Adresse kortwiek OVK

Stemgeregtigde Suid-Afrikaners sal na verwagting iewers tussen April en Augustus volgende jaar kans kry om hul kruisies te trek. Argieffoto; Morné van Rooyen

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdagoggend in die parlement positiewe aanduidings gegee oor sy gereedheid vir aanstaande jaar se algemene verkiesing –alle aspekte buiten die verskaffing van adresse op die kieserslys.

Nadat grootskeepse ongerymdhede met die kieserslyste in munisipaliteite soos Abaqulusi in Vryheid (KwaZulu-Natal) en JB Marks (Potchefstroom in Noordwes) aan die lig gekom het, het die konstitusionele hof die OVK beveel om volledige adresse vir die land se meer as 26 miljoen kiesers te verskaf.

Dit het geblyk ‘n onoorkomelike struikelblok vir die kommissie te wees en hulle het die hof nou om uitstel gevra. Die hof het nog nie uitspraak gelewer nie.

Wat die res van die voorbereidings vir die verkiesing betref, blyk die OVK absoluut op koers te wees. Die nodige verkiesingspersoneel is reeds grootliks gewerf en opgelei, en daar is ‘n klein toename in die aantal stempunte, wat nou op 22 617 staan.

Die verkiesingsdatum is nog nie vasgestel nie. Pres. Cyril Ramaphosa sal dit aankondig na oorlegpleging met die OVK. Die verwagting is dat stemdag iewers tussen April en Augustus volgende jaar sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

Ons sit met ‘n wesenlike probleem in die land, enorm, dit weet almal vir dekades. Miljoene het nie vaste adres nie, sal dit nooit hê nie, so waarom nie ander plan maak nie? Waar stem sulke mense, of mag hulle nie stem nie? Die gaping word vir bedrog oopgelaat. Stem hier stem daar, soos in kul jou hier, kul jou daar. Ek kan nie glo dat daar nog nie iemand met ‘n oplossing is nie, ons sit dan ook met moderne tegnologie.

Paul ·

En natuurlik, het daardie mense kennis om Provinsiaal en Nasionaal te kan stem? Is die stem vir hul gemeenskap, daar in hul omgewing nie dalk hul platvorm nie? Nou vra mens dieselfde vraag van daardie met vaste adresse.

Hennie ·

Sekerlik het meeste van die 26 mil selfone wat beteken volgens wet was hulle ge-Rica, so kry die Rica informasie van die selfoon maatskappy en hardloop verifeering teenoor die nommers, stuur ‘n sms sodat mense kan check of wat die ovk het ooreenstem met huidige adres, indien nie kan sms kostevry teruggestuur word aan ovk.

Andrew ·

Ek stem saam, vir alles moet mens Rica. Waarom nie die Rica stelsel ook gebruik nie, of is dit ook ‘n nuttelose werkverskaffing stelsel?

IK ·

Heel eenvoudig: Indien jy belasting betaal, dws ‘op SAID se boeke is’, dan het jy stemreg.

Pieta ·

IK, 70% ware RSA Burgers oorleef steeds net, net.

Die Konstitusionele Hof het die OVK beveel om binne 4 jaar alles moontlik “onverwylt” te doen om te verseker elke geregistreerde kieser se jongste volle adres verkyn op die (6 maande vooraf) gepubliseerde RSA OVK Kieserslys waar die kieser opgespoor en bevestig kan word deur wieookal dit vooraf wil nagaan en bevestig, en/of geskrewe besware wil indien vir vooraf skraping van kiesers wat nie by die gegewe adres woon of opgespoor kan word nie.

Hof moet sonder adress deelname weier en vanuit OVK Data skrap en uit alle Kieserslyste verbied.

Die Poskantoor en/of SASSA het binne 3 maande minstens 10 miljoen nuwe SASSA Bank Kaarte aan begunsdigdes uitgereik met “encrypted chip” waarin die se Volle Naam, ID Foto, jongste Woon, e-Pos en Werk Adresse, Landlyn en Selfoon Nommers, PIN, Finger Afdrukke, Stemtone, beide Ierisse, en self’s DNA data gestoor word vir veelvoudige onmiddelike identifikasie, osook alle geld transaksies.

Kaart ook af/op aanlyn Kieser multi- Identifikasie en vele Kies Transaksies gestoord gereed, om by enige ATM, POS, Bank of via internet wêreldwyd te stem, so maklik soos geld trek of inkopes betaal.

Christo ·

Dit gee weer die gaping dat mense sonder adresse aangery sal word na ander provinsies om die provinsiale verkiesings te bekonkel. Ons weet dat ‘n sekere party berug is daarvoor en dat daar ‘n nuwe rolspeler, die EFF is, wat alles sal doen om meer stemme van kiesers te kry. Hoe gaan hierdie verkiesing vry en regverdig verklaar word?
Die regte ding vir die OVK om te doen is om die hof te nader om kiesers te dwing om bewys van vaste woonplek te kry, anders kan hule nie stem nie. Ek hoop die opposisie sal die uitslag teenstaan indien dit nie in die guns is van kiesers met vaste adresse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.