Affies-hoof oor skoolpet-sage: ‘Ons kies die kant van 1 300 onskuldige seuns’

Afrikaans Hoër Seunskool (AHS) in Pretoria. Argieffoto

Ná sy aanvanklike swye het die hoof van Afrikaans Hoër Seunskool (AHS) in Pretoria, dr. Pierre Edwards, Vrydag openhartig met Maroela Media gesels oor die sogenaamde “pet-insident” wat die afgelope week groot opslae in die media gemaak het.

“Die 1 300 seuns wat tans in die skool is, is nou die slagoffers van die ongelukkige gebeurtenis in 2015 en die regstappe wat gedoen word,” het Edwards tydens ʼn onderhoud by die spogskool gesê. “Die skool en die regspan wat ons in die saak bystaan is dit eens dat dit ons verantwoordelikheid is om ons huidige leerlinge te beskerm teen die skewe beeld wat daar tans van die skool in die media geskep word.”

Maroela Media het vroeër berig Juané Slabbert, ʼn oudleerling van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, dagvaar 26 oudleerders (matrikulante ten tye van die voorval in 2015) van AHS in verband met ʼn WhatsApp-groep waarop sy glo gedreig en verkleineer is. Die groep is glo gestig nadat ʼn foto die lig gesien het van Slabbert wat ʼn Affies-pet by ʼn partytjie gedra het.

Slabbert, wat ten tye van die voorval 17 jaar oud was, is op die WhatsApp-groep bygevoeg, waar sy met kru taal sleggesê en met geweld gedreig is.

Slabbert eis onder meer R100 000 vergoeding van die skool en oud-leerlinge, onvoorwaardelike verskonings van al die jong mans en ingryping by die skool.

“Ons wil dit duidelik stel dat ons geensins ten doel het om die seuns se gedrag te verdedig nie,” het Edwards aan Maroela Media gesê. “Hiermee saam moet ek benadruk dat AHS se erekode uitdruklik stel dat Affies-seuns hul hoflik gedra teenoor alle mense, veral teenoor dames en volwassenes, en dat seuns deurlopend hieraan herinner word.”

Dissiplinêre stappe teen die seuns

 Dis eerstens belangrik om in ag te neem dat die betrokke seuns se optrede nie tydens skoolure of in skoolverband was nie, en dat die skool dus streng gesproke nie aanspreeklik gehou kan word vir die seuns se onvanpaste optrede nie, verduidelik Edwards. Ten spyte hiervan het die skool se beheerliggaam en regskomitee besluit om teen die seuns op te tree, aangesien die skool se beleid oor selfone en sosiale media duidelik stel dat “Affie-leerders onderneem om enige sellulêre telefoon … te gebruik sonder om … aanstoot te gee aan ander leerders, onderwyspersoneel of enige derde party of ʼn selfoon of elektroniese media te gebruik vir kuberteistering, -intimidasie of -boeliery”.

Die seuns is die dag ná die voorval in 2015 deur die adjunkhoof van dissipline, Peregrine Joynt, ingeroep. Joynt het sy teleurstelling in die seuns uitgespreek en hulle in kennis gestel dat hul optrede strydig met die skool se waardes was, en dat die skool stappe teen hulle gaan doen. Die leerders is hierna geleentheid gegee om self hul ouers te kontak en van die voorval in te lig voordat die ouers ʼn amptelike skrywe van die skool sou ontvang.

Maroela Media is in besit van die ernstige skriftelike waarskuwing wat die seuns hierop ontvang het, waarin die aard van die oortreding asook die strafaksie uiteengesit is: Die seuns wat aktief by die gesprek betrokke was, is elk gestraf met drie sessies detensie. Seuns wat slegs met grafika aan die gesprek deelgeneem het, het drie sessies detensie ontvang, waarvan twee opgeskort is.

Een van die seuns wat ʼn prefek was, asook een wat ʼn dirigent was, is van dié posisies onthef, terwyl ʼn derde seun wat reeds ʼn finale waarskuwing van die skool gehad het, van alle voorregte ontneem is. Dié “voorregte” sluit in die reg om, tydens matrikulante se afsluitingseremonie, oor die verhoog te stap en die klok te lui.

“’n Mens moet hierdie strawwe in die nodige konteks sien,” verduidelik Edwards. “Ingevolge die Skolewet is detensie een van die swaarste dissiplinêre stappe wat die skool teen ʼn leerling kan neem sonder departementele betrokkenheid. ʼn Leerling kan slegs geskors word deur die departement van onderwys. ʼn Mens moet ook in ag neem dat die seuns ten tye van hierdie voorval besig was om rekordeksamen te skryf, en dat almal van hulle hul detensie uitgedien het te midde van hierdie eksamen,” sê hy. “Weens die eksamen sou ʼn straf soos gemeenskapsdiens bloot onhaalbaar wees.”

Die departement van onderwys is deurlopend op die hoogte gehou van die verloop van gebeure, en het die skool gesteun in die dissiplinêre stappe wat gedoen is, aldus Edwards.

Hiermee saam is die ontneem van deelname aan die afsluitingseremonie aan die einde van die matriekjaar, waartydens elke matrikulant oor die verhoog stap en die klok lui, die “grootste vernedering wat enige leerder van Afrikaans Hoër Seunskool kan oorkom,” sê hy. “Iemand wat nie die Affies-kultuur ken nie, sal nie verstaan watter groot straf hierdie vir enige van ons skoliere is nie – dis asof sy reg om ʼn Affie genoem te word, van hom ontneem word.”

