Adjunkminister sterk aan

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Obed Bapela, die adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake wat op 26 Februarie in ʼn motorongeluk op die N12 beseer is, sterk steeds in die hospitaal aan.

Die departement het in ʼn verklaring gesê Bapela kon Sondag vir die eerste keer op sy eie asemhaal sonder die hulp van ʼn suurstofmasjien. Hy moes suurstofondersteuning ontvang aangesien sy ribbes gebreek is en dit sy asemhaling bemoeilik het.

Maroela Media het vroeër berig Bapela en sy bestuurder is beseer toe hul motor teen ʼn vragmotor gebots het op die N12 naby Fochville, Gauteng. Die bestuurder is in ʼn stabiele toestand.

Paramedici het ten tyde van die ongeluk gesê die blouligbrigade het op die N12 gery toe ʼn vragmotor in hul baan beland het. Die bestuurder van die sportnutsvoertuig waarin die adjunkminister was, het uitgeswaai om die vragmotor te probeer vermy. Die vragmotor het die voertuig teen die kant getref.

Die vragmotorbestuurder is ná die ongeluk in hegtenis geneem en aangekla van dronk- en roekelose bestuur. Volgens die departement het Bapela Sondag gesê die vragmotorbestuurder moet nooit weer toegelaat word om te bestuur nie omdat hy ʼn gevaar op die pad is.

Bapela het ook Sondag sy verjaardag in die hospitaal gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Uys ·

Omdat jy n anc lud is pas dit jou om die bestuurder te verbied om weer te bestuur.
Wat van die 1000 ander ongeluke waar drank betrokke is en die bestuurder niks oorkom nie.

Klaas ·

Hulle moet liewer die blouligbrigade verbied. Hulle is die groot gevaar. Kry van jou eie medissyne minister!!!!!

Hendrik ·

Ek hoop dat die adjunkminister se bestuurders by die spoedgrens hou sodat hulle betyds kan reageer indien ander bestuurders onverwagte bewegings maak. Daar is ‘n verskil tussen 50 meter per sekonde en 20 meter per sekonde wat die bestuur kans gee om volgens Ķ53 reëls te reageer om ‘n situasie. M.a.w moet nie 150 km/h in ‘n 80 km/h sone ry soos in geval met die blouligbrigade.

Paul ·

Die adjunkminister is die groot anti-Afrikaner man met ‘n vreeslike giftige tong.

Ai tog, toe piets die blinde sambok hom.

Flippie ·

Ek hoop hulle het die adj min en sy bestuurder se alkoholvlakke ook laat toets.

Die bloulig brigade ry uit beginsel uit in die middel van die pad. Verkeer van voor moet dus na die links uitswaai en verkeer in dieselfde rigting moet regs afswaai.

Ek het nou al twee relletjies met die ouens gehad en beide kere het bestuurder sterk na drank gebruik. Een keer was die bestuurder so besope dat hy onvas op su boete was.

Ek stem saam dat hierdie klomp in die kabinet sonder begeleiding oor die weg moet kom.. Ek weet net nie of hulle self kan bedyuur nie.

Eric ·

Bloulig Brigade end dronkbestuur ewegevaarlik.wat would Vermeer’s reels end wette is net vir sekere mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.