Advokaat sterf ná skoot in hof

Adv. Addelaid Ferreira Watt en haar dogter, Lindsay. (Foto: Facebook)

ʼn Senior staatsadvokaat van KwaZulu-Natal is Maandag dood toe ʼn skoot per ongeluk in die hof afgevuur is. Adv. Addelaid Ferreira Watt (63) het gepraktiseer in die Umzimkhulu-hof naby Pietermaritzburg. Volgens ʼn verklaring deur die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn vuurwapen wat as bewysstuk in ʼn saak van huisroof ingehandig is, per ongeluk Maandag in die hof afgegaan. Volgens die polisie het die skoot Watt in haar linker heup getref en sy is net na 15:00 per ambulans na ʼn hospitaal geneem. Sy het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

“Dis ʼn verskriklike ding wat gebeur het. Sy was so ʼn spesiale mens. Opreg, eerlik en sy het lynreg geloop,” sê Watt se jare lange vriendin, Elsabey Luus. Luus sê Watt het Sondag vir haar gesê dat sy “moeg voel”.

Luus vertel Watt het veral ʼn spesiale verhouding met haar dogter, Lindsay Watt, gehad. Dié is verloof en sal volgens Luus volgende jaar trou. “Nou sal sy dit sonder haar ma moet doen.”

Op haar Facebook-blad skryf Lindsay: “ʼn Ma, ʼn vriendin en ʼn ongelooflik dinamiese en veerkragtige vrou. Rus in vrede. Ek sal jou nooit vergeet nie. Jy het ʼn deel van my lewe gevul met liefde, humor en ʼn wonderlike band. Ek gaan jou verskriklik mis. Baie lief vir jou.”

Lindsay het nie op verdere vrae van Maroela Media gereageer nie. Maroela Media wag ook nog vir die Nasionale Vervolgingsgesag om kommentaar te lewer op die voorval.

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

119 Kommentare

Nettie ·

Liewe land, was die vuurwapen nie veronderstel om “veilig” gemaak te wees (m.a.w. die veiligheidsknip OP) nie? En die dame het beswyk aan haar WONDE – een koeël, meervoudige wonde? Ek vra maar net.

Innige meegevoel aan die dame se dogter, familie, gesin en vriendekring.

Tash ·

Sover ek verstaan van ander nuus berigte is dit n haelgeweer. So dus nie net 1 wond nie.
Maar ek stem dit is onaanvaarbaar en so hartseer.

Dereck Le Roux ·

Vuurwapen veiligheid is gekomprimenteer en onbekwame polisie beamptes en daar is glo ‘n hele paar duisend van hulle wat nie hul vuurwapen bevoegdheid serifikate kan slaag nie, dagvaar die minister van polisie.

Oujongvrou ·

Haelgeweer het honderde koëeltjies in die rondte. Die polisie moes die wapen beveilig het. Ek sou die rook uit hulle dagvaar. Innige meegevoel aan haar familie.

Sandra ·

Joh! Moes daar nie seker gemaak wees dat die wapen nie gelaai was nie? Iemand is in die sop!, so jammer dat ‘n onskuldige persoon as gevolg van nalatigheid moes sterf.

Werner ·

Legens en hoeveel motorongelukke was daar nie die week ook nie so waneer handig jy jou motor in jy bly in n derde wereld land ou maat jy sal nooit die burgers kan ontwapen nie jy het nie die polissiemag daarvoor nie stel voor jy kry maar ander blyplek

legens ·

en kyk nou weer . die soveelste dood agv `n vuurwapen in die laaste week alleen . haal die wapens uit die hande van die burgery en plaas `n algehele verbod op die besit daarvan .
en ja , dit sou nie gebeur het as dit `n mes , of knopkerrie of bottelkop was nie .

Jacques ·

legens – Dit het niks met die vuurwapen te doen nie , dit is onbevoegde mense wat die vuurwapens hanteer . Veiligheid , Veiligheid , Veiligheid en nogmaals VEILIGHEID . So eenvoudig soos dit , vra enige persoon wat in die ou weermag was .

