Adjunkminister wil voor Zondo-kommissie verskyn

Thabang Makwetla, adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste by wie se huis daar glo veiligheidsopgraderings gedoen is deur Bosasa, wil sy kant voor die Zondo-kommissie stel.

Thabang Makwetla het in ʼn mediaverklaring ten sterkste ontken dat hy onbehoorlik bevoordeel is deur Bosasa.

Volgens Makwetla is sy besluit om voor die kommissie te verskyn nie omdat hy deur getuies geïmpliseer is nie, maar weens sy verbintenis om ʼn “beskeie bydrae te lewer ten einde die bedreiging van agteruitgang in ons nasionale transformasieprojek” te stuit.

Makwetla beweer hy is deur beamptes van sy departement aan Bosasa voorgestel waarna hy hul hoofkantoor in Krugersdorp besoek het om homself vertroud te maak met die maatskappy se dienste en tegnologie.

Ná ʼn inbraak by sy huis het Makwetla glo ʼn oproep van Gavin Watson, hoof van Bosasa, ontvang om ʼn vergadering te versoek. Hy beweer Watson het gekla oor die “onaangename behandeling” wat Bosasa van die departement ontvang het.

Toe Makwetla vir Watson van die inbraak vertel het Watson gratis ʼn veiligheidskamerastelsel en elektriese heining by Makwetla se huis laat installeer. Volgens Makwetla het hy herhaaldelik vir Watson gevra om die rekening te stuur, maar die versoek het op dowe ore geval.

Volgens Makwetla moet korrupsie in al sy manifestasies beveg word. “Ek wil dit graag laat boekstaaf dat die elektriese heining en alarmstelsel wat deur Bosasa by my huis geïnstalleer is, niks nuuts is nie. Ek het al voorheen daarop gereageer en sal weer wanneer ek voor die kommissie verskyn.”

Bosasa, nou bekend as African Global Technologies, kry steeds kontrakte van honderde miljoene rande van die regering ondanks ʼn dekade oue verslag van die spesiale ondersoekeenheid wat wys op korrupte aktiwiteite deur Bosasa by die departement van korrektiewe dienste.

Richard le Roux, ʼn Bosasa-werknemer en IT-spesialis, het verlede maand voor die Zondo-kommissie getuig dat sy “spesiale projekspan” ultra-moderne veiligheidstelsels by Makwetla en ander ANC-hoës se huise geïnstalleer het.

Die “BBP-begunstigdes” het onder andere ingesluit Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en ANC-voorsitter, wat glo R300 000 se veiligheidsopgraderings ontvang het. Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad, Linda Mti, ʼn voormalige kommissaris van gevangenisse, Vincent Smith, ANC-LP, en Desmond Nair, hooflanddros van Pretoria, was glo die ander begunstigdes.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

Sjoe maar Afrika is onskuldig.: Ons is gegryp en weggevoer; my arm is gedraai tot ek omkoopgeld aanvaar; ek kon nie die uitnodiging na Saxonworld weier nie; ek moes saamwerk anders…; ons is deur die party gedwing; die wèreld is so wreed teenoor ons; apartheid en wit rassisme het my gedwing om skelm te word.

Neels ·

Jy’s reg John. En onse President is darem “shocked” oor Eskom.

Maljan ·

Maw hy erken dus dat Nationale transformasie liefs uit n ander se sak moet kom? As die anc wil transformeer, dan moet die anc betaal. Hande siep in eie sakke steek. Nie staatsgeld gebruik oo ondemokratiesebevoordeling nie

Kediksie ·

Ek wil net graag weet waarvoor al hierdie grootkoppe so bang is, dat hulle sulke duur veiligheidsstelsels moet hê?

riaan ·

Nothing for FREE and very little for a cent??????

Adjunk Minister wat SO gullible is????

Andre ·

Besef die adj minister dat die belastingbetalers die waarde van sy eiendom vehoog het. Verklaar hy dit as geskenk ontvang op sy inkomstebelasting…..of werk sy belasting anders as myne ?

PJ ·

Hoe kan ou ramapromise “ge schock” wees ons het dan nie krag nie

Zumie ·

Ai ai dat die man so moet smeek om ‘n rekening van Bosasa te kry…….kry hom skoon jammer…. ek reken ons gaan al hoe meer hoor van politici wat nou nog vir hulle rekeninge wag hehehehe…. sien net swak adminisrasie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.