Adjunkpresident moet ’n kommissie van ondersoek instel, vra organisasies

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid (Foto: Reint Dykema, AfriForum)

Die burgerregtewaghond AfriForum, die Quaker Peace Centre en die FW de Klerk Stigting het Donderdag ’n aansoek in die konstitusionele hof gebring om Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika se adjunkpresident, te gelas om ’n kommissie van ondersoek in te stel om bewerings van staatskaping of ’n stille coup te ondersoek.

In hul aansoek versoek die organisasies die hof ook om pres. Jacob Zuma onbevoeg te verklaar om self ’n kommissie van ondersoek in te stel weens ’n konflik van belange soos vervat in artikel 96(2)(b) van die Grondwet.

“AfriForum is van mening dat Zuma ná die bekendmaking van die staatkapingsverslag deur adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, versuim het om ’n kommissie van ondersoek in te stel omdat daar ’n hoë risiko was om homself en sy medepligtiges bloot te stel of te impliseer. Dit is duidelik dat Zuma se persoonlike belange nie met sy amptelike verantwoordelikhede teenoor die land belyn is nie,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

Taute noem ook dat artikel 90(1) van die Grondwet bepaal dat die adjunkpresident die uitsluitlike mag het om ’n kommissie van ondersoek onder dié omstandighede in te stel. Die adjunkpresident het reeds aangedui dat hy ten gunste van die instel van só ’n kommissie is.

“AfriForum sal aanhou om korrupsie te beveg en gelykheid voor die gereg te bevorder. Om Suid-Afrika se goeie naam in ere te herstel, verandering teweeg te bring en korrupsie in die land uit te roei, is dit uiters belangrik dat alle partye wat in die staatkapingsverslag geïmpliseer word, ondersoek, vervolg en verantwoordbaar gehou word.”

Die organisasies versoek die hof voorts om die regering te beveel om die kommissie van ondersoek van alle logistiese ondersteuning en hulpbronne te voorsien wat die voorsitter van só ’n kommissie redelikerwys mag versoek en in staat sal stel om ’n behoorlike ondersoek te doen.

AfriForum moedig die publiek aan om dié saak te ondersteun: SMS jou naam en “Korrupsie” na 45352 (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Adam ·

Wonderlike gedagte, maar ek sal nie my geld op “bang” Cyril sit nie.

jan van riebeeck ·

dit is nou om een skelm te vra om n ander skelm vas te vat , haha , waar het my volk se intelligensie en rugraat heen verdwyn ?

Alida ·

Hoe groter die blik oopgemaak word hoe meer en vetter wurms peul daaruit. Zupta en kie het gedink almal is dom! Pot lekker misgesit! Kry vir julle.

al ·

Dit is nou sy kans om stewig in die presidentstoel te sit. Hy weet hoe die Suid-Afrikaners voel oor Zupta.
Ek glo hy is die enigste een wat nie hoef bang te wees vir Zupta nie, definitief nie ñ geraamte in sy kas wat hul kan gebruik teen hom nie.
Hy sal sag voorkom, en hy voel-voel die situasie – daar is al goeie ANC leiers wat voortydig hulself bemark het en in die stof gebyt het.

Cherokee ·

al, moet nie so seker wees daarvan dat hy geen bruikbare geraamtes het nie. Wat maak jou seker daarvan? Die tempo waarteen hy skatryk geword het met ‘n klaarblyklik nie-ryk agtergrond, veroorsaak vrae.

Cherokee ·

Die FW De Klerk Stigting ‘n ondersoek na staatskaping aanvra? Het De Klerk nie self staatskaping uitgevoer na die referendum in 1992 nie? Dit is jammer dat AfriForum daarmee moet saamwerk.

Jacques Venter ·

Cherokee
Jy antwoord jou vraag self. FW het nie die staat gekaap nie. In n referendum het meer as 70 persent ja gestem. So die meerderheid blankes, het volgens jou die staat gekaap

Jacques Venter ·

Ek en ek dink baie mense is moedeloos met die howe wat so verskriklik stadig is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.