Prokureur steel glo miljoene by POF

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige prokureur wat in eise teen die Padongelukkefonds (POF) gespesialiseer het, het Woensdag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Bellville verskyn.

Eslin Frank Meyer (59) het onskuldig gepleit op aanklag van diefstal en die versuim om behoorlike  rekeningkundige rekords te hou. Hy word daarvan beskuldig dat hy meer as R6 miljoen gesteel het van POF-eisers en bestorwe boedels.

Meyer se saak is tot 23 Junie uitgestel en sy borgtog van R10 000 is verleng. Volgens die klagstaat is Meyer vyf jaar gelede deur die Kaapse Wetsgenootskap verbied om te praktiseer nadat 61 eise ten bedrae van R6 441 657 by die Getrouheidsfonds vir Prokureurs ingedien is.

Die staatsaanklaer voer aan dat Meyer die geld wat deur die POF oorbetaal is vir homself gehou het sonder om eisers in te lig dat die POF uitbetaal het. Hy het glo ook net gedeeltes van eise aan ander eisers uitbetaal en die oorblywende geld vir homself gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Voorlaaier ·

Hy is di ongelukkige een wat hulle gevang het!
Die res loop nog vry rond en steel geld van slagoffers

Frans ·

stem heelhartig saam. sal verbaas wees as hy skuldig bevind word.

Piet Snot ·

Ou Voorlaaier
Ek sien “die res loop nog vry rond en steel geld …”. Wie’s dié res oor wie jy so baie weet?
Vertel ons bietjie.
Of kan ek raai dis ook net ‘n dronkmanstorie wat jou vriende graag by die braai vertel?
As my laaste stelling verkeerd is, trek ek dit by voorbaat terug. Maar net as jy vir ons volledige detail gee oor dié “res” en al die baie geld wat “hulle” steel.

Winston ·

To educate a person in the mind and not in morals, is raising a menace to society.

Landi Slatter ·

Dagsê André

Baie dankie dat jy ons daarop gewys het, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

wilma ·

Geen wonder ander mense kan nie eis nie want waar is die geld heen

Jan ·

Dis nie snaaks nie…. dis Maar in n prok se bloed om skelm te wees

Piet Snot ·

Jan, op grond waarvan maak jy so ‘n wye aanvegbare stelling?
Het jy bewys vir jou lasterlike bewering – dat dit oor die algemeen waar is van prokureurs? En nou praat ek nie van dronkmanspraatjies om ‘n braai nie.

Berhalet Beukes ·

Jan, jy veralgemeen en krap nou waar dit nie jeuk nie.

Hannelie ·

Jan waar kom jy aan daardie snert. Dis baie lasterlik, my swaer is ‘n prokureur en glad nie in sy bloed om skelm te wees nie. Nou wat se werk doen jy?

DEE ·

Jan, kan jy asb meer spesifiek wees met jou stelling? Ek glo daar is n paar van ons op die blad wat graag jou feitelike weergawe sal wil hoor.

alta du toit ·

So jammer om jou kommentaar te lees en te sluk sonded om kommentaar te lewer. Ek is in n senior pos werksaam en spesialiseer ook in POF eise. Jammer vir die skurke wat eisers indoen, eerlike mense en firma’s lui daaronder. En vir die rekord; daar is fooie ooreekoms wat n prok se fooie volgens wetgewing uiteensit. Mog die Law Society al dierdie skelms wat steel en oneties praktiseer van die rol skraap sodat die handjie goeie en eerbare prokureurs hul werk kan doen en in die beste belang van hul kliente kan optree.

Wouter Heymans ·

Jan gee jou regte naam hier sodat ek bietjie met jou kan gesels. Want duidelik het jy nie n benul van wat om jou aangaan nie. Jy loop op baie dun ys. Omdat een prokureur skelm was maak dit nie die res van ons sleg nie.

Berhalet Beukes ·

Die POF kan gerus ‘n slag in hulle eie midde begin kyk. Waarheen verdwyn al die gelde wat ons jaarliks daartoe betaal? Volgens my is dit bedrog as ‘n POF advokaat in die hof staan, onvoorbereid is, soveel nonsens praat dat ‘n regter hom stilmaak en boonop vir sy diens betaal word. Ek dink sekere mense word wel bevoordeel bo ander en ek dink die prokureurs wat eise namens eisers indien het hulle hande vol!

alta du toit ·

Die POF het tans groot finansieele probleme. 120dae uitbetalings word nou gedoen sodra n prok in besit is van n hofbevel op suksesvolle skikking. Dink die nodige forensiese audits moet daar gereel en gelas word.

Feite ·

Van wanneer af ontvang ‘n advokaat die eisers se geld vanaf POF?

Berhalet Beukes ·

Sover ek weet, glad nie. Hulle verteenwoordig slegs die verskillende partye in die hof.

Maria ·

My vraag is altyd kom die vrou/ man/ vriende nie agter dat iemand darem baie meer geld spandeer as wat hy/sy verdien nie?
Weet die een hand dan nie wat die ander hand doen nie?
Is dit net te wonderlik om so baie te spandeer en te geniet dat niemand wonder nie?

Lientjie ·

Ek werk by ‘n beheerliggaam van Prokureurs en ons ondersoek klagtes teen Prokureurs, en is selfs n prokureur. Om so ‘n stelling te maak dat alle prokureurs skelm is, spreek duidelik van iemand wat nie weet waarvan hulle praat nie. Daar is baie meer eerbare professionele prokureurs as die paar wat steel. Daar is maar vrot appels in enige beroep. So Jan, Anike en Voorlaaier kry asb eers julle feite en statistieke reg voordat julle so ‘n stelling maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.