Advokaat dood: Polisieman word ondersoek

Addelaid Ferreira Watt (Foto: Facebook)

’n Polisiebeampte het die noodlottige skoot in die hof afgevuur wat Maandag tot adv. Addelaid Ferreira Watt se dood gelei het.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het gesê hy dra kennis van die skietvoorval in die Umzimkhulu-hof naby Pietermaritzburg, waar ’n polisiebeampte per ongeluk ’n senior staatsadvokaat geskiet het. Die direktoraat ondersoek die voorval, het Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, gesê.

Volgens ʼn verklaring deur die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn vuurwapen wat as bewysstuk in ʼn saak van huisroof ingehandig is, per ongeluk Maandag in die hof afgegaan. Die skoot het Watt in haar linkerheup getref en sy is net na 15:00 per ambulans na ʼn hospitaal geneem. Sy het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het intussen in ’n verklaring gesê Ferreira Watt het ten tyde van haar dood 27 jaar se ervaring as senior staatsadvokaat gehad.

Luidens die verklaring is daar tans ’n hangende kriminele ondersoek na die omstandighede rondom die afvuur van die vuurwapen in die hof.

“Vanweë die ondersoeke in die saak is ons nie in dié stadium in staat om verdere inligting oor die voorval te verskaf nie. Die personeel in KwaZulu-Natal treur oor die heengaan van ʼn vriendin en kollega.”

Die polisie sê hy ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

ap ·

per ongeluk , maak nie sin nie haelgeweer gaan nie “per ongeluk” af nie

Oom Willem ·

‘n Gelaaide vuurwapen in die hofsaal deur ‘ n polisiebeampte wat veronderstel is om weens sy opleiding kennis te hê van veilige wapenhantering. Daardie storie dat dit ‘n ongeluk was, ek glo hom waaragtig nie.

Lizelda ·

Presies wat ek gister gese het. Die advokaat is uitgehaal. 27 jaar ondervinding? Nee wat dt was met opset

Jan ·

Onthou n haelgeweer is n baie moeilike en ingewikkelde vuurwapen!!!!!!!!!!!!!!

Poot ·

@Jan
Miskien vir jou. Die eenvoudigste wapen om te hanteer en te beveilig.

Paul ·

En dan hanteer hulle vuurwapen ‘Compentency’ aansoeke- nee wat los maar – ons ken die storie!
R.i.V.

Gert Nel ·

Alle wapens wat as bewysstukke in die hof dien moet ballisties getoets word. Die afvuur van die haelgeweer wat die advokaat gedood het stink.

Hexadane ·

Die wapen moes skoon verklaar word en in engels noem hulle dit n “chamber flag” on die kamer van die healgeweer gewees het. As dit nie so was nie moes die beginsel van hanteer elke wapen asof dit gelaai is hier ter sprake wees. dit is maar net hoe ek groot gemaak is en hoe ek my eie wapens ook hanteer. altyd in n veilige rigting en speel nie met die sneller nie.

Erika ·

Dit is ‘n bewys watse opleiding die SAP deesdae kry met vuurwapens! Dan baklei hulle met die publiek wat kan vuurwapens hanteer oor lisensies! Ai!

Penellope Jones ·

Hoe is dit dat ‘n wapen wat as bewysstuk dien, in die hof ingeneem sonder dat dit veilig gemaak is?

Ek sukkel om dit te begryp. . . .

Kas ·

Jan,is ‘n haelgeweer so moeilik en ingewkkeld day’n polisieman dit nie kan beveilig nie.Die hele aangeleentheid spreek van agterlosigheid en growwe nalatigheid en dit is strafbare manslag of nalatige hantering van vuurwapen.Dit is nie ‘n ongeluk nie en onthou hy het opleiding ontvang in die hantering van vuurwapens.

Cherokee ·

Kas, waar kom jy daaraan dat hy opleiding ondergaan het met hantering van vuurwapens? ‘n Uiters groot persentasie van die polisiemag is onbevoeg om wapens te hanteer. Daar is meer skuldiges in die insident omdat verantwoordelike persone moes seker gemaak het dat die wapen veilig is.

Meisiemens ·

Het in ‘n ander media berig gelees dat die geweer NIE ingeboek is as bewys nie. Die geweer is voor die verhoor by die slagoffers gaan haal (wie se hofsaak dit is, plaasaanval). Hulle het die geweer gehad vir beskerming.
Die polisie is ingelig dat die slagoffer nie seker was of die wapen wel gelaai is nie.
So daar is geen prosesse gevolg om dit te verseker nie.

Alexz ·

My innige meegevoel aan haar gesin en fam.
Deeglik deurdenkte plan gewees. Daar sal niks van kom nie.

marietjie ·

Net per ongeluk kan hy nou maar ook skuldig bevind word en per ongeluk in die tronk gaan sit.

Willem Grobler ·

Hierdie is die mense wat besluit of ek ‘n vuurwapen mag kry of nie…

Neels ·

Per ongeluk of is dit met voorbedagte rade . Ipod ondersoek sal ook niks oplewer nie miskien moet die familie maar vir Mike Bolhuis nader . Dit klink vir my so baie na jare terug se storie wat in n Pretoriase sekeruteits landgoed afgespeel het

Josua Keys ·

Jip ek ruik ook n rot hier!!! Ek dink ook hier sit meer hier agter as wat die media van bewus is, ongelukke gebeur maar jy vat eenvoudig nie ‘n gelaaide wapen in ‘n hof lokaal in nie, ek dink die polisie beampte mag dalk onskuldig wees maar dit verklaar nie die gelaaide wapen nie, iemand was of onverantwoordelik of dit was met opset beplan want in SA is alles moontlik. Die ondergrondse mafia beheer die hele land en is al tot in ons regstelsel ontplooi, Italië was jare gelede amper ten gronde agv die ondergrondse beweging dit het jare gevat om hulle uit te snuffel te arresteer en te ontbind, as die pad nie vinnig in SA gevolg gaan word nie gaan die bietjie van die land wat nog oor is ook verwoes word, nie noodwendig in die geval nie maar dit is die moeite werd om dit met my stelling in gedagte te ondersoek,

Marettia ·

Niks wat in Suid-Afrika gebeur verbaas ons meer nie! Enige iets is moontlik want SA het n vieslike en gevaarlike plek geword om in te woon. So gaan dit aan totdat net shacks, stofstrate en n paar brandsiek honde oorbly…… dis n tragedie en dis hel…

Sarel ·

Dan hou die SAPD vol dat hulle opleiding op standaard is. Nou vra ek jou hoe swak is die standaard en wie bepaal dit?

Stripes ·

Altyd ‘n ongeluk! Klink vir my meer na ‘n opsetlike ongeluk om sekere sake te vertraag. Is mos ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie of hoe?

Attie. ·

Dat n haelgeweer steeds gelaai is wanneer dit eendag in die toekoms tydens die hofsaak as bewysstuk verskyn is reeds iets wat net in SA kan gebeur, maar om iemand per ongeluk daarmee te skiet beteken dat die mees basiese reêl oortree is nl dat mens nooit ooit ‘n vuurwapen op enige mens mag rig nie. Nie binne of buite die hof nie. Daar is baie goeie lede van die Mag maar as ‘n geheel gesien, is die SAPD verrot tot in sy kern. Selfs in lesotho en Zimbabwe sal soiets nooit gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.