“Ons het werklik die strengste moontlike stappe teen die seuns gedoen wat ons kón binne die regte wat ons as skool en beheerliggaam het,” benadruk hy.

Plakkate met Afrikaans Hoër Seunskool se kernwaardes is op talle plekke op die skoolterrein aangebring. Foto: Maroela Media

Tradisie oor skoolpet

 Volgens mediaberigte mag die skoolpet nie deur enigiemand buiten huidige en voormalige leerders gedra word nie.

“Dis bloot onwaar,” sê Edwards. “Hoewel daar onder die seuns ʼn informele tradisie is dat slegs huidige en oud-Affies die pet mag dra, is daar geen bepalings in die skoolreëls oor die dra van pette, buiten dat dit deel uitmaak van seuns se ‘uitgaandrag’ nie. Seuns kan Vrydae die pet skool toe dra as hulle wil. Daar word ook van hulle verwag om hul pet te lig wanneer hulle ʼn dame groet.”

Skool se ‘weiering om saam te werk’

Gerugte dat die skool “geweier het om saam te werk” toe Slabbert se pa, Juan Slabbert, en ʼn familievriendin geklee in polisie-uniform, die skool op 13 Augustus 2015 besoek het om die aangeleentheid onder hul aandag te bring, is ook ontdaan van waarheid, sê Edwards.

“Mnr. Slabbert was uiters ontsteld oor die voorval. Ek het hom verseker dat ek begrip het daarvoor, aangesien ek self die pa van twee dogters is,” sê Edwards.

Toe Slabbert daarop aandring dat die betrokke seuns ontbied word sodat hy hulle kan konfronteer, het Edwards egter geweier. “Volgens die Skolewet het die betrokke leerder sekere regte waarop ek as skoolhoof, in loco parentis, moet ag slaan,” verduidelik hy in ʼn beëdigde verklaring wat in Maroela Media se besit is.

“In die ouers se afwesigheid is ek verantwoordelik vir dié minderjarige seuns, en ek sou die wet oortree het indien ek hulle ontbied het,” het hy aan Maroela Media verduidelik.

Die skool het ook, volgens mediaberigte, “geweier” om die betrokke seuns se kontakinligting aan Slabbert se regsverteenwoordiger te verskaf. “Die wet verbied die skool om sulke inligting oor ons leerders aan enigiemand bekend te maak,” sê Edwards. “Nie net word die leerders se privaatheid en persoonlike inligting deur die POPI-wet beskerm nie – hulle was ook ten tye van die voorval minderjariges. Ons het dus hier ook bloot streng binne die bepalings van die wet opgetree.”

Hersiening van skool se gedragskode

 Volgens departementele vereistes word AHS se gedragskode vir leerders gereeld hersien en aan die departement van onderwys voorgelê, sê Edwards. Bewerings in die media dat die skool se gedragskode nou deur ʼn “span sielkundiges” nagegaan sal word, is onakkuraat.

“Ná die voorval in 2015 het AHS die kundigheid van adv. Conrad Acker, ʼn spesialis in onderwyswetgewing, gekonsulteer oor die skool se gedragskode. Op sy aanbeveling het ons ʼn proses van herstellende geregtigheid deel gemaak van die skoolbeleid,” sê Edwards.

Dit sou voorsiening maak daarvoor dat ʼn oortreder en ʼn benadeelde, met die hulp van ʼn fasiliteerder, oorkant mekaar sit in ʼn formele gesprek om ʼn oortreding deur te praat en geleentheid te skep vir die oortreder om verskoning te vra. “Ons het dié stap uit eie inisiatief geneem, selfs nog voor Sanja Bornman van Regslui vir Menseregte [wat Slabbert bystaan] by die saak betrokke geraak het. Ons het dus baie moeite gedoen om seker te maak die skool se gedragskode maak voorsiening vir die hantering van enige sulke voorvalle in die toekoms,” verduidelik hy.

Volgens Edwards het AHS ʼn goeie verhouding met die departement van onderwys, en is die skool nie ingelig oor die “span sielkundiges” wat die skool se gedragskode gaan hersien of die afgevaardigdes van die departement wat die skool gaan besoek om ondersoek in te stel na die kultuur van die skool nie.

Edwards ontken ook bewerings deur Bornman dat die skool sedert 2016 die saak teengestaan het, en geweier het om te erken dat enigiets verkeerds gedoen is of om enige aanspreeklikheid te aanvaar.

“Ek het mnr. Slabbert wel direk ná die voorval aangeraai om dit sover moontlik uit die media te hou, aangesien sulke mediablootstelling potensieel vir Juané baie skadelik kon wees,” sê hy.

Juané Slabbert. Foto: Facebook

‘Toksies manlike chauvinisme’

 Dis egter veral ʼn beskuldiging dat daar ʼn kultuur van “toksies manlike chauvinisme” by die skool bestaan wat Edwards dwars in die krop steek.

“Buiten dié voorval en een ander voorval waarvan ek kennis dra, was daar nog nooit enige klagtes oor Affies-seuns se gedrag teenoor vroue nie,” sê hy. “Ons het ʼn meerderheid dames op ons personeel. Baie van dié personeel se kinders was self ook hier. Ons leer elke dag ons seuns wat dit beteken om ʼn gentleman te wees. Hulle groet volwassenes, laat dames eerste stap en staan op as ʼn dame die klas binnekom,” sê hy.

