Adjunkminister wou help toe ongeluk gebeur

Die adjunkminister van minerale hulpbronne, Bavelile Hlongwa.

Die adjunkminister van minerale hulpbronne, Bavelile Hlongwa (38), en haar veiligheidsbeamptes het glo Vrydagaand by ʼn ander ongelukstoneel hulp verleen toe ʼn voertuig op die N1 in hulle vasgery het.

Die ongeluk het oënskynlik naby die Maubane-brug, noord van Pretoria, plaasgevind.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Saterdag in ʼn verklaring gesê Hlongwa, haar lyfwagte, asook nooddienswerkers en veiligheidsbeamptes van Bakwena was besig om hulp te verleen toe ʼn vragmotor die mense op die toneel getref het.

“Drie mense, onder wie die adjunkminister, is dood en verskeie ander is beseer,” het die departement van vervoer in ʼn verklaring gesê.

Die presidensie het aanvanklik in ʼn verklaring gesê Hlongwa en nog vier mense het in die ongeluk gesterf.

“ʼn Ondersoek deur die Padverkeersbestuurskorporasie en die polisie is aan die gang,” het die departement in sy verklaring gesê.

Mbalula het sy medelye met die slagoffers se families betuig. Die name van die slagoffers wat saam met Hlongwa in die voorval gesterf het, sal bekend gemaak word sodra hulle naasbestaandes in kennis gestel is.

“Suid-Afrika het ʼn toegewyde en flukse staatsamptenaar verloor. Net soos sy geleef het, het adj.min. Bavelila Hlongwa ook gesterf – deur ander te help. Haar toewyding tot die verbetering van die armes se lewens en die bespoediging van dienslewering het nooit gewankel nie.

“Die slagting op ons paaie kan nie voortduur nie. Die tragedie is ʼn aanduiding van die dringendheid waarmee ons padveiligheid as ʼn land moet hersien,” het Mbalula gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa, asook die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, het vroeër reeds hulle medelye met Hlongwa en die ander slagoffers se geliefdes betuig.

Mkhuleko Hlengwa, woordvoerder van die IVP, het die voorval betreur en gesê Hlongwa was ʼn inspirasie vir die jeug en iemand wat baie opgeoffer het in diens van die land en sy mense.

Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor minerale hulpbronne, het gesê die party wens spoedige beterskap toe aan diegene wat beseer is en betuig meegevoel met die slagoffers se families.

Hy het Hlongwa beskryf as ʼn jong en dinamiese leier wat ʼn blink toekoms voor haar gehad het.

Die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, het gesê nuus oor die ongeluk is met skok en hartseer ontvang.

Hlongwa was een van die jongste lede van die uitvoerende gesag en die ANC het gesê haar dood laat ʼn groot leemte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Se maar net ·

is normaal om sulke goed te se, net goeie mense wat opgeoffer het en baie vir medemens gedoen het sterf

Abe ·

Ep.
Jou kommentaar getuig dat jy geen respek vir die dood het nie. Dit dui daarop dat jou uitkyk op die lewe ook maar beroert is. Jammer vir jou.

Gert van Wierdapark ·

Verskoon maar die Ep – kommin-taar!!! Ongevoelige (pad) – vark wat nie van beter weet nie, siestog! Nog n tragedie danksy onoplettendheid van ander bestuurder(s) wat in hul vasgejaag het! Die agbare mini-ster van Vervoer kan begin deur on padwaardig voertuie van die pad te haal, asook om elke taxi en vragmotor-bestuurder te laat hertoets, sodat die met gekoopte lisensies verwyder kan word!!! Plus SIGBAARHEID van verkeers-beamptes – en daarmee word nie bedoel om net spiedlokvalle te beman/vrou nie!

Ep ·

Gertjie moenie dat ek jou vang dat jy n diepseun is …. alle wêreld ???? Gertjie jou volgende spel klas is volgende Saterdag middag net na die rugby … asb my tjom moenie dat ek jou ooit weer vang met spelfoute jy doen so goed in die klas ????????

Koos de Meyer. ·

Hoe jammer dat daar altyd mense is wat snedige kommentaar lewer.

Abe ·

Ep.
Ek verstaan niks van jou boodskap nie, tog interesseer sekere aspekte daarvan my ek sou graag volgende wou verstaan:
Verwys die benaming “Gertjie” na die kommentator Gert van Wierdapark? En moet ons enige betekenis heg aan die gebruik van die verkleinwoord-vorm? Ek sal graag wou weet, hoe verstaan jy die woord, “diepseun”? En dan die hele kwessie van die “spelklas”?

Gaitsigubib ·

Ek sou net graag wou lees wat EP gese het wat almal so ontstig. Dalk mis ek niks….

