Afdanking oor inenting was regverdig – KVBA

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het bevind dat ʼn maatskappy wat ʼn vrou afgedank het omdat sy geweier het om teen Covid-19 ingeënt te word, regverdig opgetree het. Daarvolgens is haar afdanking bekragtig.

In ʼn arbitrasietoekenning wat op 21 Januarie gemaak is, het Lungile Matshaka, die kommissaris van KVBA, beslis dat Theresa Mulderij se afdanking deur die Goldrush-groep “wesenlik regverdig” was.

Mulderij het die maatskappy KVBA toe gesleep omdat sy die regverdigheid van haar afdanking bevraagteken. As vergoeding het sy ʼn heraanstelling of maksimum vergoeding geëis.

Mulderij was sedert 2018 in diens van die maatskappy as ʼn opleidings- en sakeverwante beampte en is in Oktober afgedank.

Luidens die arbitrasietoekenning het die maatskappy se uitvoerende komitee verlede jaar ten gunste van ʼn verpligte inentingsbeleid gestem. Voordat die beleid ingestel is, het die bestuur van die maatskappy oor die bestek van drie maande met werkers en hul vakbonde beraadslaag.

“Die werkers het die ontvangs van die verpligte beleid bevestig, asook dat dit aan hulle verduidelik is en dat hulle dit gelees het. Werknemers is ook die geleentheid gegun om aansoek om vrystelling te doen. Die maatskappy het aangedui dat die inentingsbeleid ingestel is om werkers se gesondheid te beskerm,” lui die arbitrasietoekenning.

Volgens die toekenning het Mulderij egter besluit om nie aan hierdie beleid te voldoen nie, aangesien sy nie van plan was om teen Covid-19 ingeënt te word nie. Haar dokter het ook geweier om haar medies ongeskik te verklaar.

Sy is op 28 Oktober elektronies dissiplinêr verhoor en gevolglik afgedank. Dit is oor dié bevinding dat Mulderij haar tot die KVBA gewend het.

Mulderij het in haar getuienis aangevoer dat dit haar grondwetlike mensereg is om die inenting te weier. Sy het ook aangedui dat sy sosiale en emosionele druk ervaar het om tussen die entstof en haar werk te kies.

Na aanleiding van getuienis wat voor die kommissaris gedien het, het Matshaka egter bevind dat Mulderij permanent onbevoeg is op grond van haar besluit om nie ingeënt te word nie en dat sy ook weier om te help om ʼn veilige werksomgewing te skep.

“Mulderij se werk is om met kliënte én medewerkers om te gaan en is van só ʼn aard dat sy nie na ʼn ander pos geskuif kan word nie,” lui die bevinding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Johan ·

Wat van hulle Tubac? Hulle is seker ingespuit en dus beskerm?

Marius ·

Die inentingsbeleid is ingestel om die werkernemers se gesondheid te beskerm ? Regtig ? Ek sal eerder sê die maatskappy gee niks vir sy werkers om nie en die ccma ook nie.

Natasha ·

Nee lees my antwoord. Sy moes aansoek doen vir vrywaring en sy het nie die reels wat sy voorheen aanvaar het, gevolg nie.

Tubac ·

N,Help nie om asem te mors nie. Die wat nie wil na rede luister nie, sal beslis nie luister nie. Ek raak bekommerd as ek sien hoe oningelig baie van ons is.

Shakespeare ·

Watse etniese groep is Mulderiji ? Never heard of this surname in my life.

Amelia ·

Ek vermoed dis ‘n spelfout. Google sê vir my Mulderij is wel ‘n van, sonder die addisionele i aan die einde.

Megan Swart ·

Dagsê Amelia
Ons vra om verskoning vir die tikfout. Dit is inderdaad Mulderij. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Samuel ·

Probably from Dutch descent, but what has this got to do with ethnicity??

Emile ·

Ek Stem glad nie saam met hierdie uitslag nie en hoop sy kan iemand goed kry om haar te verteenwoordig

piet ·

Sy is reeds verteenwoordig. Dit was arbitrasie. Beslissing is finaal.

krodedil ·

Daar is nog baie ander opsies. Daar is nog ‘n siviele hof.

Pierre ·

prosese was gevolg, arbitrasie uitslag is bindend sterkte met siviele eis

piet ·

Kan nie appelleer teen die beslissing nie maar kan ‘n hersieningsaansoek bring by die Arbeidshof. Die toets is dat ‘n ander besluitnemer (arbitrator) nie redelik tot so ‘n besluit sou kom soos wat die arbitrator gekom het nie. Die arbitrator moes dus onredelik opgetree het (soos byvoorbeeld om getuienis wat inag geneem moes word nie inag te neem nie). So ‘n aansoek sal nie maklik slaag nie juis omdat dit nie ‘n appelaansoek is waar die feite (weer) op meriete oorweeg word nie. Kanse om die beslissing om te keer is maar gering.

