Afdanking van Eskom-man onwettig

Johan Dempers. Foto: Verskaf

Die arbeidshof in Johannesburg het bevind dat die afdanking van Johan Dempers, ’n Eskom-projekbestuurder, onwettig is.

Dit volg nadat Dempers, ʼn projekbestuurder by die Matimba- en Medupi-kragstasie, op 18 Oktober 2019 summier, sonder enige waarskuwing, uit Eskom Rotek se diens ontslaan is.

“Dempers en sy medewerknemers by staatsinstellings is onder beleg. Onbevoegdheid word daagliks verskans deur werknemers as die sondebokke uit te maak. Ons is verheug oor die uitspraak en sal nie huiwer om die onbevoegdheid van Eskom aan die groot klok te hang nie,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, in reaksie op die hofuitspraak gesê.

Die kragvoorsiener voer aan dat Dempers die uitvoer van sy pligte verwaarloos het en dat dit daartoe gelei het dat drie eenhede by die Medupi-kragstasie opgepak het. Dit is as een van die redes aangevoer waarom beurtkrag weer van 16 Oktober af ingestel is.

Eskom voer in die ontslagkennisgewing aan dat Dempers daarmee getaak was om te verseker dat 1 500 ton se steenkoolinvoer per uur gehandhaaf word.

Anton van der Bijl. Foto: Reint Dykema

Daar word aangevoer dat Dempers versuim het om dit te doen en ook nagelaat het om die saak by senior bestuur aan te meld toe hy sien dat die teikens nie gehaal gaan word nie.

Nadat die steenkoolvervoerband op 12 Oktober onklaar geraak het, is Dempers aangesê om toesig te hou oor die herstelwerk aan die vervoerband.

As deel van die noodmaatreëls wat ingestel is terwyl die band herstel moes word, moes 1 500 ton steenkool per uur per trok na die kragstasie aangery word.

Eskom Rotek het aangevoer dat Dempers versuim het om die 1 500 ton steenkool per uur aan Medupi volgens hul instruksie te lewer.

“Dempers is ná 31 jaar se getroue diens met ’n onwettige afdanking beloon terwyl hy wel sy plig doeltreffend nagekom het. Hy is veroordeel is vir iets wat nie sy verantwoordelikheid is nie.”

Van der Bijl voer verder aan dat die hof se bevinding dien as ’n waarskuwing aan Eskom dat Solidariteit nie die onwettige ontslag van onskuldige werknemers sal duld nie, en dat sy lede nie die blaam sal dra vir Eskom se eie onbevoegdheid nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leon Viviers ·

Baie geluk Solidariteit en dankie dat julle hard optree teen onbillikheid in die werksplek. Eskom behoort vir Mnr Dempers te vergoed vir die onbillikke en vernederende optrede wat sy goeie naam en diens oneer aangedoen het. Julle is tops.

Potjie ·

2de Persoon wat ek van weet wat onregmatig afgedank was. Die 1ste persoon was geteiken deur ñ saak wat teen hom gebou was en die besluit om hom af te dank was reeds besluit voordat hy homself kon verdedig tydens die dissiplinêre verhoor saak. Wanpraktyd van Eskom se kant af en nog ñ onskuldige persoon se lewe is verwoes deur ñ power hungry bestuurder.

Cherokee ·

3de Persoon.. Jakop Zoema. Hy het al die korrupsie. bedrog en ondermyning bewys.

Dries ·

Mooi man! Na 31 jaar diens is dit wat jy kry. Sterkte aan Mnr. Dempers

Ellisras ·

Dit is beslis nie die Solidariteit kantoor op Ellisras wat Dempers gered het nie. Hulle het al ‘n paar mense gruwelik in die steek gelaat. Dit is een van die redes hoekom Solidariteit se getalle by Grooteheluk so gedaal het.

Potjie ·

Sommige unies is bloot daar om die belange van die maatskappy te beskerm. Lede se geld is goed genoeg maar die lid se verdediging laat soms veel te wense oor.

Cherokee ·

As dit die waarheid sou wees, sou jy syfers kon verskaf. Jy verwag dat jou syferlose bewering geglo moet word? Sê met hoeveel die getalle gedaal het of aanvaar dat jy weg gelag sal word.

Bizza ·

Dankie Solidariteit vir alles wat julle doen. Ek is baie trots om ‘n lid van julle te wees.

Marlene van Dalen ·

Dankie Solidariteit, vir wat julle vir ons/almal doen, ek is trots op julle.

Ossie Olivier ·

Baie geluk aan Mnr. Dempers. Wel gedaan Solidariteit. Dit is voorwaar swak van Eskom / Rotek om sy werknemers te dwing tot litigasie.

Potjie ·

Ja Ossie, baie hulp was al gevra deur lede…sommiges wag nog steeds vir n reaksie. Ek weet van ñ hele paar lede wat hulp benodig…steeds het. E-posse word net gelees en toegemaak. Vergete.

E ·

Dankie Solidariteit. Ek hoop Mnr. Dempers kry ‘n goeie uitbetaling vir die skade wat hy gelei het. Onthou dit kan meer as 6 maande se salaris wees, maar vir sy eie gesondheid en geluk moet hy liewer nie terugkeer na Eskom nie. Die geboelie sal net erger wees en glo my ‘n mens se gesondheid vat ‘n knock. Ek wil net vir mense se asb. Sluit aan by solidariteit. Veral SAPD lede, want hulle het regtig nog duisende lede nodig.

Potjie ·

Louis, brul lekker. Hoop maar jy kom nooit voor so n vurk op jou pad nie. Dis regtig erg vir iemand wat onregverdig behandel word.

toy ·

Kyk die blaam kom altyd iemand anders toe behalwe die wat dit moet kry. Welgedaan Solidariteit.

Belinda ·

Geluk Solidariteit. Dis tyd dat die onregverdigheid in die land aangevat word. Ons verskaf die heeltyd en hul kyk hoe vinnig kan hul venietig.

Potjie ·

Solidariteit, hopelik kan julle ook uitkoms gee aan die nood van sommige Eskom werkers wat hulp gevra het.

Hans ·

Ek oordeel die rassekaart is hier gespeel om onbevoegdheid te verdiesel

Groot oog ·

Man ek dink nou sommer daaraan dat dit n man op n perd sal moet wees om 1500 ton steenkool per uur met tipper trokke in te ry. Neem aan een trok laai 30 ton kool dan het jy 50 trokke per uur nodig om die target te haal. Gesien uit n produksie oogpunt sal ek dit graag wil sien gebeur veral in die kort kennisgewing waarin Dempers moes voldoen.

Talie ·

Ja grootoog dit sal lyk spos m fast forward movie as daardie steenkool afgelaai word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.