Adjunkspeaker wis niks van mediabeperking tydens Staatsrede

Die EFF verlaat die parlement tydens die staatsrede (Februarie 2016)

Die EFF verlaat die parlement tydens die staatsrede (Februarie 2016)

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, het Dinsdag ontken dat hy enigiets weet van verhoogde veiligheidsmaatreëls vir die media tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede Donderdagaand.

Tsenoli is tydens ʼn perskonferensie oorval met vrae oor verhoogde sekuriteit en hoe dit die vrye beweging van die media binne die parlementêre distrik sal beïnvloed.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het vroeër gesê hy is besorg oor moontlike beperkings op joernaliste op die dag van die Staatsrede, insluitend dat verslaggewers moontlik vergesel moet word en dat hulle dus nie vrylik in die parlementêre distrik sal kan rondbeweeg nie.

“Hierdie onregmatige beperking beteken dat geakkrediteerde media nie toegang sal hê tot ʼn aantal geboue nie, insluitend die Marks-gebou waar talle opposisiepartye en sommige media-organisasies kantore het,” het Steenhuisen bygevoeg.

Tsenoli het gesê daar is geen basis vir die beperkings op die media nie, tensy daar buitengewone redes is wat nog nie aan die lig gekom het nie. “My siening is dat ons die verantwoordelikheid moet aanvaar om seker te maak dat jul vryheid toegelaat word. Ons onderneem dat daar nie daaraan gekarring sal word nie.”

Hy het bygevoeg hy is nie bewus daarvan dat verslaggewers in “mediablokke” sal moet beweeg nie, soos parlementêre personeel gekommunikeer het nie. “Ek weet nie waar kom dié idee vandaan nie,” het hy gesê en bygevoeg hy hoop die Staatsrede sal nie ontwrig word nie, ondanks die chaos die afgelope twee jaar.

Verslaggewers is vantevore hardhandig behandel tydens onderonsies tussen die Ekonomiese Vryheidsvegters en parlementêre veiligheidspersoneel.

Die parlementêre persgaleryvereniging het hul kommer uitgespreek dat joernaliste beperk sal word om hul pligte uit te voer, en dat die polisie ontplooi sal word om hulle te vergesel, en dat verslaggewers se bewegings ook beperk sal word indien daar ʼn ontwrigting is tydens Zuma se toespraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jakes ·

Te verwagd sy stelling. Wonder of die ge agtte heer dag en datum ken.

Bekommerd ·

Die linkerhand “wis” nie wat die regterhand doen nie.

Nico JBay ·

Agterbakse spul wat niemand kan vertrou nie. En die grap van alles is dat die lot ons land regeer. Miskien is “grap” nie gepas nie gegewe in watse gemors ons in is.

Johann ·

Weet konsuis niks nie, waar daar ‘n rokie is brand ‘n vuurtjie

Johnny ·

441 ekstra soldate by die parlement om die bestaande sekuriteit aan te vul. Terwyl ons gewone burgers uitgelewer is aan misdaad. Kan iemand asseblief hierdie fat cats uitstem. Ek gaan ‘n punt daarvan maak om nie na die idiotiese verrigtinge te kyk nie.

Johannes van Staden ·

Ontken mos altyd vinnig ….” I did not know ” veral as dit iemand impliseer ….baie lafhartig !

Christa ·

Tsenoli weet net van die laaste 2 jaar se chaos? Waar was hy vir 22 jaar? Die land het 22 jaar gelede al in chaos begin verval!!!

John ·

Tot die weermag is op bystand…? As mens die ANC se weerstasie, ann7, se voorspellings vir Donderdag bekyk dan word stormweer en haelbuie voorspel. Die vraag is net: Gaan daar na die wolke geskiet word vir reen of sit daar ‘n siener iewers agter ‘n Gupta-lessenaartjie?

Verwerp ·

Die bylkie is besig om die seder van die wortels se kant af om te timmer- hierdie seder is verwerp in sy plek spruit boompie uit wat vinnig groei maar sy vrugte is die van doring boom en hy gooi sy sade af vir klomp doringboompies wat onder hom opskiet, die doringbos se opkoms is hier

Scalla ·

Wis niks, dit is n nuwe woord, gewoonlik was dit, ek weet hom nie, ek hom nie gesien nie.

Maria Van Dieweeck ·

Koue vrees van die ‘president’. Hy is bang vir die kwaai rooi sampioene. Hoop die manne gaan ontwrig sommer die bal wat daarna gehou word deur Mbete, befonds deur ons.

Magda ·

Weet niks – en wie dink SY moet haar GLO?? Hier kom weer een GROOT SIRKUS – AI TOG SKAAM MY DOOD VIR ONS LAND.

Chris ·

Weer ‘n gratis sikustoer vir ons en die buiteland! Dink net hoe lag die mense vir die narre!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.