Die buitelugadvertensieborde wat langs Johannesburgse snelweë opgerig is wat gekskeer met die ANC en die e-tolstelsel, is die werk van lafaards, het Dipuo Peters, die minister van vervoer, Maandag gesê. Die woorde: “E-tolls. Proudly brought tot you by the ANC” is op dié borde aangebring.
“Dit is mense wat nie die ordentlikheid het om werklik te erken wat die ANC-regering vir die hierdie land al gedoen het nie,” het sy tydens ‘n ontbyt van The New Age-publikasie in Midrand gesê. “Hulle wil net op spesifieke aspekte fokus en wil die belangrike infrastruktuur van die ekonomiese middelpunt van Suid-Afrika, as ‘n foefie afmaak.”
Peters het gesê mense wat sulke goed doen het nie ʼn plek in Suid-Afrika nie. Volgens Peters gaan die e-tolstelsel voor die einde van die jaar in werking tree. “Ons het verlede week die regulasies gefinaliseer en gaan vandeesweek die tariefstruktuur uitwerk, waarna dit publiek gemaak gaan word.” Die tariewe sal vir 30 dae lank publiseer word, waartydens die publiek kommentaar daaroor kan lewer. “Na die 30 dae sal dit tussen sewe en 14 dae neem voor die e-tolstelsel in werking tree,” het sy gesê.
Dit het Sondag aan die lig gekom wie betaal het vir die advertensieborde. Lees meer hier.
Lees ook:
Geheimsinnige buitelug-advertensieborde dryf spot met ANC
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Ekskuus???. Die ANC het net nog absoluut niks vir die landd en sy mense beteken nie. En sal ook nooit nie. Weg met hulle ASAP!!!!!
Siestog, en toe maak die minister haar doek nat.
Ek stem, die ANC het baie vir SA gedoen, grense oopgegooi vir almal om in te kan kom en te kom plak. Hulle het gesorg dat BAIE poste vakant geraak het. Hulle steel ook BAIE belasting geld vir BAIE huise op Zuma se landgoed. Moord het BAIE opgegaan. So kan ek nog BAIE opnoem.
Mense wat die waarheid vertel het nie n plek in SA nie…haai?!
So gedink ja, die waarheid maak seer, volgende stap is hulle gaan n groot bohaai opskop vir die verwydering van die advertensie.