Hans ·

Dit is tragies. Nou weet ek nie so mooi nie, ek sou dink daar is n rits bevoegde opgeleide mense wat die wapen hanteer het. Volgens die Vuurwapen Wet is geakrditeerde opleiding in vuurwapen veiligheid elkeen se plig wat ‘n vuurwapen hanteer verplig om jouself te alle tye vergewis en deur “veiligheids drills” te gaan en so dood seker te maak ‘n wapen is veilig. Geen wapen gaan sommer ‘net af nie’ ‘n mens het die wapen se sneller gedruk. Ek verstaan dit glad nie, die wapen se veiligheids knip nie op veilig, rondte in kamer, wapen gelaai – verskeie amptenare moes hierdie wapen hanteer het. Hoop OPOD doen n behoorlike forensiese ondersoek i.s. Growwe nalatigheid/beplande insident te laat lyk soos ‘n onheluk.

ES ·

legens, jy laat my lag.

Dis soos die volstruis wat sy kop onder die grond wegsteek en dink hy word nie raakgesien nie.

Enige wapen op sy eie, is net ‘n voorwerp. Die persoon wat dit hanteer maak van dit ‘n slegte ding of ‘n goeie ding.

Om die wapen te beskuldig vir mense se dood is soos om die oseaan te beskuldig vir verdrinking. As jy nie bevoegdheid het vir iets nie – dan vermy jy dit.

Tresia ·

Dis nie die wapen se skuld nie dis die hanteerder se skuld daar gaan meer as 50 mense per dag in motorongelukke in Suid afrika dood moet ons nou motors wegvat Wanner wil mense net n bietjie logika gebruik

Antoinette ·

Vuurwapens is nie die probleem nie…mense is..en omdat reels en regulasies nie meer gevolg word nie. Dan moet karre sekerlik ook van die mark verwyder word!!

Andre ·

@ legens – gaan jy of die SAPS my en my gesin kom beskerm wanneer ‘n bende ons aanval? Ek glo nie. Moet net die “burgery” volgens jou ontwapen word of die kriminele ook? Indien laasgemelde, verduidelik vir ons hoe dit prakties uitgevoer gaan word. Ek hou my vuurwapen en wag vir jou antwoord.

Dom Astrant ·

GUNS DON’T KILL PEOPLE, PEOPLE KILL PEOPLE!!
Het die Haelgeweer net skielik opgespring en besluit om haar te skiet???
Onbevoegde polisiebeamtes het die geweer handteer en nie hul werk behoorlik gedoen om bewysstukke voor die tyd veilig te maak nie.
Ek voel veiliger met wapens in die burgery se hande, dankie.

Pikkewyne ·

Dwelms is teen die wet. Sien jy dat die wet daarop enigsins die smokkel daarvan in ‘n land keer?

Marlene ·

Legens : jy is duidelik baie oningelig oor die gebruik van vuurwapens. As jou argumebt nou enigsibs waarde dra kan ons net sowel sê a.g.v. soveel motorongelukke moet daar nou ‘n verbod geplaas word op voertuie en siende dat drank lewens verwoes moet obs verbod plaas op alkohol ens.ens. Die probleem is onbevoegte persone en veiligheidsmaatreëls wat nie toegepas word nie. Simpatie en sterkte aan die familie

Pieter ·

Jy moet wakker skrik maat jy bly in afrika jou wapen moet deel wees van jou klere drag dit is omdat negintig persent van die in die SAP nie weet hoe om n wapen te hanteer nie maar hulle kom pla ons blankes met bevoegheid sert ek het al in 86 in die weermag geleer hoe om n wapen te hanteer welkom in afrika

Careltjie ·

Liewe hemel. Waar val jy uit. Kyk na ‘n vuurwapen en gaan lees gerus. Kyk of die vuurwapen n brein, n hart, n vinger en verstand het. ‘n Vuurwapen kan nie moor nie. ‘n Moordenaar moor. En hul gebruik enige iets. Nie net vuurwapens nie. Alles kan voor die deur van onopgeleide en onbevoegde SAPD lede gelê word. As hul opgelei was, was die wapen nie gelaai nie. Jammer vir haar geliefdes. Dit was so onnodig.