“Ons seuns het op ʼn daaglikse basis kontak met die dogters van Afrikaans Hoër Meisieskool – ons deel sportvelde, sosialiseer sommige pouses met mekaar en die seuns- en dogterskoshuise kuier op ʼn daaglikse basis met mekaar. Ons seuns word tussen vroumense groot. Elke seun leer hier wat dit beteken om ʼn gentleman te wees – om ʼn goeie pa vir sy kinders en ʼn goeie man vir sy vrou te wees. Hierdie was ʼn geïsoleerde geval. Dis nie reg dat al 1 300 ons seuns nou skuldig bevind word nie.”

Mense “staan tou” om hul seuns by dié skool in te skryf, sê Edwards, en elke jaar wys die skool meer as 100 gr. 7-leerlinge weg wat by die skool aansoek doen om toelating. “Meet ons gerus aan ons oudleerlinge,” sê hy. “Êrens doen ons tog sekerlik iets reg.”

Vrouepersoneellid se ervaring

 Sy standpunt word beaam deur Yvonne Bredell, departementshoof van AHS se Engels-departement.

Net die vorige dag, vertel sy, het ʼn vrou die skool kom bedank nadat haar motor in die straat langs die skool onklaar geraak, en ʼn groepie seuns haar uit hul eie bygestaan het. “Ek is al 18 jaar hier, en ek kan jou verseker ons seuns het die grootste respek vir dames,” sê sy ernstig.

“’n Mens kry oral ouens wat nie die nodige respek toon nie. Ek het ook al by gemengde skole skoolgehou, maar my belewenis met seuns hier is beter as in gemengde skole. Hulle staan op as ʼn dame instap en help uit hul eie as hulle sien jy dra iets swaars. Hulle het inherente respek vir vroue. Hierin het hulle ʼn ongelooflike voorbeeld in die skool se hoof, mnr. Edwards.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

155 Kommentare

Adriana ·

Ek wonder of die jonge dame enigsens skaam kry .Desperaat vir aandag?

Ma se Kind ·

Dis verspotte aanmerkings soos hierdie dat die meisie miet skaam kry wat mense net nog meer de hel in maak! Waarvoor moet sy skaam kry? Sy het niks verkeerd gedoen nie! Dis tog duidelik dst die seuns heeltemal oorboord gegaan het en dat hulle optrede walglik is.

André ·

Ek is ‘n oud AFFIE ouer, ek praat nie dit goed wat die seuns gedoen het nie, so ook nie die jong dame nie, mense is ook natuurlik geregtig tot hul opinie, ek respekteer dit, maar moet asseblief nooit, nooit dink u verstaan waaroor dit gaan , om ‘n AFFIE te wees nie, daarom moenie die Hoof en sy personeel, kinders en die AFFIE gemeenskap beswadder nie, aanvaar dat u dit nooit sal leef, of beleef nie, dit was, en is ‘n voorreg, dankie nogmaals AFFIES.

Lukas van Zyl ·

Ag nee Adriana uit watse boom het jy geval!!! Wat n onsmaaklike ongegronde opmerking!!!!

Piet Snot ·

“Toksies manlike chauvenisme” (gaap): Ek het gewonder hoe lank dit sou vat vir dié siek Amerikaanse twak om SA toe oor te waai.
Enige meisie wat sulke twak kwytraak (al is sy benadeel), behoort haar liederlik te skaam.

Willem ·

Die kinders het groter as die wêreld om hulle geraak, groter as Atlas en Hercules en julle praat dit goed!

Aanval op ons kultuur ·

As mens na die grooter prentjie kyk, kan ek nie anders om te dink dat dit nog ‘n aanslag op ons ryk kultuur en tradisie is nie. Vandag is dit alte polieties onkorrek om te sê dat ek trots is om deel te wees van ‘n sekere groep. Dit skep egter ‘n kultuur van ruggraatloosheid. Bv in Australia kan niemand vir jou sê wat is ‘n ware Australier nie. Dit skep baie sosiale probleme en mense sluit by “biker gangs” aan om te behoort en te staan vir iets. Dis baie meer nadelig op die lang termyn vir die hele land. Dis baie grooter as net manlike ego

Naas Vermaak ·

Nee wat, lekker “windowdressing”…en heuning-om-die-mond-smeerdery…nogal ‘n dokter wat sulke snert kwytraak …dink seker maroela se lesers is onnosel of nie intelligent genoeg om te sien watter angle hulle nou probeer om die repurkussies van daai groep seuns se gedrag te ontduik.

aneja ·

Ek skaam my uit my skoene vir ons nasie en land. Wat beteken Jesus se woorde tog. Die een wat sonder sonde is laat hom die eerste klip gooi. Al die venynigheid ens. Doen die regering politiek ens nie genoeg skade nie. Regtig mense dink voor julle oordeel en die alledaagse paadjie loop van die meerderheid. Ons is mense en die alewige aanvalle op mekaar. Ek het ‘n halfdosyn kinders van my eie NIEMAND het vlerkies gekry nie.

Reynette ·

My seun is tans in AHS en niks wat hier gesê word is window dressing nie. Dit is so lekker om by die skool in te stap en te sien hoe die seuns opspring en almal, self die meisies groet, “middag mevrou, middag dame”. Ek is baie trots om te sê my seun gaan daar skool! ❤️

aneja ·

Ek skaam my uit my skoene vir ons nasie en land. Wat beteken Jesus se woorde tog. Die een wat sonder sonde is laat hom die eerste klip gooi. Al die venynigheid ens. Doen die regering politiek ens nie genoeg skade nie. Regtig mense dink voor julle oordeel en die alledaagse paadjie loop van die meerderheid. Ons is mense en die alewige aanvalle op mekaar. Ek het ‘n halfdosyn kinders van my eie NIEMAND het vlerkies gekry nie. Hoekom gun ons nie meer die son oor eers oor ons eie mense nie. Die skool het reg opgetree hulle werk met kinders. Nou word daar gewag tot hul nie meer minderjarig is nie dan spring die wolwe uit. Hulle is gestraf alreeds en is die jonge dame sonder blaam? Kinders baklei maak vrede en grootmense baklei vir jare daarn nogsteeds.

