Administrateur van PE steel derduisende by werkgewer

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 51-jarige administratiewe klerk is Dinsdag in die handelshof in Port Elizabeth skuldig bevind op aanklagte van diefstal, vervalsing en bedrog. Dit volg nadat sy derduisende rande as administratiewe klerk deur onwettige transaksies gesteel het.

Die klerk, Coleen Ferreira, staan tereg op vyf aanklagte van diefstal, ses van vervalsing en ongeveer 27 van bedrog.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê die bedrog het plaasgevind tussen Desember 2016 en Februarie 2019, toe Ferreira as administratiewe klerk by ʼn beroepsgesondheidsonderneming in Port Elizabeth gewerk het. “Sy het in dié tydperk meer as R149 000 deur middel van onwettige transaksies in haar eie persoonlike rekening oorbetaal,” vertel Ramovha.

Ferreira is in Junie vanjaar in hegtenis geneem. Sy het skuld beken en die hof het haar skuldig bevind op al die aanklagte. Ramovha sê die Valke het onomstootlike bewyse teen haar aangevoer.

Sy sal na verwagting op 26 Augustus in die handelshof gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blikkies ·

Goed gedoen daar. Ons sal almal graag ook sulke flukse ondersoek werk en onomstootlike bewyse wil sien teen die skuldige kaders in die parlement……..

Mauritz ·

As sy nie ‘n ANC kader is nie, gaan sy seker tronk toe.

JohanEtz ·

As sy ‘n ANC kader was, sou die bedrag R149 miljoen gewees het……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.