JK ·

Wie okal se werk dit was om die vuurwapen te beveilig vir die hof was nalatig, en moet aangekla word van minstens strafbare manslag.

Mm ja nee ·

Ek stem. Moord, kla aan vir moord, n moeder, vrou steunpilaar van die gemeenskap, regs geleerde is nie meer daar nie agv NIE BASIESE REELS VOLG NIE!!!!

Impak ·

Behalwe die ontsaglike verlies wat haar familie en geliefdes ly, asook regskringe – watter impak het dit op die saak, waarvoor sy in die hof was? Nou moet alles weer van vooraf begin.

Ai, my innige simpatie aan almal wat hierdeur geraak word.

Werner ·

Dit is wat gebeur as 99% van die polissie onbevoeg is om n wapen te hanteer

Reggie ·

Die persoon wt die inhegtenis gedoen ht se werk was om te sien dat dai vuurwapen veilig gemaak was en laastens die persoon wat dit in die hof gebou gebring het moes gedouble check het voor hy ditdie hof gebou binne gebring het, so hulle 2 is in die sop en baje diep in die sop. Sterkte aan die familie

koos ·

Werner, kan jy jou bewering staaf? Daar is 130000 polisie lede, waar met jou som 125000 onbevoeg is? Daar is hordes lede wat voor 1994 opgelei was, nie net 1% nie. Wat hier gebeur het is onaanvaarbaar en die skuldiges moet boet, maar jy is roekeloos met so ‘n stelling! Baie sterkte aan die naasbestaandes.

Gatvol ·

n Bewysstuk? N vuurwapen? Die ondersoek beampte moes hom veilig gemaak het. Dis basiese kennis van n vuurwapen. Hierdie moet as mansslag beskou word. Te veel mense kry n salaris met niks tussen die ore nie

Akram ·

Ekstem saam met jou. Dit is n bewysstuk. Dit was, hopelik, in die bewys stuk register ingeboek. Die wapen moes veilig gewees het met geen rondte in die loop of magasyn nie. Dit wil voorkom of die wapen nt ingehandig is en net so as bewysstuk voorgehou is. Sonder enige inspeksie. Dis tragies. En hoekom was iemand gepoint?

wilma ·

Wat ‘n verskriklike tragedie. Innige meegevoel aan die naasbestaandes. Ek het geen kennis van vuurwapens nie, maar kon dit nie beveilig word nie? Dit is seker nie nodig om ‘n gelaaide vuurwapen as getuienis te hê nie? Iemand was gruwelik nalatig.

Irma ·

Hoe nalatig. ‘N vuurwapen wat as bewysstuk in ‘n hof dien behoort mos nie gelaai te wees nie!!!

Jessica ·

Agree, and who handled the gun, and why was the finger on the trigger and been pointed at her. this is shocking why was it loaded??????

Bloues ·

Wapen wat as bewyssuk moet dien met lewendige amunisie in.?
Swak, kla die polisie aan van manslag!!

Verstom ·

Hoe beland ‘n gelaaide bewysstuk in die hof? Die wapen moes reeds veilig gemaak wees direk na hulle dit by die verdagte afgeneem het. Iemand het ooglopend nie sy werk reg gedoen nie.

Jessica ·

Why was it loaded, should not have a loaded gun in the court in the first place, who was the gun with and why was the finger in the trigger and been pulled in the first place, something not adding up here. Since when are you sllowed with a loaded gun in court that is under investigation.

Lizelda ·

Was die wapen werklik per ongeluk met n koeel gelaai of was die Advokaat se saak so sterk teen die krimineel dat sy “uitgehaal” is. Enige iets is moontlik. Ek meen word die ammunisie nie verwyder nie?

Jacques ·

Dagvaar die rook uit SAPS . Dit is die gevolg van onbevoegde lede in die mag wat so tipe wapen berg sonder om seker te maak dit is veilig , seker omdat hy of sy nie weet hoe om n vuurwapen te hanteer nie .? Baie sterkte aan die familie .

