
Die Tshwane-metroraad het met ‘n aggressiewe veldtog begin om wanbetalers in die stad voor stok te kry. (Foto: Tshwane-metroraad/Twitter)
Die Tshwane-metroraad het ʼn “aggressiewe” en ongekende skuldinvorderingsprogram van stapel gestuur om agterstallige skuld in te vorder. Amptenare het vandeesweek begin om wanbetalers, waaronder hotelle, winkelsentrums en verskeie staatsdepartemente, se dienste op te skort.
Tshwane se skuldboek staan tans op R17 miljard weens staatsdepartemente, ambassades, sakeondernemings, voorstedelike inwoners en ander entiteite se versuim om vir hul munisipale dienste te betaal. Die skuld maak dit moeilik vir die stad om sy verpligting na te kom om noodsaaklike en basiese dienste aan inwoners te lewer.
Today, 09 Feb 2022, the City will continue with its aggressive and unprecedented revenue-collection campaign by disconnecting services to customers whose accounts have been in arrears for more than three months.
Do the right thing#CoTRevenueCollection#TshwaneYaTima pic.twitter.com/AJhgitJNOZ— City of Tshwane (@CityTshwane) February 9, 2022
Die metroraad sê nadat sy herhaalde pleidooie aan klante om hul munisipale rekeninge betyds en ten volle te vereffen op dowe ore geval het, het die stad begin met ʼn veldtog om sy skuld in te vorder deur die krag af te sny. Daar is begin met ondernemings en staatsdepartement in die middestad, Sunnyside en dele van Centurion wie se rekeninge agterstallig is.
Inwoners in woonbuurte skuld die stad sowat R8 miljard, sakeondernemings skuld R4 miljard en staatsdepartemente en ambassades sowat R1,3 miljard.
Tshwane ga e fele moya! #TshwaneYaTima! Now at the Commercial Crimes Court. They are owing us R 2,2 million for electricity. #CoTRevenueCollection pic.twitter.com/L2xh1yufbG
— City of Tshwane (@CityTshwane) February 9, 2022
Beamptes van die Tshwane-metropolisie vergesel amptenare wat nutsdienste afsny.
Van die ondernemings wie se krag afgesny is, is die bekende Sheraton-hotel, wat die metroraad R23 miljoen skuld, en die Morning Star Express Hotel, wat die stad R573 667,86 skuld.
“Die Sheraton-hotel is in duisternis gehul,” het ʼn twiet van die Tshwane-metroraad gelui.
We mean business! Sheraton Hotel in the dark. Make arrangements to pay your account before you find yourself in the dark. Sheraton Hotel is owing us R23 million. #TshwaneYaTima pic.twitter.com/a14kUfBASQ
— City of Tshwane (@CityTshwane) February 9, 2022
ʼn Gebou van die departement van water en sanitasie se agterstallige skuld beloop R1,3 miljoen en dit is afgesny, terwyl die Club Crossing-winkelsentrum se skuld R2,4 miljoen vir water en elektrisiteit beloop.
Die Ditsong-museum is voor stok gekry oor sy agterstallige skuld van net meer as R294 000, terwyl die vloot se hoofkantoor – weens agterstallige eiendomsbelasting van R3,1 miljoen – se krag ook afgesny is.
Die Lyttelton-winkelsentrum was gister reeds in die pekel oor sy skuld, terwyl Tacora Investments wat onder meer die Lakeview-sentrum in Centurion bestuur, ʼn boete van R620 000 opgelê sal word nadat daar glo met die stad se infrastruktuur gepeuter is.
[HAPPENING NOW] The City’s debtors book currently stands at over R17 billion with national government departments, embassies, businesses and residents failing to pay. The City is now disconnecting services to all. #CoTRevenueCollection #TshwaneYaTima @CityTshwane pic.twitter.com/8l9FQDX5Bo
— Executive Mayor, Randall Williams (@tshwane_mayor) February 9, 2022
Volgens die stad gaan hy volgende week op komplekse en landgoedere konsentreer, voor hy sy visier op woonbuurte gaan stel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Dis hoog tyd!
Die gewone huiseienaar dra al vir jare die las. Genoeg is genoeg.
wanneer begin julle by johannesburg asb
En wat van die rekeninge wat NOGSTEEDS verkeerd is en GEEN poging van COT om dit reg te maak nie. Verwag julle nou wraggies `n huishouding moet R1 miljoen betaal en later sal julle regstellings maak????? Nee, eers wanneer COT hulle rekeninge uitgesort het, kan mense sê dis hoog tyd, maar beslis nie soos dit nou staan nie
Mooi so. Roer hulle.
Begin by Soweto