Adjunkminister sê jammer ná aanranding

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys wat Sondagoggend betrokke was by die aanranding van ʼn vrou in Cubana in Fourways, het om verskoning gevra.

“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning aan Mandisa Duma, haar familie, die regering en alle Suid-Afrikaners, veral vroue, rakende die voorval die afgelope naweek,” het Manana in ʼn verklaring gesê.

“Ongeag die uittarting moes ek van beter geweet en beheer uitgeoefen het. Die voorval moes nooit gebeur het nie.”

Manana het gesê hy weet die voorval het baie mense in die land seergemaak en dat hy, as leier, van beter moes geweet het. “Ek sal my ten volle onderwerp aan die wet en my volle samewerking gee.”

Manana het ook melding gemaak van die vals profiele wat in sy naam oopgemaak is sedert die voorval. “Die profiele toon min simpatie met die slagoffer en het ten doel om my naam te beswadder.”

Manana is ook van plan om op die “regte tyd” met Duma en haar familie kontak te maak en vir hulle om verskoning te vra, verantwoordelikheid te neem en die skade wat gedoen is aan te spreek.

Manana sal ook met pres. Jacob Zuma en die ANC vergader om die voorval te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Drikus ·

Kom DA ons wag. Gaan julle net so konsekwent wees met julle eise vir streng optrede soos met die KFC-vier?

Petro ·

Wil ek ook weet asb
Julle was vinnig om te reageer oor die kfc insident…nou wil ons regverdigheid sien.
Ons wag in spanning Mmusi en kie…

Michael ·

Ek vra weer hoekom is hierdie man nog nie gearesteer nie is daar een stel reëls vir hooggeplaastes en n ander vir arm en middel klas mense ??

Theresa ·

Word die KFC manne ook verskoon as hul mooi om verskoning vra? Is dié man wat nou sedig praat ook gearresteer?

Johann ·

Jys net jammer jys uitvang. Waars di3 VROUE liga en JEUG liga van die ANC nou met hul plakate en dreigemente? Of is dot n kultureel korrekte optrede as n swart man met aangewese mag n swart vrou in die openbaar aanrand? ANC LEGACY! Als deel van n onaantasbaarheids sindroom.

Ronell ·

Na vandag gaan niemand verder n woord sê oor die voorval nie, hy het mos nou om verskoning gevra, hoekom moet hy verder vervolg word?

Adam ·

Ek glo die hoogheilige ANC sal die regte ding doen en hierdie politieke dwergie skors nadat hy sy geheime stem laat hoor het. Ons is lankal verby die punt waar vroueslaners en kinder-mishandelaars op die straat toegelaat behoort te word

Sorry ·

‘Sorry’ maak in Afrika alles reg MAAR jy moenie lig van pigmentasie wees.

maqrous ·

Die NVG gaan weereens vir bemiddelling vra. Wat ‘n klug!

Jaco Grobler ·

Dit gebeur min dat politieke leiers uitkom en skuld erken uit die staanspoor uit, boonop erken hy dat hy hom onderwerp aan die wet en sy gevolge sal dra. Ek vewelkom sy gedrag na die insident, en dink dit kan as voorbeeld vir menige dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.