Karina ·

Sy gaan 2de kom en haar werk het alle reg om haar af te dank

Natasha ·

Ek dink baie mense verstaan nie die proses rerig nie.
As sy nie wou ingeent word nie, moes sy aansoek doen om vrywaring, sy het versuim om dit te doen. Sou sy dit doen, het sy nog n kans gestaan. Maar na sy die nuwe werks beleid aanvaar het, het sy nie die reels gevolg nie. En dit is waarom sy nie n voet gehad het om op te staan by die CCMA nie.

Sy sy al die nodige prosedures gevolg het en die reels en vrywaring prosedures gevolg het, was dit n ander storie.

piet ·

Sy het nie ‘n geldige mediese rede gehad om nie in te ent nie. Sy was ook in ‘n pos waar sy met kliente in aanraking kom en die maatskappy kon haar nie in ‘n ander afdeling akkommodeer nie.

Johan ·

Wat van n geldige rede om mense in te spuit…daar is geen.

Johan ·

Piet nou wat sal n “geldige” rede wees. Julle wil niks hoor nie. Jou reg om nie proefkonyn te wees nie behoort genoeg rede te wees.

Misky ·

“Permanent onbevoeg”???? Huh, hoe is sy nou permanent onbevoeg bevind?

Faraway ·

Inenting verhoed geensins dat ander om jou nie siek word nie , volgens media vehoed dit net dat jy nie ernstig siek word of sterf nie . . . so dit maak nie sin vir my wat hier gebeur het nie
Hoop daar is n Prokureur iewers wat Pro bona die saak verder gaan vat!

piet ·

As jy ingeent is, is jou kanse minder om die virus oor te dra (omdat minder ingeentes siek word in die eerste plek) en ook om self siek te word. Gaan alles oor verlaagde risiko. Oningeentes se kanse is groter om self siek te raak en so ‘n las vir die werknemer te word met meer afwesigheid vanaf die werk. Oningeentes het ook ‘n groter kans om ingeentes en oningeentes te besmet wat beteken meer mense moet isoleer weg van die werk af (al word hulle nie noodwendig siek nie) want hulle is geinfekteer.

Tubac ·

Ons maar moet sien hoe hulle verby veiliheids wetgewing gaan kom.

Gerhardus ·

Die CCMA se besluit is nie die einde nie. Daar is die “Constitutional Court”. Die maatskappy hét mos ‘n Covid beleid gehad, vóór die verpligte inentings, wat “social distancing”, maskers en “hand sanitizer” ingesluit het. Dit was effektief.

Die afdwing van die entstowwe is in Amerika as ongrondwetlik bevind/verklaar. Dieselfde sal by ons gebeur. Die saak moet net voor die Grontwetlike Hof verskyn. Daarna hoop ek dat daar opgetree gaan word teen al die bedighede, instellings en persone wat die inentings afgedwing het.

tweeling ·

Die Grondwet hof is nie die alfa en omega vir beslissings nie. Sy het die reëls van die maatskappy oortree en betaal nou die prys daarvoor.

Johnny ·

Die Appélhof is die hoogste gesag in die land. Die Grondwethof is net daar om oor sake met ‘n grondwetlike implikasie te beslis. Die nie ‘n hoër hof as die Appélhof nie, en kan nie alle appélhofbeslissing stersyde stel nie.

tweeling ·

Gaan lees bietjie geskiedenis van die mensdom dan sal jy sien daar was altyd verdeeldheid in die mensdom en voor die tyd van sosiale media nog baie meer in verskillende dele van die wêreld

Heinrich ·

Het gehoor die saak word reeds verder geneem vir haar. Die logika is absurd, die entstof vrywaar jou nie van aansteek, hospitalisasie of die dood nie en kan newe-effekte tot gevolg hê. Hoe maak dit jou werksplek veilig?

piet ·

Verhoog die risiko dat meer mense geinfekteer word en vanaf die werk moet bly. Die maatskappy moet sy risikos bestuur.

Tubac ·

Heeltemal korrek. Blykbaar word ander werknemers se regte nie in ag geneem nie.

Martie ·

“Permanent onbevoeg” bloot omdat sy nie die inenting wou neem nie
… waar in die lewe het jy al sulke nonsens gehoor??
Daar is steeds ‘n miskonsepsie dat die inenting mense 100% teen Covid beskerm. Wanneer sal die mensdom wakker skrik en besef vax en al, jy kan dit steeds kry!

Boris ·

Van wanneer af bevind die CCMA ‘n persoon medies ongeskik om te werk? Ek het nog altyd gedink dit is ‘n dokter se werk, maar die betrokke dokter sê sy is geskik vir werk. Ek sien ‘n hofsaak op die horison.

