Advertensie lei tot ondersoek na hondgevegte

Die foto van die advertensie en die bakkie.

Die foto van die advertensie en die bakkie.

ʼn Advertensie op ʼn sleepwa wat skynbaar hondgevegte adverteer, word deur die Johannesburgse metropolisie (JMPD) en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ondersoek.

Op die advertensie staan “Fight Night Pit Bull Tournament, Main Event, Nitro vs Thor, There can only be one winner”, saam met foto’s van twee Amerikaanse veghonde.

ʼn Motoris het Maandagoggend die mobiele advertensie, wat deur ʼn bakkie gesleep word in Johannesburg opgemerk, ʼn foto daarvan geneem en op sosiale media geplaas. Die foto het vandaar soos ʼn veldbrand versprei en talle mense het dit onder die aandag van die JMPD en NDBV gebring.

Insp. Edna Mamonyane, woordvoerder van die JMPD, het aan Maroela Media gesê motoriste het die sleepwa Maandagoggend in Bryanston opgemerk.

“Die bakkie en sleepwa beweeg rond en is nie meer daar nie. Ons het beamptes opdrag gegee om op die uitkyk te wes vir die bakkie en sleepwa en die NDBV te skakel sodra dit opgespoor word, sodat die inhoud van die advertensie ondersoek kan word,” het Mamonyane gesê.

Die NDBV het gesê die organisasie is ook bewus van die veelbesproke advertensie en dat hondgevegte teen die wet is. Die NDBV se spesiale ondersoekeenheid stel intussen ondersoek in.

Sommige sosiale media gerbruikers het vermoed dit kan moontlik ʼn publisiteitsfoefie vir die gemengde gevegskuns (MMA)-sportsoort wees, aangesien Nitro en Thor name van deelnemers is. South African MMA het egter op hul Faceboek-blad gesê MMA het niks met hondgevegte te doen nie. “Ons word oorval met navrae nadat die advertensie in Randburg-omgewing gesien is. Sodra ons enige inligting oor die saak het, sal ons die publiek in kennis stel.”

Maroela Media het probeer om met die skynbare adverteerders in kontak te kom, maar hul webwerf is tans buite werking en die nommer op die advertensie gaan direk oor na ʼn stemboodskap. ʼn Skermskoot is egter geneem van die inhoud van die webwerf, voordat dit ophou werk het en dit lyk asof reëls wat verband hou met hondgevegte daarop gelys word.

OPVOLGHondgevegte-advertensie ʼn foefie

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

arizona ·

Hoekom weet die DBV nie van hierdie advertensie foefie nie. Daar is ook n versoek vir EFT betalings om gemaak te word.

Yvette ·

Baie swak smaak om awereness so bekend te stel! Siek verby!

Lulu ·

Die doel heilig die middele? A nee a! Dit werk nie so nie. Ek verstaan dat hulle “awareness” met betrekking tot honde gevegte wil tuisbring, maar my hart het amper gaan staan. Daar is mense wat baie passievol is oor diereregte – die ou wat die bakkie bestuur moet dalk versigtig wees.

Theodeen ·

Op n mooi manier gestel mag dit dalk swak smaak vir “awareness” bekendstelling wees maar ten minste is dit vir n goeie doel. Daar is soveel van hierdie gebeure wat onder ons neuse gebeur waarvan ons nie bewus is nie omdat almal nie betrokke wil raak met hierdie soort onmenslike gebeure nie. Ek persoonlik dink daar moet meer sulke tipe bewusmaking veldtogte wees want dit wat daar gebeur is afgryslik.

charlene ·

Nee, ek dink iemand lieg hier. Iemand probber nou iemand se agter stewe beskerm… As jy die link hier bo in die comments volg dan is dit blykbaar die NCPSA wat sê dis hulle gewees…
Dis damm swak smaak! Julle bemark dit vir die mense, julle help hulle eintlik om die nuus te versprei. Sies man

Lise ·

Ek stem saam, Charlene. Iewers is iets nie lekker nie. Die hondegevegte bedryf is soos die mafia bedryf. Hulle sal nie sommer gevang word nie en die gevegte word onder groot geheimhouding gehou. Toesmeerdery sê ek ook.

KarooKlong ·

Hoe en wie ookal, dit het gewerk en die nodige aandag getrek. Kyk hoe skarrel almal rond.
Ek onthou lank terug in Alberton duskant die perde resiesbaan kyk ek na die blond wat “Them Stone’s” adverteer toe ry ek in die ou voor my vas wat by die robot stop.

KarooKlong ·

Nee, in 1986 met ‘n Fiat Uno, VAS teen ‘n Mazda B1800.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.