Nettie ·

@Lizelda, hoekom dink ek en jy dan nou in dieselfde rigting? Enige iets is moontlik in hierdie nuwe land, by die naam van Da Repabliek of Azania.

MJ Kroezen ·

Hoe kan die polisie n gelaaide wapen as bewys stuk indien . Dit bewys die uiters swak wapen opleiding

Melanie ·

Innige simpatie aan die familie,my vraag hoe gaan ‘n skoot per ongeluk af!

Maklik ·

Melanie, dit gebeur baie maklik in sekere omstandighede. My oupa het toe my pa klein was hom amper raakgeskiet terwyl hy sy wapen skoongemaak het. ‘n Vroutjie wat saam my werk se pa het sy wapen aan sy sy gehad toe hulle kinders was “ONE UP”. Die ding het perongeluk afgegaan en haar sussie doodgeskiet. Maar in die geval moes dit nie gebeur het nie. Iemand was verantwoordelik om die ding “safe” te maak, en hulle het nie.

Jan ·

Die haelgeweer het glo geval (uit haar hande ) en afgegaan. Dit het haar in been getref en sy is dood van bloedverlies

Lourens ·

Hoe de duiwel neem jy ‘n vuurwapen as bewysstuk, en NIEMAND kyk of dit ontlaai is nie.
Enigiemand wat enige vuurwapen optel/ontvang, kyk eers of dit ontlaai is. Wil jy sê daar is vinger afdrukke op ‘n gelaaide wapen geneem? Eish.
Dit is wet, én dit is logika.

Emma ·

Ek is so jammer vir die familie, is skokkend om sulke nuus te lees. Onbevoegde lot mense

ML van Niekerk ·

Die ondersoekbeampte en die bewysstuk-klerk?Iemand gaan pakslae kry ……

LC ·

Tragies, sal graag wil hoor hoe hierdie bewys stuk nie n veillig gemaak is in die eerste plek nie.
Baie sterkte aan die hele familie en vriende laat die Here jull vertroosting gee, Ons bid vir jull almal.

Lizelda ·

So ons almal se reaksie en vraag is dieselfde: Hoe en waarom is die vuurwapen nie veilig gemaak nie? Tog het niemand wat in beheer was vd “bewysstuk” gdink om die wapen te beveilig nie??? Ek dink nie dit was n dom FOUT nie…

Marianna ·

Hoe de duiwel word ‘n gelaaide vuurwapen in die hof toegelaat. Al was dit in die saak gebruik. ???? Rus In Vrede. Sterkte aan haar dogter, familie en vriende.

Heinrich ·

Geen vorm van iets met die naam wapen hoort in die hof nie. Nie n geweer pistool of mes nie. N foto is goed genoeg.

Herman ·

Hoe beland n gelaaide vuurwapen in n hofsaal?
Kla almal aan wat in daai hofsaal die vuurwapen hanteer het,dis belaglik dat niemand opgemerk het die vuurwapen is gelaai nie.En aan die anerkant wat weet hulle inelkgeval van vuurwapens af.Ons sukkel maande om lisensies te bekom.

Andre ·

n Vuurwapen kan nie net “afgaan” nie……dit moet in die eerste plek eers gelaai word en dan moet dit hanteer word. Gaan kla die ondersoek beampte aan….hy moes SEKER gemaak het die wapen is ontlaai en ‘skoon” VOOR dit van die toeneel verwyder en ingeboek is.

Pampoen ·

Ek stem saam dat die vuurwapen ontlaai moes wees, maar die person wat dit hanteer mag nooit aanneem dat dit ontlaai is nie en moet dit altyd in ‘n velige rigting wys, soos bv boontoe. Die oumense het altyd gesê dat die duiwel ‘n vuurwapen laai.

AndrewL ·

Ondersoek die persoon wat die vuurwapen hanteer het, dit klink na moord.

Marius ·

Die ergste van alles sy was met ‘n haelgeweer in die hof geskiet.(Sterkte aan die familie)

zeno ·

Nou het ek al alles gehoor. Vuurwapen gelaai in hof.`n Lewe is weg agv. growwe nalatigheid.
Ek hoop hulle vind die persoon wat nie sy werk gedoen het nie en straf die hel uit hom uit.