Oom Kaspaas ·

Wel soos ek ‘n vorige keer gesê het. Die Health and Safety Act sê die werkgewer is verantwoordelik om almal veilig te hou, so as ent bewys is as een van hulle veiligheidsmaatreels dan is daar nie stry daarteen nie veral as daar nog ‘n tri-partydheid ooreenkoms gesluit is dan is die grondwet glad nie meer ten sprake nie. Wat die onbevoegdheid aanbetref as die maatskappy se minimum mediese vereistes vereis dat jy geent moet wees en jy is nie is jy tegnies “medically unfit” om jou werk te doen al makeer jy niks.

Alida ·

Liewe Maroela, die CCMA het ‘n Afrikaanse afkorting – die KVBA.

Alida ·

Dit werk so, Heinrich. As ek of een van my geliefdes hospitaal toe moet gaan weens ‘n hartaanval of blindedermontsteking, en ek kan nie want die hospitale lê vol siek Covid-pasiënte wat nie ingeënt is nie en by hulle werkplek aangesteek het, het dit beslis ‘n invloed op my gesondheid. Dit is dalk nie op my werkplek van toepassing nie, maar wel op my toegang tot mediese sorg wanneer ek dit nodig mag kry.

Pieter ·

Wag so bietjie. Die CCMA skep nie presedent. Hierdie saak gaan heel moontlik geeskaleer na die arbeidshof omrede regskenners reeda van mening is dat daar growwe prosedurele asook interpretasie foute gemaak is. Wag dus maar eers vir die arbeidshof uitspraak. Dit is nog nie ‘n gehewe presesent waarop werkgewers kan terugval nie. Hou die spasie dop, hier kom nog groot probleme vir werkgewers wat nou dink hulle het die reg aan hulle kant.

Yolandie ·

Jy is korrek Pieter. Schalk vd Merwe spreek hierdie saak spresifiek aan in 2 videos veral omdat die saak om verskeie redes nie korrek is nie. Dit is maar net snaaks hoe die media hier op die perdtjie spring om te berig aan die hele SA iemand is nou afgedank omdat hulle nie wou ent nie. Dit alles om die werkerskorps van SA met vrees te vervul. Hier kom nog baie verwikkelinge, en ek sou as ek werkgewers is maar kat voet wees met hierdie hele aangeleentheid van verpligte inenting afdwing op werknemers.

Andre ·

The government conveniently, intentionally and deliberately failed to address employers who unlawfully mandates compulsory policies which demanded from their uninformed employees to be unknowingly participating in Synthetic Genetic Experiments being performed on Humankind. The government kindly and conveniently allowed these unconstitutional and unlawful labour practices to do the dirty work on their behalf by allowing employers to be forcing Human Experimentation onto their employees. No Jab – No Job. This is a serious war crime against humanity.

Yolandie ·

You are correct……and very soon the truth will come to light. This is a serious crime against all of humanity and the madness must END!!! Employers falling for this compulsory vaccination policy nonsense do so with no backing from Government. Mandatory vaccination is a LAW in this country and therefore it cannot be enforced and Government knows it!!!!

Dirk Mostert ·

Daar gaan ‘n lang tou by die Internasionale Kriminele Hof wees. Presidente, ministers, ens.

Frik ·

Hierdie uitspraak dat sy permanent ongeskik verklaar word om te werk is glad nie korrek nie.
Werkgewers kan nie hul werkers dwing om die inspuiting te vat nie, nog minder afdank as hul weier om die inspuiting te vat.
Dis ongrondwetlik en daar is nie arbeidswetgewing wat dit wettig maak nie.
Hierdie saak moet deur Arbeidshof aangehoor word, waar daar dan geregtigheid sal geskied, want dit kan nie so gelaat word nie.
Hoe kan CCMA so bevinding maak?
Dis belaglik!

Tubac ·

Gaan lees artikel 8 van die Wet op Beroepsgesonheid en Veiligheid. Werkgewer se pligte rakende gesondheid en veligheid by die werkplek. Lees ook die werknemers se pligte onder die wetgewing.

VanAfrika ·

Dis absurd, sy het niemand in gevaar gestel nie want sy het gemasker, gesanitize en social distancing gedoen. CCMA en daai maatskappye se argument dra nie gewig nie. Wat doen ons nou as CCMA teen ons gekant is.

Pieter J ·

Ek dink baie werkgewers is in hul noppies oor hierdie besluit want dit gaan vir hulle ń geleentheid bied om van sommige werknemers ontslae te raak. Vir die wat wel ingeënt is en van wie hulle ook ontslae wil raak sal daar wel ń rede gekry word.