Abe ·

Ep. en Se maar net,
Na aanleiding van die eerste twee kommentare by hierdie berig kan ek maar net se: Daar is geen einde aan die mens se vermoe om te haat nie. Ek is so jammer vir die eerste 2 kommentators. Dit moet vreeslik wees om so te wees.

Hennie ·

Dalk die polisie gehelp om die voertuie te plunder…wie weet?

KG ·

Sjoe Hennie, maar jy is maar ‘n bitter, siniese en ongevoelige mens as ek jou kommentaar so kyk….

Stef ·

Ep, jy is dalk buite orde hier. n Mens word verplig om te help deur die Wet. Sy kon maklik net aan gery het. Die probleem is die vragmotor bestuurders. Hulle is 30% van die verkeer maar in 60% van die ongelukke betrokke.

Spook op thaba ·

Mense. Ek is elke dag net meer en meer dankbaar dat ek en my vrou afgesonder kan lewe. Ons het baie vrede in ons lewe sonder ander mense

Juffer ·

Voorwaar… Wil dit ook hê… Met net my hondekinders…. Saligheid

Abe ·

Hennie,
Ek dink jy is dwarsweg onregverdig hier. Ek dink nie hier is sprake van plunder nie en ook geen rede om te dink dat daar die moontlikheid van was nie. Hier is mense wat by n ongeluk gestop het om te help en hulle het self gesterf. Baie treurig.

JE ·

Kyk, ek glo ook nie vir ‘n oomblik dat sy self besig was om te help nie. Haar lyfwagte is dalk aangesê om te kyk wat aangaan, maar sy self? Nee, kom nou.

Abe ·

JE.
Sy was n gekwlifiseerde chemiese engineur. Dit is heel moontlik dat sy in haar studies en opleiding ook n mate van noodhulp kennis opgedoen het. Sy was n geleerde, opgevoede vrou en miskien het sy werklik bygestaan met die noodhulp. Nietemin, mens betreur haar heengaan en ek simpatiseer opreg met haar gesin en naastes.

Hanna Hoekom ·

Wonder nou net hoekom het elke liewe minister, adjunk minister en “wanna-be” minister altyd n spul lyfwagte? Waarvoor is hierdie mense nou eintlik bang? Dalk hul eie mense? Suid-Afrikaners is mos wonderlike, vredeliewende mense… Vra namens n vriend.

Lee ·

Mense.. Die vrou het gestop en uitgeklim om te help. Mens sien dit nie meer baie nie. Dit se my baie van die mens wie sy was. Hou die snedige komentaar liewer vir jouself.

sannie ·

I rest my case – one leef in ‘n Baie siek land met baie siek mense. Geen wonder dat dinge soos by die DROS restaurant gebeur het!

Saint ·

Sy op haar “jeugdige” ouderdom het lyfwagte nodig !!
Was sy besig om te leer om op tipiese ANC manier enigiemand wat nie-swart is te na te kom, daarom het dy lyfwagte nodig om hasr te beskerm.
Of anders is dit hoogwaardigheidsbekleër se manier noudat bloulig konvooie nie meer toelaatbaar is nie.

SjN ·

Jammer oor die heengaan, wat maak hul so vernaam om n spul lyfwagte te hê, indien jy die regte pad loop is dit nie nodig nie, verseker word hul nie deur hulself betaal nie.

wilma ·

MM, ek dink hier is werklik ‘n hele paar kommentare wat julle nie moes toelaat nie met verwysing na julle bepalings en voorwaardes!

Abe ·

SjN,
Die feit dat “hulle” lede van die kabinet is en dus aktiewe lede van die landsregering is, verleen aan hulle n mate van venaamheid en om dieselfde rede word dit as nodig vir hulle veiligheid geag om lyfwagte te he.

Magda ·

Daar is GEEN Vervoer WET op ons paaie nie – Almal (en dit sluit almal) in ry oor rooi ligte – op die geel lyn se kant, stop by geen stop straat nie – en jaag of die dag van more nie meer daar gaan wees nie – Begin by toepassing vd WET – swaarder strawwe en meer Polisie sigbaarheid, en opvolg van uitstaande boetes – sluit toe . vat onpadvaardige motors vd paaie af. Begin werk vir julle salaris en hou op om jammer te se as daar mense sterf – want dit is julle skuld ANC.

Heksie ·

Wel, dis die eerste keer dat ek hoor dat ‘n amptenaar wat so hoë pos beklee, hulp verleen …

Landie ·

38 jaar oud en sy is die Minister van Minerale Bronne. Watter FreedomFighter se kind is sy???? Seer sekerlik was sy nie op so jong ouderdom bevoeg en gekwalifiseerd om so pos te beklee nie. Nie te min……mag sy in vrede rus. Amen.

KDT ·

Ai dit is baie tragies. Die adjunkminister het haar eie veiligheid verontagsaam en protokol gebreek deur by die ongeluk te stop en hulp te verleen. Innige simpatie met naasbestaandes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.