Robert ·

Naas, met so ‘n naam behoort jy seker te weet van Naas_teliefde. Stem saam met Aneja

Hennie B ·

@NaasV – Jy is duidelik besig om die verkeerde kant van storie te ontleed of dalk verstaan u nie wat in die berig geskryf is nie. Die skool beskerm, soos ek verwag elke oordentlike skool sou doen, die reputasie van die skool en die 1300 seuns wat tans aan die skool gekoppel is. Terloops ook dan die ongeveer 70,000 leerlinge, ongeveer plus minus wat dan die afgelope 98 jaar by die skool uitgestap het as afgeronde jong mans met ‘n respek vir alles en almal om hulle. Nie net dit nie, hulle stel ‘n absurde skewe beeld wat die kuber in gestuur word reg deur te bevestig dat hierdie niks met die skool te doen het nie. Na-ure bedrywighede deur 2% van ‘n gemeenskap kan onmoontlik nie gekoppel word aan die algemene bedrywighede van die instansie nie. Ek stel voor u neem tyd uit u dagboek en gaan verstaan die totale omvang van wat hier gebeur het en reageer dan dienooreenkomstig.
Aangesien u kommentaar hierbo blyk te wees uit ‘n kenner se oogpunt, wat sou u benadering gewees het?

Verma(a)kerig ·

Meneer Vermaak. In die eerste instansie, dit is DoktOr Edwards, anders sou hy in ‘n spreekkamer gesit het. Tweedens…ek is ‘n ouer van twee dogters, beide van ‘n bekende gemengde skool wat baie te make het met die Afrikaanse Hoër Seunskool deur sport en kultuur. Ek kan jou verseker hierdie is nie ‘n lot twak nie. My twee dogters het die hoogste agting en respek vir die Affie-seuns. Hulle het nog net respekvolle, eerbiedige behandeling gekry by Affies (op hulle terrein EN ons skool s’n). Soveelso dat hulle tong-in-die-kies sê die Affies is die beste opsies vir seunsvriende. Ek moet dit beaam. As besoeker (en op ons eie skoolterrein), was daar nog nie een wat my nie eerbiedig gegroet het as hulle verby my stap nie. Hierdie manne is die toekoms van ons volk in hierdie land, om hulle (en hulle puik hoof) so smalend te behandel weens die oorywerige (en, ja, verkeerde) optrede van enkelinge ‘n paar jaar terug, is…soos jy dit noem, eerder die pot snert.

Aitog! ·

Ai tog Naas, mens moet soms stilbly as jy nie weet waarvan jy praat nie.

Die Waarheid ·

Vermaak, ek voel jy moet jou perspektief oor die saak verander. Dr. Pierre Edwards is nie besig om die 26 seuns se aksies te regverdig nie, ons almal weet die seuns se gedrag was onaanvaarbaar. Hy verdedig die 1300 seuns wat tans in die skool is wat nou die nagevolge moet dra. Die vervloeking van die meisie op die whatsapp groep was die 26 seuns (let wel, van die 2015 matriek groep) se eie besluit gewees en het niks te doen met AHS nie. Om die saak te vergelyk, mens kan mos nie as een persoon iemand vermoor het, die hele land se mense as moordenaars sien nie. Nou hoe kan daar gesê word dat die huidiglike affie seuns ‘geen respek het vir vrouens’ as net 26 seuns, wat reeds UIT DIE SKOOL UIT IS, so opgetree het teenoor die dogter. As die slagoffer so emosioneel beskadig was, hoekom het sy net nie die whatsapp groep verlaat nie? Die media wys nie die boodskappe wat sy gestuur het, nadat sy hulle alklaar uitgelok het deur die pet te dra, nie. Almal is goed bewus van die trots wat Affie seuns vir hulle skool en skooldrag het. Ek reverdig steeds nie die optrede teenoor haar nie, maar sê net dat sy die seuns uitgelok het deur die pet te dra en het vir moelikheid gesoek.

Agsiestog ·

Naas ek wil graag verstaan wanneer het die skool meer verantwoordelikheid oor kinders se optrede as kinders self en die ouers wat hulle grootmaak? Veral as dit optrede buite skool ure was?

Willem Petzer ·

Ag nee genade, net die blote feit dat “toksies manlike chauvinisme” genoem is bewys hoe ver ons al in die haasholte af is in sake hierdie neo-marxistiese terme.

Hierdie terme is direk vertaal uit die sogenaamde “social justice movement” in Amerika se woordelys uit…

CAV ·

Moet seker n verskriklike straf wees, om van voorregte ontneem te word, soos om nie op die verhoog te kan mag stap, of om die klok te mag lui nie. ( Sarkasme )

Affie trots ·

Voor u weer so sarkastiese verwysings maak, vra ek dat u eers ondersoek doen na feite. Ek is n trotse oud-Affie van daai einste 2015 groep, alhoewel ek nie saam stem met my oud affie broers se gedrag nie kan ek vir u se dat om oor die verhoog te stap en die klok te lui op jou laaste dag van affie wees is n groot eer. Om van dit ontneem te word is die grootste klap in die gesig wat jy kan ontvang. Ek verstaan u probeer u punt bewys, maar die tradisie van ons skool lê diep in ons harte. Dit word beskou as n dood straf om van dit ontneem te word. Jy word afgesny van jou mede broers. So ek vra u weer. Kry eers u feite agter mekkaar. Om by te voeg, die meisie was voor die verkeerde optrede van my broers mooi gevra om die pet terug te bring en om asseblief die skool en ons tradisie te respekteer. Wat verder gebeur het is mos nou uitgelig.

