Adjunkminister van finansies by OBK-herrie betrek

Mondli Gungubele. Foto: Flickr/GovernmentZA

Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies, het die besluit verwelkom om bewerings van onbehoorlikheid teen hom te ondersoek rakende korrupsie by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

“Ek het kennis geneem van die besluit deur my mederaadslede om ondersoek in te stel na die bewerings teen my wat in ʼn e-pos vervat is en die week deur ʼn ‘fluitjieblaser’ versprei is. Ek verwelkom die geleentheid om die saak eens en vir altyd af te skuif. Ek is oortuig ek het niks verkeerds gedoen nie,” het Gungubele, voorsitter van die OBK-direksie, gesê.

Die OBK het vroeër Woensdag aangekondig dat hy ondersoek instel na twee nie-uitvoerende direkteure weens bewerings van onbehoorlikheid teen hulle.

Die OBK het in ʼn verklaring gesê sy direkteure het Dinsdagaand ʼn spesiale raadsvergadering gehou nadat ʼn e-pos van ʼn beweerde oopvlekker ontvang is met bewerings van onbehoorlikheid. Die e-pos betrek twee nie-uitvoerende direkteure en Matshepo More, waarnemende uitvoerende hoof.

“Ná die onttrekking van die drie lede wat geraak word, het die direksievergadering onder die voorsitterskap van dr. Xolani Mkhwanazi, ondervoorsitter, plaasgevind. Daar is besluit om onmiddellik ʼn forensiese ondersoek na hierdie bewerings te doen,” lui die verklaring. “Die direksie sal die dienste van ʼn ervare senior advokaat inspan om die raad by genoemde ondersoek te help.”

Business Report het Woensdag berig die ander nie-uitvoerende direkteur, Sibusiswe Zulu, het glo transaksies van ongeveer R6 miljard goedgekeur vir Lawrence Mulaudzi by wie sy romanties betrokke was.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 1 Oktober verlede jaar aangekondig dat hy ʼn kommissie van ondersoek aangestel het om die OBK te ondersoek. Hy het die kommissie ses maande gegun om sy ondersoek af te handel.

Die OBK, Afrika se grootste batebestuurder wat staatspensioen- en ander fondse van amper R2 biljoen (trillion) bestuur, loop geruime tyd deur onder aantygings van ongerymdhede teen sy direkteure met betrekking tot sommige beleggingsbesluite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

Hierdie reaksie is net een van twee wat die s ANC lede het. Of hulle ontken die bewerings heftig of hulle verwelkom die ondersoek…tot die waarheid uitkom dan is die res rasiste…

CW ·

Ongelukkig nie in SA as jy n anc kadawer [algemeen bekend as kader] is nie, vir hulle geld Hennie se laaste sin. Almal wat hulle teegaan is rassiste

Jerry ·

Mondli, jy is n ANC kader wat eweskielik skatryk is. Die rede hoekom jy n ondersoek verwelkom is omdat jy weet dat jou kaders wat deel van die ondersoekspan gaan wees, in jou nuutgevonde rykdom deel en jou nie verder sal impliseer nie. Jy is dus ook nou deel van die ANC geldmag se “untouchable elite group”.

CW ·

Soos met alles in die land gaan, n totale korrupte regering. Geen einde in sig, net verdere verval tot almal niks het soos dit was voor die beskawing hier gekom het

Dries du Toit ·

Slmal is korrup. Nou bestaan daar niemand wat die korruptes moet vervolg nie. Wat gaan gebeur. Liewe Here help ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.