Advokaat sterf ná skoot in hof

Adv. Addelaid Ferreira Watt en haar dogter, Lindsay. (Foto: Facebook)

ʼn Senior staatsadvokaat van KwaZulu-Natal is Maandag dood toe ʼn skoot per ongeluk in die hof afgevuur is. Adv. Addelaid Ferreira Watt (63) het gepraktiseer in die Umzimkhulu-hof naby Pietermaritzburg. Volgens ʼn verklaring deur die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn vuurwapen wat as bewysstuk in ʼn saak van huisroof ingehandig is, per ongeluk Maandag in die hof afgegaan. Volgens die polisie het die skoot Watt in haar linker heup getref en sy is net na 15:00 per ambulans na ʼn hospitaal geneem. Sy het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

“Dis ʼn verskriklike ding wat gebeur het. Sy was so ʼn spesiale mens. Opreg, eerlik en sy het lynreg geloop,” sê Watt se jare lange vriendin, Elsabey Luus. Luus sê Watt het Sondag vir haar gesê dat sy “moeg voel”.

Luus vertel Watt het veral ʼn spesiale verhouding met haar dogter, Lindsay Watt, gehad. Dié is verloof en sal volgens Luus volgende jaar trou. “Nou sal sy dit sonder haar ma moet doen.”

Op haar Facebook-blad skryf Lindsay: “ʼn Ma, ʼn vriendin en ʼn ongelooflik dinamiese en veerkragtige vrou. Rus in vrede. Ek sal jou nooit vergeet nie. Jy het ʼn deel van my lewe gevul met liefde, humor en ʼn wonderlike band. Ek gaan jou verskriklik mis. Baie lief vir jou.”

Lindsay het nie op verdere vrae van Maroela Media gereageer nie. Maroela Media wag ook nog vir die Nasionale Vervolgingsgesag om kommentaar te lewer op die voorval.

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

119
Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

105 Kommentators

119 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nettie

Liewe land, was die vuurwapen nie veronderstel om “veilig” gemaak te wees (m.a.w. die veiligheidsknip OP) nie? En die dame het beswyk aan haar WONDE – een koeël, meervoudige wonde? Ek vra maar net.

Innige meegevoel aan die dame se dogter, familie, gesin en vriendekring.

Sandra

Joh! Moes daar nie seker gemaak wees dat die wapen nie gelaai was nie? Iemand is in die sop!, so jammer dat ‘n onskuldige persoon as gevolg van nalatigheid moes sterf.

legens

en kyk nou weer . die soveelste dood agv `n vuurwapen in die laaste week alleen . haal die wapens uit die hande van die burgery en plaas `n algehele verbod op die besit daarvan .
en ja , dit sou nie gebeur het as dit `n mes , of knopkerrie of bottelkop was nie .

JK

Wie okal se werk dit was om die vuurwapen te beveilig vir die hof was nalatig, en moet aangekla word van minstens strafbare manslag.

Werner

Dit is wat gebeur as 99% van die polissie onbevoeg is om n wapen te hanteer