Rika Kruger ·

As jy nie die tradisie ken nie sal jy nie verstaan nie. Dit is een van die mooiste gebruike. Dit is amper soos n deur toe te maak en jou kind wees te groet. Ek is n oud affie mamma en ASH was een van die grootste beleggings in my kind se lewe. Ek staan by die seuns. Hulle is gestraf. Die skool het hulle nie onttrek van d voorval nie en aan sus wil ek se n wors het 2 kante. Het sy die pet terug gegee was daar niks.

Anoniem ·

Mense wat nooit in Affies was of is nie sal nie verstaan watse voorreg van mens ontneem word as mens die die klok mag lui nie .

Affie pa ·

CAV as die pa van n oud Affie kan ek in alle eerlikheid se dat dit vir my seun die grootste venedering van sy lewe sou wees om nie oor die verhoog te kon loop nie. Maar dit is moeilik om te verduidelik sounder begrip van die amper 100 jaar konteks.

Mauritz ·

Ek voel jammer vir jou omdat ek uit jou kommentaar aflei dat jy nie in ‘n skool was waarop jy trots was nie. Ek was 57 jaar gelede in Affies in matriek en my borskas swel nou nog van trots as ek terugdink aan my skool. Terloops, daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui: “Sarcasm is the lowest form of wit”.

Johan ·

Ek was nooit ‘n Affie nie, maar baie van my vriende op Laerskool is daarheen met beurse. Al was ons sports-vyande, AHS, ondersteun ek julle met álles en nog meer. Miskien was daar ongedissiplineerde seuns, maar die Skool verdien vir seker nie om so afgemaak te word nie. Groot respek ten alle tye in elke denkbare omstandigheid, Affies. Doen so voort en maak ons as Transvaalse Afrikaners meer trots op ons Westerse waardes en beginsels. Julle is ‘n bastion vir ons kultuur. Moet nooit ingee tot die druk van dié wat jaloers is op julle sukses nie.

Se maar net ·

Vir die dame, small things amuses small minds. Word groot, deal met dit en gaan aan.

My opinie ·

Johan.
Dut is onwaar. As oud Affie het ek dit nodig geag om net vir jou te sê (LET WEL ny hoef my nie te glo nie) dat AFFIES nie beurse gee nie. AFFIES se goeie naam lok die bestes van die beste.

J ·

Ja ou Griet tot so iets jou dogter oor kom. Affies leerlinge asook die skoolhoof dink hulle is verhewe bo die ander Afrikaanse skole. Dan praat ek nie eens van die ouers nie. Hoe weet jy iemand is of was in Affies”hulle sê jou'”

Affie-oogpunt ·

@J
Dis vir my baie hartseer om te hoor dat jy nie trots genoeg is op jou skool om te sê watter skool dit is nie.

Pierre du Preez ·

Naas ek wil nou nie jou intelegensie bevraagteken nie! Maar ek kan dalk net die volgende onder jou aandag bring. My vrou is betrokke by baie skole, en sy sê dat sy nog nooit n skool ( buiten Pta Boys High ook onberispelike maniere)) teëgekom waar die seuns sulke goeie maniere openbaar teenoor veral vrouens.
Haar woorde is :” as ek die dag sleg voel, gaan loop ek net n draai deur Affies”.
As sy in klas instap dan staan die hele klas in gelid op, wat sy by geen ander skool ervaar nie .
Wat teenoor die meisie gebeur het is nie reg nie. Maar ek glo Affies het waardes en is trots op al hul instellings , ingesluit hulle kleredrag!

Willie Schutte, Lyttelton. ·

Haan, hierdie uitdrukking van jou is klasiek, dit nog nooit gehoor nie…, maar is ’n treffer!

Erina ·

Ek was baie erger as dit geboelie op skool en self ek dink dis simpel om die skool hof toe te sleep om hoeveel duisende rande uit hulle te probeer kry. Sy gee seker nie om wat mense van haar dink of sê nie.

DepartementeleSmoes? ·

Affies moet oppas – die onderwys departement het al halwe waarhede gebruik as voorwendsel om by skole in te gryp. Hierdie ruik na nog so ‘n “staatsgreep”.

Aan alle voornemende ouers met kinder in graad 7, moet nie julle kinders se inskrywings terug trek nie.

Pro Affie ·

Die val van n masie is wanneer ons onder mekaar begin kwaad stook. Meisie, jy’t die seuns gekoggel! Hoekom het jy in die eerste plek die hoed gedra? Kan iemand asb vir die kind aandag gee dan sal sy nie haarself so blootstel nie.
Affie seuns…. Wees trots op julle hoed en beskerm julle erfenis met alles in julle. Ek wens meer mense wil dit doen.

M ·

Die meisietjies van vandag is lekker voor op die wa en as iets gebeur wat Pappie gaan laat uitvind dat sy nie so heilig is nie, dan wil hulle almal en alles dagvaar.

Alice ·

Hierdie dametjie is die oorsaak van die hele petalje. As sy eendag in die regte grootmens wêreld is gaan sy kort kort manlike kollegas hof toe sleep omdat sy moeilikheid gemaak het en dan omdraai om onskuldig te pleit?

Phillip ·

Dit is baie maklik om kommentaar op
Openbare media te lewer oor hoe sleg ‘n BMW ry as jy nog nooit self een gery het nie……..