Neels ·

Wat n hartseer storie my innige meegevoel met die familie. ‘n Ongeluk se voet in n visblik , dit is de oudste verskoning in die boek . Is die koeel nie miskien met voorbedagde rade in die geweer gelaai nie . As n verantwoordelike geregsdienaar moes die een wat die vuuwapen ontvang het as bewysstuk en ook die een wat dit hof toe gebring het seker gemaak het dit is veilig en jy rig ook nie n vuurwapen na n persoon toe as jy dit wil demonstreer nie . So wil hulle ons wettige vuurwapen eienaars ontwapen maar hulle self is nie eers bevoeg om n wapen te hanteer nie . Hoop die familie eis n dringende getegtelike ondersoek om by die waaheid uit te kom .

Leon ·

Waaat, ‘n onveilge vuurwapen in die hof a s bewysstuk. Nou weet ek ons het het ‘n piesang republiek. Ons verdien rommelstatus. Onbevoegde polisie en wapensmede in die polisie. geen wonder die polisie en weermag se wapens verdwyn.

ap ·

wat n grap , onverskullige mense in howe , hoe word dit toegelaat.

Geen grap ·

ap; daar is absoluut niks aan hierdie tragiese gebeure wat as ‘n grap bestempel kan word nie.

My innige simpatie aan die dogter, familie en vriende.

Pokkels ·

Ek wonder wie glo dié storie. Ek ruik ‘n rot. Indien die skuldige ooit gevind word, gaan hy nie afgedank word nie, hy gaan ‘n bonus kry vir sy weldaad.

an ·

Dis ‘n sameswering om moord te pleeg!

Wie trek voordeel uit haar dood?

jennefer ·

stadig maar seker word ons minder, pasiente wag bietjie langer vir hulp en sterf, hofsake sloer lank genoeg dat die publiek vergeet, boere verdwyn stelselmatig uit die bevolkings profiel, kinders leer net n bietjie stadiger en het geen begrip as volwassenes wat om hul gebeur nie. Jip, die water word bietjie warmer.

Kay ·

Hoe skiet jy jouself met n halgeweer ini heup?
Dit moes n snaakse aksie gewees het om dit te kan uitvoer. Jy moes vir die sneller gereik het of die haelgeweer het onverwags afgegaan – maar hoekom was daar n ronte in die kamer????? Hy moes met die arrestasie velig gemaak gewees het.

Marius ·

Lees weer die berug sy het haarself nie geskiet sy is deur iemand geskiet.

Lou ·

‘n Skoot per ongeluk afgegaan het. Dit het dalk per ongeluk afgegaan maar iemand was nalatig om ‘n gelaaide vuurwapen as bewysstuk in die hof toe te laat. Wys net weer standaarde val orals deur die mat vandat onbevoegde mense oral aangestel word om die regstellende doelwitte te haal.
So hartseer dat so ‘n pragtige vrou so onnodig moes sterf. Sterkte aan haar familie en vriende.

Stefan ·

Is die SAPS deesdae so swak (of so onopgelei) dat hulle nie weet hoe om ‘n vuurwapen veilig te maak wat as bewysstuk ingehandig is nie??

Ek sou dink die eerste ding wat ‘n beampte sou doen is om seker te maak die wapen se magasyn is verwyder, en die aksie skoon en dan enige lewendige ammunisie apart te stoor juis om die soort ding te voorkom…

Hector Jooste ·

Hoe beland ‘n gelaaide vuurwapen as bewysstuk in ‘n hof?

Daar is slegs een antwoord: Onbevoegde, en onbekwame polisie!

Die verantwoordelike beampte behoort gevind te word, en van strafbare manslag aangekla te word.

Christa ·

Die ANC Moet verantwoordelike gebou word vir hulle onbevoegde polisiemag. Het Hy so wragtig n gelaaide wape. As bewysstuk in gedien. Ook Niks tussen ore nie. So roei onbevoegde regering die witted uit.

