Advokaat in huis doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Advokaat is Woensdag in sy huis in Karenpark, noord van Pretoria, doodgeskiet.

Ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het gesê die man was glo alleen in die huis toe hy aangeval is. Die 41-jarige advokaat is in die maag geskiet en is op die toneel dood.

Die verdagtes het die man se selfoon gesteel en gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chivago ·

Ek hoop om gou te lees van R250 000 belonging vir hierdie moord ook?
Sterkte vir die familie

David Pieterse ·

Dit is die hoeveelste skietvoorval in die omgewing die afgelope paar maande. Seker nog dieselfde gemors ook! Wat word gedoen deur die SAPS om die ongewenste elemente uit ons samelewing te verwyder? Of moet jy ‘n “sokker held” wees voor dit die nodige aandag kry…My innige simpatie en meegevoel!

Rieks ·

Moord, roof en verkragting is aan die orde van die dag in SA. Waar is die dae wat ons samelewing te bang was om te hoes? Nou is die samelewing vol van die hoesers en proesers en verder word net die wetteloses beskerm en geen ander persoon nie. Alle sterkte aan sy familie – hulle het ‘n bleek tyd wat voor lê. Rus in Vrede.
As ek my opinie kan lug – begin kyk na wat die sake is wat hy nou verteenwoordig? Miskien is dit nie net die gewone roof van selfoon wat hier betrokke is nie :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.