Eksênet ·

Mag ek net noem dat as dit kom by akademie oor die algemeen asook spesifieke verwysing na wisk en wetenskap (wat mos maar gewoonlik die maatstaf is) is Affies seuns nie die top skool in gauteng nie. Hierdie houding van Affies is die BMW teenoor die res van Gauteng se skedonke is simpel. Garsfontein, Menlo Park en Waterkloof vaar akademies albei beter elke jaar, en die meisieskool skop ook stof in die seuns se oë. Di seuns het hierdie houding dat hulle beter is as almal anders is maar hulle moet maar die werk insit en dit dan bewys.

Affie meisie ·

Hoor hoor! Ek stem saam met Phillip!

Liewe Eksênet,
Jy is duidelik nie bewus waaroor die saak gaan nie. Doen die wiskunde en besef dit gaan nie oor akademie nie.

NuweAffieOuer ·

Stem saam met Phillip. Ek is ‘n nuwe Affie ouer en my seun het onlangs skole verander na Affies. Hy was in een van hierdie puik skole waarvan Eksenet praat. Het altyd Affies geoordeel omdat ek 2 dogters gehad het in skool X. Help nie jou kind is in top akademiese skool en word afgekraak , verneder ens nie. My seun het ‘n persoonlikheids verandering ondergaan by Affies. Hy is weer ‘n ander kind wat lus is om skool toe te gaan, lus is om rugby te oefen ens. Die negatiwiteit is iets van die verlede. Hoekom? Sy menswaardigheid word nie afgekraak, die kameraadskap lief hy en elkeen is iemand in die skool. Pragtige skool, wonderlike onderwysers! Dankie AFFIES! Akademies is nie als, jou menswees en met positiewe houding is daar ook vir jou ‘n toekoms ook.

Oujongvrou ·

Ai dis hartseer dat die jong vrou so ver moet gaan om aandag te kry. En dankie aan hierdie skoolhoof wat heel duidelik sy pos deur en deur waardig is. Wel gedaan.

Reynette ·

Dankie Mr B! Presies wat ek nog heeltyd sê. Sy was minderjarig by n dronk partytjie en gaan post dit toe op sosiale media, regtig nie slim nie! Ek verstaan net nie dat sy nou so tekere gaan nie

Koos ·

Baie goeie uiteensetting deur Edwards. Die seuns is na behore gestraf met meganismes tot die skool se beskikking. Die meisie soek aandag en hoewel dit klink of die seuns ongemanierde ploerte is/was behoort die skool nie aanspreeklikheid op te doen nie. Sy mag dalk slaag teen die betrokke seuns maar nie die “spogskool” nie.

CJ ·

Juffrou Slabbert, ekself het GEEN bande met AHS nie. Inteendeel, ek was in n meisieskool in n ander provinsie van die land (en ekt my seun en dogter na gemengde geslag skole gestuur). Ek maak my afleidings ook uit dit wat ek in die media lees. Self n onderwyseres met Onderwysreg agtergrond sou ek eerlikwaar nie meer kon doen as wat AHS en hul BL gedoen het nie. Wat ek wel vandag kan sê is: Al het die jong mans ook n aandeel in die saak gehad (waarvoor hulle op die gepaste wyse binne hul skool en Skolewet raamwerk gestraf is) kan ek nie help om wonder wat u aandeel in die saak was nie? Ek wonder tog of u eerlik kan noem dat u uself 100% kan verontskuldig. Ek mag mos wonder …

Adelè ·

My 1ste gevoel..Hierdie dogter soek aandag. Ek het al telkemale sulke gevalle gesien en beleef van dogters wat so graag seuns se aandag soek en op die ouend..die “victim” speel. Baie maklik om nou simpatie te soek….seuns tree nie maklik so hatig op teen n meisie wat respek verdien en haar plek ken nie.
Dàn..ek weet ongelukkig gladnie lekker van die “Beurs” storie waarvan een vd.vorige mense meld nie. Jammer ..daar is soveel skole in en om Pretoria wat “koop” Affies doen dit nie. Hulle het nie nodig om dit te doen nie daar is letterlik duisende ouers e seuns wat daarheen gaan oor die mooi geskiedenis en tradisie asook waardes. Kry die feite oor skole wat wel koop..en praat dán saam.
Sy het presies geweet hoe hierdie seuns voel oor hul pette..en het met opset dit gedra om hierdie situasie uit te lok…met als gesê is ek ook nie ten gunste van wat hul reaksie was nie..maar ek het rot geruik toe ek haar storietjie lees. Gaan speel asb.met jou maatjies girl en leer om jou plek te ken.

Ma se Kind ·

Dis verspotte aanmerkings soos hierdie dat die meisie miet skaam kry wat mense net nog meer de hel in maak! Waarvoor moet sy skaam kry? Sy het niks verkeerd gedoen nie! Dis tog duidelik dst die seuns heeltemal oorboord gegaan het en dat hulle optrede walglik is.

Mina ·

So, die seuns het oorboord gegaan en haar optrede is witter as sneeu? RERIG?

Sy soek aandag en haar Pappie blaas die vuur van die kwaad aan. Sy klink vir my soos ‘n tipiese rykmansdogter wat se vingers klap en pappie spring!

Wag’nbietjie... ·

Sonder om persoonlik te raak moet mens besef dat daar verseker twee kante aan hierdie saak is. Moenie onvoorwaardelik kant kies voordat jy nie gesien het wat haar aandeel op die groepie was nie.. vreemd dat haar boodskappe aan die seuns nêrens verskyn nie..????