JK ·

Dit is vreeslik wat in Suid-Afrika aangaan. Vrouens, ongeag van kleur of ouderdom word gemoor, gebrand, geskiet, gekaap, verkrag ens. Wat is besig om in die land te gebeur. Is daar geen respek of wet en orde meer teen vroue nie. Al het die vuurwapen afgegaan, hoe gebeur sulke dinge nou daagliks. Hoekom was die wapen nie beveilig nie en koekom is die wapen in haar rigting gewys?
Dit maak my bang om buite aleen te wees. Vroue is nerens meer veilig nie. Nie eens in die howe nie. Hoeveel vroue is die week alleen dood deur onnodige dade van ander.

Koos de Meyer ·

Daar is nie ‘n ding soos ‘n skiet ongeluk nie. Growwe nalatigheid, weereens onbevoegde hantering. Waar het jy gesien ‘n gelaaide vuurwapen in ‘n hof. In die weermag is ons geleer dat jy seker maak jou wapen is veilig. Dit klink vir my maar baie verdag. Jy is ook geleer om jou wapen altyd af grond toe te hou. Hoe is dit moontlik, ‘n wapen gaan nie vanself af nie. So onnodig en dit deur onbevoegde nalatigheid.

Kobus ·

Per ongeluk afgegaan se voet!!!!. Hoekom was die wapen gelaai? Met watter hoë profiel sake kan sy verbind word?

Niklaas ·

En oor ‘n maand is dit vergete en geen haan kraai oor hierdie glips van een of ander persoon wat totaal onbevoegd is met wapens. Maar ‘n persoon wat nog baie kon beteken het vir haar familie en vriende , (en ook die regsstelsel) is dood. So onnodig.

Willie ·

Dis se vir my een ding, die bewystuk was nooit ondersoek nie… mens kan n rot ruik…

Scalla ·

Moord, tragies, onbevoegde persoon wou seker aan hof bewys dat haelgeweer in werkende toestand is, kla hom aan.

Gesiggie ·

Dit is baie tragies… en baie nalatig van die polisie ? om n vuurwapen wat as bewys dien nog met petrone in te los”’ ek sal n saak van nalatigjeid en poging tot moord open…hierdie vrou het nie verdien om te sterf.. dit was nie n ongeluk?? waar gaan ons land eindig… is daar niemand wat meer omgee… n mens wonder ook maar, of die skoot per ongeluk afgegaan het… my innige meegevoel aan haar familie, haar vriendin en haar dogter wat gaan trou, en haar Ma wat nie daar kan wees. RIV Liewe mens.

Heinrich ·

Nog n lewe op iemand se naam teen wie die vuurwapen bewys lewer en die hanteerder

Melanie ·

Miskien moet ‘n mens ‘n kalmeermiddel inneem alvorens jy die nuus lees. Dinge raak baie erg in Suid Afrika.

Willie ·

Wat kan nog fout gaan? Elke dag word daar n nuwe misdryf gepleeg deur onbevoegde onopleibare mense in die staatsdiens. Hoop reg en geregtheid sal seevier.

Pieter ·

Ons eie skuld willie ons blankes moes al tien jaar terug standpunt in geneem het kla gaan ons niks help nie die ANC lag vir ons

Andre ·

Sterkte aan die Familie! Hoe ombekwaam is die SAPS daai wapen is deur vele hande nadat dit gevind is. Daar was op beslag gele> daar moes toe al gekyk geword het na amminisie in die magasyn en kamer. Daarna ingedien as bewysstuk na nog n be ampte toe die ondersoekbeampte moes dit teminste een keer in sy hande gehad het en wat van n forensiese beamte, Toe is die wapen na die hof vervoer en na al die hantering gaan daar n skoot af en tref die aanklaer ! Nee hier is n slang in die gras!

Blommie ·

Ag wat n FLOU verskoning vir mense se gebrek aan kennis.
N geweer LAAI homself beslis NIE en trek ook beslis nie self sy eie sneller nie.
Dis belaglik dat swo iets gebeur in n hof, maar dis omdat daar al meer onkundige mense aangestel word in plekke waar hulle nie HOORT nie.
So onregverdig dat enige mense so onodig moes sterf en dis bloot n geval van OOPS.
RIV en sterkte aan die wat agter bly

marous ·

Wat se verskoning gaan daar nou uitgedink word vir die sotlike optrede ?

