Die kantoor van die adjunkpresident sê hy neem kennis van mediaberigte van die inhegtenisneming van 11 persone, insluitend ʼn huidige lid van die parlement, Bongani Bongo, vir beweerde bedrog tussen 2011 en 2012 in Mpumalanga.
“Alhoewel die adjunkpresident bevestig dat die beweerde gebeure plaasgevind het toe hy premier van die provinsie was, ontken hy ten sterkste enige betrokkenheid. Hy veroordeel enige poging om sy naam op enige manier by die misdade te betrek, wat tans ondersoek word,” het Matshepo Seedat, woordvoerder vir adjunkpres. David Mabuza, gesê.
“Die adjunkpresident is nie bewus van enige ondersoek teen hom, soos in mediaberigte aangevoer word nie. Hy sal sy volle samewerking gee aan wetstoepassers indien daar enige vrae ontstaan waarop hy moet reageer as die persoon wat in daardie stadium verantwoordelik was vir die provinsie. Die adjunkpresident verwelkom die vordering wat gemaak word deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die kwessie van Mpumalanga-grondaanskaffings,” het Seedat bygevoeg.
Mabuza het gesê hy verwelkom vordering wat wetstoepassers maak in die stryd teen korrupsie.
Hy doen ʼn beroep op die publiek om die reg toe te laat om sy gang te gaan sonder dat hulle verhinder word, en dat persone hul ondersteuning aan wetstoepassers sal gee deur enige getuienis en bewyse te oorhandig waarvan hulle bewus is sodat die ondersoek bespoedig kan word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
ANC, grootste kriminele organisasie ter wêreld!
Sjo hoe nou….het hy n engel geword….daar is heelwat verborge dinge wat dalk ontdek gaan word
Hier staan ek voor julle, feitlik onskuldig.
Afrikaans bly maar die beste taal ter wèreld. Kyk bv na die woord ‘wis’. Dit is ‘n towerwoord sowaar. Die adj-pres wis niks en die afleiding ‘wisser’ sal uiteindelik sy redding wees. So maklik soos dit. Wissers is een van ons grootste produksie-lyne en uitvoerprodukte.
Het hy n idee waar hy is