Snowball ·

Ek was al verskeie kere by geleenthede waar Affies seuns betrokke was en ek was altyd beïndruk met hulle goeie maniere, respek teenoor dames en trots vir hulle skool. Hierdie aanslag teen hulle word uit verband geruk. Die 26 individue wat hulle aan wangedrag skuldig gemaak het 3 jaar terug, kan in alle redelikheid nie gesien word as ambassadeurs van die ware gees en waardestelsel van Affies nie. As ‘n mens ‘n hond WIL slaan, gaan jy ‘n stok kry.. ..

Lizelle Gibson ·

Ons skool was gaste by Affie en ek kan ook getuig van hulle goeie gedrag en hoflikheid. Baie skole kan gerus by hulle n les of twee leer.

Ouer ·

Ek stem saam dat die skool die saak hanteer het. Die seuns was verkeerd. Die meisie probeer nou hulle lewens verwoes oor iets wat lankal gebeur het. Ek wonder hoekom.

Nienie ·

Want sy is deur n klomp buffels geboelie en tot in d grond verneder. As sy verkeerd opgetree het, het hulle nie nodig gehad om haar so uit te vloek nie. Die seuns was pateties en het d meisie se menseregte geskend. Gaan tree so op in d grootmens wereld daar buite en kyk wat met jou gebeur.

Susan ·

Ek is trots hoe die hoof dit hanteer het. Ek wonder ook wat die meisietjie na 3 jaar wil kry behalwe haar gesig in sosiale media. Dit moes toe in n hof draai nie nou. Ek het wel simpatie met haar vir hoe sy daardie tyd beswadder is maar om n sweer 3 jaar te troetel, is vreemd

Bert ·

Om ‘n dame eerste te laat stap is ‘n aartsonde vir militante feministe. Affies en ons toksiese mans moet dit dadelik laat staan!

ModerneEtiket ·

Ek is nie seker of alle vrouens nog verkies om so deur mans hanteer te word nie. Affies moet miskien tog maar begin om die seuns ander etiket te leer?

Casper Labuschagne ·

Ek weet nie wat in die verlede gebeur het nie, maar verseker verkleineer me Slabbert nou net vir haarself. Vir hierdie rede belê ek my spaargeldjies in maatskappye wat katkos vervaardig, want daar gaan ‘n hele boel feministe wees wat stoksielalleen sal oudword saam met net hul katte as geselskap.

AffiePa ·

Ek het een seun in Affies en nog een oppad volgende jaar. Baie gelukkig met die wyse waarop Dok Edwards die onsmaaklike situasie hanteer het. Affies is ‘n spogskool, soos baie ander skole in Pretoria (waaroor ons onsself baie gelukkig kan ag) met onberispelike dissipline en waardes. Ons staan trots agter die skool met sy dissipline en tradisies. Om die skool te wil ettiketeer as gevolg van verkeerde optrede van ‘n paar leerders is belaglik en die laat optrede deur die dogter laat mens wonder oor die agenda. As ons mooi dink gebeur daar baie erger dinge in ander skole wat selfs tot tronkstraf van oud leerders lei, maar ons kan en wil ook nie die skole ettiketeer nie. Kom ons word groot en probeer nie sensasie verwek hiermee nie.

Eknoemditnet ·

Ek is so moeg vir Affies seuns wat onder die indruk is hulle skool is soveel beter as al die ander. Affies meisies, Waterkloof, Menlo en Garsfontein (om net ‘n paar te noem) vaar almal akademies beter as dit by matriekuitslae kom. Sit down, be humble.

AffiePa ·

Jou ongegronde stelling word as ‘n kompliment geag Eknoemditnet. Geen Affieseun dink hy is beter as ander nie. Die kinders word geleer om ander te respekteer en dissipline te openbaar. Dis net vreemd dat iemand soos jy dink hulle is beter as ander skole se kinders, dis dalk hoe jy dit ervaar?

Hennie B ·

@Eknoemditnet – Mens waar val JY nou uit. Jyt ander issues lyk dit nou. Waar is akademie ter sprake hier?

Netvirdierekord ·

Jammer om jou teleur te stel. Dit ongelukkig waar dat Affies soveel beter is. Het dit self ervaar met my kinders(Van hulle was in jou genoemde skole). Akademie nie als. Die betrokke dogter kom self van ‘n skool wat nie bekend is vir maniere, dissipline ens nie.

Snowball ·

Nou WAT het matriekuitslae by ander skole met hierdie onderwerp te make?

Perspektief ·

Ek weet nie of jou feite waar of onwaar is nie. Ongeag, ek het nog nooit gehoor dat Affies voorgee dat hulle die beste akademiese skool in Pretoria is nie. Ek dink jy verwar die seuns se trots op hulle skool met hoogmoed. Ek ervaar die Affies eerder as ‘n nederige gemeenskap wat baie doen vir mense minder bevoorreg as hulle. Kyk maar net na hul liefdadigheids aksie wat onlangs op Kwela was.. ek gun hulle die trots wat hulle het. Daar is min genoeg platforms oor waar ons ons nasietrots kan uitleef..

Agtog! ·

Arme Eknoemditnet, die verskil is Menlo en Garsfontein betaal vir hulle ‘akademiese’ prestasies net soos hulle vir hulle sport prestasies betaal. Miskien moet joernaliste ‘n in diepte ondersoek daaroor doen?! Dit sal baie interessant wees wat hulle gaan uitvind.

