-polisiestasie aanhangig gemaak. Die voorval het glo Sondag in die vroeë oggendure by Cubana in Fourways plaasgevind.

Die aanranding het glo gevolg op ’n hewige argument oor wie pres. Jacob Zuma in Desember moet opvolg. Die vrou het glo ook vir Manana gay genoem.

Matuba het enige iemand met inligting oor die voorval aangemoedig om wetstoepassers by te staan om die saak op te los. Sy het bygevoeg dat die vroueliga hoop op ’n regverdige verhoor, aangesien niemand verhewe is bo die wet nie.

Die ANC het ook in ‘n verklaring gesê hulle het met teleurstelling van die aantygings verneem. “Sulke gedrag is onaanvaarbaar en behoort veroordeel te word. Die ANC doen ’n beroep op wetstoepassers om die voorval sonder vrees te ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Nee natuurlik nie want hy is swart en dit is aanvaarbaar maar as ‘n witmens homself regverdig gaan hy tronk toe !!! Maklik

Eish ·

Ernst Roets se artikel oor die gordyne in Malawi en die gebreektevensterteorie het betrekking.

Asjas ·

Besef die anc-vroueliga hoe ironies hul opmerking “niemand is bo die wet verhewe” is nie?? Dis eintlik uiters dom en gaan in elk geval op dowe ore val. Toe die Regter die onreg wat aan vrouens en kinders gedoen word opper, is sy haar pos kwyt. Aanranding is verkeerd maar verkragting is maar okay, solank jy jou land se president respekteer? Respek word verdien, nie in of uit jou gevoeter nie!!
Die “vroueliga” stuur “mixed signals” uit. Hulle moet nou vir eens en altyd besluit waarvoor hulle staan …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.