Geitjie ·

Dom Astrant, ek stem 100% saam met jou, dit is onbevoegde polisie beamptes wat nie hulle werk deeglik gedoen het nie. GUNS DON’T KILL PEOPLE, PEOPLE KILL PEOPLE…. My innige simpatie met die familie.

Forie ·

Sjoe, dis verskriklik hartseer. Onskuldige mens haar lewe verloor vir onbevoegde SAPS. Wie gaan nou aan gekla word vir haar moord. Dit was opsetlik gedoen, deur soveel hande en niemand het kyk of die wapen veilig is nie…….!!!! Sterkte aan haar dogter, familie, vriende.

SjN ·

Hoe en deur wie is die vuurwapen hanteer nog voor dit as bewys stuk hof toe geneem is, ek dink daar is n storie agter die storie, die regsgeleerde het dit beslis nie verdien nie, mag die skuldiges aan die pen ry.

Jan ·

Ek staan onder korreksie maak ek het op ‘n ander ple gesien dit het uit haar hande geval, afgegaan toe dit die grond tref en haar been getref. Nogsteed baie nalatig van SAPD om nie eers veilig te maak nie – 101 van vuurwapen kennis

Adel ·

Innige simpatie met haar geliefdes.

Kan nie help om te wonder of dit regtig “per ongeluk” afgegaan het nie……. Hoe anders kan daardie vuurwapen deur soveel hande gaan en niemand kyk eens of daar nog ammunisie in is nie of op ‘safety’ gestel is nie…… Iets maak net nie sin hier nie.

Petrus ·

Stem saam met kommentaar. Ons is in Weermag geleer om absoluut seker te maak, deur Wapen te span, sodat daar géén Patroon in “kamer” is.. maar wat, niks is meer snaaks in die Land.

Marius ·

Gou reel wapen moet altyd beveilig word as hy hande wissel.

Dorotie ·

Moenie worry nie julle. Die saak is nou afgehandel, in die koerant en als, nou is dit tjoef tjaf en alles is verby. Die skuldige was gesoek maar nie gevind nie.

henk boshoff ·

Nie die vuurwapen se skuld nie,wel die onverantwoordelike persoon wat moes gesorg het dat die wapen ontlaai was.Gronde vir kriminele klagte en siviele eis

jakes ·

Dit is uiters tragies dat so n simple fout die vrou se lewe gekos het en ons innige medelye met haar gesin en familie. Dit is egter nie verbasend nie want onbevoegdheid is n siekte in ons samelewing.

Advokaat ·

Dit is regtig tragies. En dat die vuurwapen nou blameer word is nog meer tragies. As ek haar familie is, dagvaar ek die staat.

Frans C ·

Van wanneer af word ‘n gelaaide vuurwapen as ‘n bewysstuk in ‘n hof toegelaat?

Gerhardt O ·

Absoluut tragies. Dit bring ernstige vrae oor die SAPD se opleiding mee.

Swanna ·

Daar moet ‘n ondersoek van moord plaasvind want soos daar beweer word is dit ‘n haelgeweer. Elke wapen of sal ek sê meeste wapens het ‘n veiligheids knip en die feit dat in ‘n sak was maak dit nog meer agterdogtig. Met sie se saak was sy besig waar so ‘n vuurwapen betrokke is. Hier is ‘n vet stinkende rot wat rondloop.

Miemie ·

@Lizelda, Netta ek het presies aan dieselfde gedink. Mens kan net wonder. My innige simpatie met die familie, en vriende.

Miemie ·

@Andre ek moet saam met jou stem. Dit is n anakonda nie net n klein slangetjie nie.

