Administrateur steel miljoene van landboumaatskappy

Argieffoto

ʼn 24-jarige voormalige administrateur het Woensdag in die handelshof in Port Elizabeth skuldig gepleit op 71 aanklagte van bedrog. Dit volg nadat sy miljoene rande as administrateur deur onwettige transaksies gesteel het.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, sê die bedrog het plaasgevind terwyl An-nei Stumke by die landboumaatskappy, Nuwelande Agri Pty (Ltd), as administrateur gewerk het. Sy het betalings aan krediteure en werknemers van die maatskappy behartig.

Volgens Ngcakani het Stumke as deel van haar werkverpligtinge die presiese besonderhede oor die betalings wat aan die krediteure en werknemers uitgemaak moet word, in ʼn elektroniese dokument saamgestel. Sy het ook toegang tot die bankrekeningbesonderhede van elke skuldeiser en werknemer gehad.

Sy het dié elektroniese dokument voorberei en aan die direkteur van die maatskappy oorhandig. Die direkteur van die maatskappy sou dan die dokument op die maatskappy se internetbankprofiel oorlaai en grootmaatbetalings toestaan.

Ngcakani sê Stumke het tussen 24 Junie 2016 en 29 Januarie 2019 haar persoonlike bankrekening by die elektroniese dokument gevoeg, waarna die direkteur onwetend betalings na haar rekening goedgekeur het. ʼn Algehele bedrag van R6,6 miljoen is op só ʼn manier in daardie tydperk na haar bankrekening oorbetaal.

Die Valke het Stumke op 23 Desember 2019 in hegtenis geneem.

Landdros Lionel Lindoor het haar Woensdag skuldig bevind aan bedrog nadat sy skuldig gepleit het.

Sy sal na verwagting op 30 Oktober in die handelshof gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Niklaas ·

So jonk en reeds so vernuftig met korrupsie en bedrog. En dis nie kleingeld daai nie.

Elize ·

Ja hulle doen dit ook want die leermeesters is so uitstekend in hierdie bedryf

Kokerboom ·

Selfs onse mense word met lang vingers gebore en die regerende bestel was ‘n pragtige voorbeeld vir haar. So jonk en reeds ‘n rekord!!

ES ·

So pragtige jong vrou, en nou is haar lewe verwoes net omdat sy geldgierig was… dis darem maar tragies. Sterkte aan haar man en familie.

Jaco ·

Wetteloosheid is besig om hand uit te ruk. Die land is op die verkeerde pad. Mense se geduld raak op.

Elize ·

Ja dit is nie wie jy is nie maar wie jy ken. Hoeveel van daardie geld is gedeel

ES ·

Cornelius, administrateur beteken maar net dat jy toegang het tot ‘n stelsel om administrasie te doen – dis nie regtig ‘n “titel” nie. Jy is die “Administrateur” van jou internetbankdiens.

wounetse ·

Almal maak foute sys jonk waar is die ouditeure as jy niks verkeerd gedoen het al in jou lewe nie tel maar die eerste klip op . Oordeel en jy sal geoordeel word
sterkte aan haar familie

wounetse ·

EKSKUUS JA MAG AL JOU GERAAMTES UIT JOU KLAS KLIM EN JY SAL HE

Katrina ·

Ek verstaan net nie wat het haar ouderdom te doen met wat sy VIR 3 JAAR AANHOUDEND gedoen het nie…. As sy dit EEN keer gedoen het, ja, dan kan mens sê sy het uit desperaatheid of wat ook al ‘n oordeelsfout begaan. Maar sy moes sekerlik binne die 1ste paar maande presies geweet het wat sy doen, tog het sy oor en oor aangehou daarmee. En nee, ek oordeel nie, ek lewer bloot kommentaar. Dit is ongelukkig ‘n feit waarmee mens jou kinders moet grootmaak van kleins af, en dit geld vir volwassenes ook: jy is vry om enige keuse in die lewe te maak wat jy wil, maar besef terselftertyd dan ook dat jy die nagevolge of eindresultaat van wat jou keuse ook al mag veroorsaak, ook verantwoordelikheid voor sal moet aanvaar.

Leesa ·

almal maak foute… ons almal is skuldig aan een of ander sonde, maar die arme familie en vriende wat betrek word is onnodig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.