Advokaat vas oor beweerde korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Advokaat wat in hegtenis geneem is in verband met korrupsie, is Dinsdag in die Orkney-landdroshof in Noordwes vrygelaat op borgtog van R2 000.

“Adv. Lentswe Sydney Tlhagwane (51) het na bewering ʼn Mosambieker gehelp om ʼn Mosambiekse paspoort te bekom,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die Mosambieker is tans in aanhouding nadat hy verlede week in hegtenis geneem is in verband met renosterstropery. Hy is na bewering deel van die renosterstroopsindikaat wat verlede week oopgevlek is toe 12 verdagtes, insluitend drie polisiebeamptes, in hegtenis geneem is.”

Tlhagwane moet weer op 26 Januarie 2016 in die hof verskyn.

Mulaudzi het gesê in die renosterstroperysaak is drie polisiebeamptes vrygelaat op borgtog van R500 elk, en ʼn man van China is vrygelaat op borgtog van R20 000. Een van die verdagtes het skuld erken. Sewe verdagtes is steeds in aanhouding. Hul aansoeke om borgtog sal teengestaan word. Hulle moet Donderdag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Griki ·

Wonder of hy deel van die sindikaat is? Ek hoop die waarheid kom uit. Hy’s waarskynlik betaal met (renoster)bloedgeld.

Johan van Wyk ·

Wat ‘n patetiese voorbeeld vir potentiele regslui en ander mense in die regs beroep ! Die betrokke lid mag nooit weer praktiseer nie !

Piet Snot ·

Iemand het eenkeer ‘n prokureur gevra of hy nie bedreig voel met al die mense van allerhande kante wat nou die regsberoep betree nie.
Sy antwoord: “Nee wat, as ek met een van daai manne te doen het, weet ons albei wie die beste prokureur in die vertrek is”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.