Advokaat moet korrupsie, bedrog by waterdepartement ondersoek

Die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu (Argieffoto: GCIS)

Die minister van water, sanitasie en menslike nedersettings het adv. Terry Motau aangestel om ʼn span regslui te lei om alle klagte van bedrog, korrupsie en onregmatige besteding by die departement te ondersoek. Dít nadat ʼn verslag aangedui het dat kontrakte ter waarde van miljarde rande onregmatig toegeken is.

Motau moet ook verseker alle aanbevelings word ten volle in werking gestel.

In November verlede jaar het ʼn verslag van die ouditeur-generaal (OG) getoon dat die departement sowat R1,7 miljard weens onreëlmatige en verkwistende uitgawes aan belangrike infrastruktuurprojekte bestee het.

Min. Lindiwe Sisulu het nou gesê daar is ʼn gebrek aan gevolge vir diegene wat by bedrog en korrupsie betrek word en dat hulle dikwels aanhou werk by die departement óf met salaris geskors word.

“Ek het adv. Motau en die span saam met wie hy gaan werk opdrag gegee dat ek alle verslae oor bedrog, korrupsie en onregmatige besteding by die departement en alle waterrade wil laat hersien, asook alle aanbevelings in werking wil laat stel. Amptenare en diensverskaffers wat by korrupsie betrokke is, moet die gevolge dra,” het Sisulu gesê.

Volgens die minister sal prioriteit gegee word aan bewerings teen waterrade en senior bestuurders in die departement.

“Ek het ʼn verslag ontvang dat projekte van meer as R16 miljard onreëlmatig toegeken is. Dit sluit grootskaalse korrupsie en bedrog deur amptenare in – tot só ʼn mate dat hulle tenders aan hulself en nabye familielede toeken. Dit gaan nie onder my toesig gebeur nie,” het Sisulu gesê.

Motau, ʼn senior advokaat, was vantevore betrokke by ʼn hele aantal hoëprofielondersoeke, ook die een na korrupsie en plundery by VBS Bank in Limpopo.

ʼn Storm woed ook om Sisulu se eie kop nadat sy ʼn spesiale snelreaksie-taakspan (NRRTT) by die departement aangestel het. Die DA voer aan die taakspan bestaan uit verskeie mense met noue politieke bande en kos die departement ʼn allemintige R13,9 miljoen.

Fluitjieblasers beweer die NRRTT het niks met die bedrywighede van die departement te doen nie, maar bestee sy tyd meestal aan besprekings van Sisulu se planne om ANC-adjunkpresident David Mabuza in 2022 by die party se verkiesingskonferensie te ontsetel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Fedup ·

Well, as i am unemployed, i personally think that such a position is a good fit for me. I will earn a salary for doing absolutely nothing, i can complain that i have to work too hard and to top it all off, i can give tenders to my friends and fam and make a pretty penny on the side line. If i get caught, i will be on paid leave, next month i will be back on the job again. Doing it all over. It must be awesome to be off such a great service.

Burgermeester ·

If you have a spare position floating around, I am willing to submit my CV and cadre credentials. I can also act as a knowledgable consultant, and my tender application knowledge is in line with those who are currently occupying high ranking positions in the Government.

Burgermeester ·

Genugtig manne, dit is die een ondersoekspan ná die ander, maar dit bly ‘n gejaag na wind. Ek kan nie dadelik aan een ondersoekspan dink wat suksesvol in hul taak was nie, want sovêr ek van bewus is, is nog nie een van die korrupte ANC lede tronk toe nie, behalwe Schabir Shaik.

Pieter ·

Die land en sy regering is n grap. Ek hoop die virus het nou ons blankes se oe oop gemaak

Eerlik ·

Wat het geword van haar spesiale taakspan wat so baie verdien?

Jr ·

Het ek reg gelees. ” SY MADAMN ” het hom aangestel. Ha ha ha. Watch die uitslag sal wees – gun bewyse van oortreeding en sal by FILE 13 LITHULI HUIS GEFILE WORD TUSSEN AL DIE ANDER STOFFERIGE FILES

Boortor ·

Hulle almal belieg en bedrieg ons! Kommissies en ” ondersoeke” wat op absoluut niks uitloop nie. Klomp gemors…is al wat ek kan se!

SomeOne ·

ja sisulu, jy het ook duisende in jou sak gesteek, nou moet korrupte amptenare vervolg word, LOL

Scalla ·

Wat soek sy daar, nog by elke plek waar sy ingewurm is, is daar droog gemaak en tenders wat aan comrades sonder enige ervaring gegee, almal op die Soustrein.

Jr ·

She has now been mini-star of every department and portfolio and stuffed them all up. USELESS

Jack ·

Soos met die res van Afrika is korrupsie deur die staat se vertroulinge die einde van so n land se vermoe om voort te bestaan en na sy inwoners se heil om te sien. Geen afrika land kon dit regkry nie met uitsondering van Botswana. Miskien le die oplossing in die totale privatisering van die staat se ekonomiese belange. Minstens gaan die belastingbetaler nie instaan vir die korrupsie verliese nie. Hierdie is natuurlik wensdenkery aangesien die staat juis sy mag oor die ekonomie wil uitbrei en die korrupsie verder stook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.