Charms ·

Sy is in heup geskiet maar Artikel ees “BESWYK AAN WONDE”. Verstaan nie mooi nie

PJC ·

Legens hierdie vrou is raak geskiet omdat die betrokke polisie te onnosel was om die wapen te beveilig en nie ń lid van die publiek nie. As gevolg van sulke onbevoegde polisie is dit nodig dat die publiek wapens moet hê om hulself te beskerm teen skurke met wapens wat hul baie kere bekom by die polisie en selfs die weermag.

MMB ·

@Legens.Jy het nie ñ idee waarvan jy praat nie!!!!Ek is ñ 37jarige vrou wat permanent met my wapen aan my sy rondloop.
En ek ken en weet hoe my vuurwapen werk
Oor ek nie sal toelaat dat iemand my of my 2 dogtertjies sal seermaak nie!!
En ek sê reguit,geen stok of knop-kierie gaan ons beskerm nie!!!
Dit is beslis nie vir my lekker nie,nie hoe ek groot geword het of wil wees nie.
Probleem in die land is al die onbevoegde polisie beamptes en kriminele wat doen en wegkom met wat hulle wil
So ek dra my vuurwapen om myself en my kinders te beskerm.Ry elke dag 60 plus km op pad,en ek sê reguit die hele bleddie spul is wetteloos,uittartend en voel ñ veer vir jou lewe.So hoop jou knop kierie help
Net jammer dat kriminele dit weereens reggekry het om ñ onskuldige mens te moor!!

Tinus Coetzee ·

Kom ons kyk bietjie wie almal skuld het aan hierdie advokaat se dood.
Daar moes n ketting vuurwapen beveiligings handelinge plaas gevind het.
Die lid wat die wapen gevind het moes dit beveilig, die aanklag kantoor sersant na ontvangs van die wapen.
Die SAP 13 klerk na ontvangs en die SAP hof ordonans met ontvangs van die wapen voor die hof verigtinge begin het.
Nie een van die manne het die basiese veiligheids drills sover dit vuurwapens aangaan nagekom nie.
Kla almal aan vir strafbare manslag.

LHS ·

Gaan verder, daar moes tog balistiese toetse op die wapen gedoen gewees het as dit in n plaasaanval gebruik was.

Ronel ·

En wie se nalatigheid is dit, en gaan dit net onder mat gevee word. Sterkte aan die familie!!

Gert ·

Die gemiddelde haelgeweer het nie ‘n magasyn nie. Die persoon wat die oorspronklike arrestasie gemaak het, het dalk die wapen nie beveilig nie aangesien dit dalk vir vingerafdrukke moes gaan, en om ‘n haelgeweer te ontlaai is moeiliker as ‘n wapen met ‘n magasyn Toe die wapen in die 13 stoor ingeboek was, moes die wapen en enige ammunisie apart ingeskryf word, na die wapen beveilg is. Maar ja, dis nou ‘n klassieke geval waar almal vir almal gaan blameer.

Arno Scheepers ·

Die aanklag moet moord wees met twee Mede-beskuldiges….die hoof van die polisie en die minister van polisie. Onbevoegdheid in die polisie is hulle skuld en hulle moet boet daarvoor.
Dit is tragies dat n onskuldige vrou haar lewe moet verloor op so n manier.
Baie sterkte aan haar dogter.

Natascha ·

Hoe hanteer jy n vuurwapen wat nie beveilig is nie???? Was dit nie die polisie se plig om seker te maak die vuurwapen is veilig om te hanteer nie, Dagvaar die verdomde Polisie vir nalatigheid.
Sterkte aan die familie, Mag God jul bystaan deur die moelike tye.

Db ·

Innige simpatie met die familie. Hierdie wese wat verantwoordelik was om die wapen te beveilig gaan ‘n vet bonus kry. Hy het dit reggekry om nog iemand uit te haal. Wonder hoeveel die omkoopgeld was om daardie wapen in die hof in te bring

Attie. ·

n Praktiserende vroue advokaat van 63 se lewe is na my mening minstens R10 miljoen werd. Die polisie het die geld en moet maar net gedagvaar word. Net in SA kan so iets gebeur. Dit is een van die grootste skandes wat nog in die land plaasgevind het. My simpatie aan haar gesin.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.