MakersMark ·

Werkgewers baie bly oor die besluit meer sal hul beleid nou implementeer.

Samuel ·

Wat is regverdig daaraan om iemand af te dank omdat sy weier om ‘n eksperimentele inentingstof in haar liggaam te laat spuit?? Ek weet MM ek volg nie julle narratief nie!!!? Ek het ook my eie opinie.

Voor die inentery was sosiale afstand en handreiniging effektief; dit het gewerk!! Psst. Inenting is nie die Alfa en die Omega van Covid nie. Ek hoop hierdie saak gaan verder gevoer word en ten gunste van me. Mulderij.

LANA is ELANè ·

Hierdie saak gaan nou natuurlik die waterskeidingsaak wees as daar beslis moet word vir die sg ent mandate.
Die werknemer se regte op liggaamlike integriteit word vir die 1ste keer in die gesk vd CCMA as “null and void” verklaar.
Gekkeparadys waarin ons onsself bevind.

Jaco ·

Wit mense wat so baie te sê het teen verpligte inënting, moet baie vinnig van deuntjie verander. Ons is skaars 8% van die bevolking en daar word reeds teen ons gediskrimineer met regstellende aksie en BEE en ongelyke behandeling deur polisie en howe. Om ons af te dank omdat ons teen verpligte inënting is, is mos nou die ideale “nie-rassige” verskoning om van ons ontslae te raak. Hou net by die reëls, werk saam met die owerhede en bly stil. Dis hoe die Jode as.minderheidsgroep al vir eeue in verskillende lande oorleef het.

Tubac ·

Jaco, Wat van ander werknemers se regte in die werkplek of tel dit nie?

Trish ·

Hoog tyd! Verpligte inentings in die werksplek is niks nuuts nie. Jou grondwetlike reg is nie sonder gevolge nie. Ek wil nie meer saam met oningeente mense werk nie!

Pensionaris Sedgefield ·

En wanneer gaan jy dit in jou dik kop kry dat ingeënte persone jou net so maklik kan aansteek en dat die enigste persoon wat benadeel word deur ‘n inenting te weier die oningeënte persoon self is. Om watter rede het jy jouself dan laat inent? Jou arrogansie verstom my.

Dirk Mostert ·

Hoekom nie? Jy sal mos nie meer ernstig siek word nie. Gaan werk dan liewers elders.

Dirk Mostert ·

Korrupte beslissing. Hoop om die raad sowel as die werkgewer in die beskuldigdebank te sien in die nabye toekoms.

Jacques ·

“Mediese Fasisme” ……. ek het nooit gedink ek gaan lank genoeg leef om hierdie iterasie van die onderdrukkende fenomeen te beleef nie.

Benico ·

Handing down judgment, Matshaka said:
“In my own sense of fairness, I can only conclude that the applicant is permanently incapacitated on the basis of her decision to not get vaccinated and, by implication, refusing to participate in the creation of a safe working environment.”

My O my ! Even for a non-legally-trained person like myself, the Obviousness of the Errors in this “judgement” is shouting from the rooftops!
1) A “judge” should not make a judgement based on “his own sense of …” BUT on what the law is !!!
2) the applicant CAN per definition NOT be incapacitated by not vaccinating !!!!
3) vaccination does NOT create a safe working environment !!!!!
… since covid is NOT dangerous (survival rate > 99%) and
… since the vaccination does NOT prevent infection NOR transmission

Benico ·

Bodily integrity is an EQUAL human right NOT to be made subject to the right of employment. (In other words the law states that you CAN NOT “trade” one human right on condition that another human right be denied.) NOBODY can “give” somebody else a human right … since we have them by default when we are born as humans … a human right can however be violated by another – which is against the LAW

AH ·

Myns insiens het die CCMA reg besluit. Almal is nou op die wa omdat die persoon se menseregte aangetas word. Wat van ons wat wel ten gunste is van die inentings? Wat van ons menseregte om by ‘n plek in te stap wetende dat die personeel met wie jy in aanraking kom wel alles in hul vermoë gedoen het om “veilig” te wees. Ek plaas die veilig in aanhalingstekens omdat inentings welliswaar niemand vrywaar om die siekte op te doen nie, maar darem nie blatante weiering is om te probeer verhoed dat die virus versprei nie. Ek persoonlik is hard geslaan deur Covid. Ek het alles, asook my man verloor deur Covid. Ek moes van vooraf begin. Ek het wel my inentings gehad maar hy het siek geword en gesterf nog voordat hy ingeënt kon word. As mens teen inentings is moet jy vooraf uitvind wat die maatskappy waar jy werk/wil werk se standpunt daaroor is. Kry dan vir jou ‘n werk waar jy met geen personeel of publiek in aanraking hoef te kom nie. Sodoende word jou menseregte nie geskend nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.