Anner Anton ·

Los tog die skool uit!. Is daar nie genoeg aanslag op Afrikaanse skole nie? Ons het nou die hele storie van die oortreder seuns en volgens my was hul voldoende gestraf. Ons het karakter getuienis van die soort skool en waardes wat Affies is. Om die hele waarheid te sien en die regte slotsom te bereik moet ons weet veral na die doelstelling van die jong meisie se prokureer wat die jong dame se toestand en gedrag was by die pet-dra partytjie. Kry dan nou karakter getuies om te getuig oor haar gedrag op die gewraakte partytjie. Was daar drank betrokke?. Om 1300 onskuldige seuns wat niks met die voorval te doen het as deel van die tirade van die meisie se prokureer te sien is onverskoonbaar. Die seuns is gestraf hoekom is geld dan nou betrokke. Hoe het hul op die prys van n dame se eer besluit?

Murgpyp ·

Ja die jong dame wou seker baie graag in Affies gewees het dat sy die hoed gedra het. Ek was in Hugenote seuns skool en ons het die selfde waardes gehad as Affies. Baie teen hulle rugby gespeel en baie respek vir hulle. Mense los hulle hoedens uit dis hulle eer om dit te dra

Johann ·

Sy soek aandag en haar en haar regsverteenwoordiger se aandag kos R2. 6 miljoen rand. (26×100 000) Of is dit haar moedswilligheid wat soveel kos?

Seker 3jaar “rente“ geloop voordat sy genoeg gegrief was om haar eensydige weergawe van die skool se reaksie kwyt te raak. En nou is sy op rekord oor hoe en waar sy gelieg het oor die skool se reaksie!!!!!

En haar regsverteenwoordiger se veralgemenings skendende openbare uitlating oor AFFIES!

En natuurlik help dit om nou skielik die polities korrekte Departememtele aandag saam te sleep.

? ·

Ek lees ook net dat sy dagvaar vir R100 000. Maar al is dit R2. 6 m hoekom soveel?

As mens nou na al die stories lees oor hoe haar skoolwerk beïnvloed is ens. Dan klink dit of dit maar swaar gegaan het die laaste 3 jaar. As sy wel iets bereik het, well done, maar is die skade dan regtig soveel soos wat in die berig genoem word. As sy niks bereik het nie gaan die R100 000 of dalk R2.6m wel genoeg wees om haar vir 60 jaar te kan ondersteun, weens die skade wat sy gelei is. Hoe is die eis bedrag bereken en deur wie?

Die ouens staan in die gelykheids hof vir R100 000? Of sy/haar regspan mik te laag of mense se lewens en toekoms word vir baie min gewaardeer.

Ongeag tradisies ens. As daar stormer oor ‘n bloubul trei ry met sy bakkie dan gaan daar baie ongelukkige bloubul ondersteuners wees wat definitief iets te se gaan hê, wat nie goeie goed gaan wees soos mag dit reën in die Kaap nie. Deel van die lewe, nie reg nie maar deel. Hoekom het sy op die groep gebly? Wat het geword van jy maak nie eposse oop van adresse wat jy nie ken nie? Hoekom word Affies beswadder as die prokureur net al die seuns se nommers op haar foon kon kry? As hulle al in verskeie hofsake WhatsApp boodskappe voorgelees het, kan dit nie te moeilik wees om te kry nie.

CdV ·

Waar het alles begin? ‘n Dogter wat onsensitief teenoor tradisie is en ‘n pet dra wat sy “nie tradsioneel geregtig” was om te dra nie. Ek lees nêrens dat sy enige poging aangewend het en verskoning vir haar omsensitiewe gedrag aangebied het nie, maar nou ongelukkig is oor die gevolge van ‘n daad wat sy self geskep het.

Hazeldean ·

Ja ja ja…ons besef die seuns het goeie maniere en is stroopsoet tydens skoolure in uniform, mense. Wanneer die kollig nie op hierdie engeltjies val nie, val hul vlerkies af en ons sien hulle is toe al die tyd net MENSE….
Juané Slabbert….vergewe hulle skat en beweeg aan. Hierdie was onnodige blootstelling.

Manie ·

Ek dink elke skool het n reg op sy historiese tradisies en dit gee geen ander persoon die dag om dit te probeer afbreek soos tans die geval is in baie skole in die land. Ek weet nie of sy bewus was dat die pet n heiligdom van die seuns is. As wel dink ek sy verdien al die kommentaar. Indien sy nie bewus was daarvan kan dit gehelp het as sy net gesê het sy’s jammer.

Koos ·

As ‘n pet iemand se heiligdom is moet daar groot fout wees. Geen foto met ‘n pet op regverdig platvloerse gedrag of crimen injuria nie. AHS is blaamloos maar hierdie knape gaan ‘n les geleer word.

L ·

Ek stem 100% saam . As sy net dadelik omverskoning gevra het , sou die saak baie anders uitgedraai het . Menseregte is ń geloof wat ons almal in glo . Mens kan nie net heeltyd sê dat jy menseregte het nie . Jy kan net een geloof volg en bestudeer en as dit menseregte gaan wees moet jy eerder vir ń standbeeldjie gaan bid . Word groot . Ek verstaan nie hoe dit haar matriekuitslae geraak het , maar steeds kon sy regte gaan swat het nie ? Kan iemand net dit verduidelik . Die saak is onnodig .

Ja wat ·

Praat van, In die ou dae toe jy jou Springbok kleure moes verdien het voor jy so n sweetpak of hemp kon aantrek en mee rondloop. Nou is elke ou sommer n Bok?????????????????+++??????
En ek hoor geen haan kraai trots of tradisie .

Emily ·

As jy elke keer gaan huil as jy af gekraak en verneder word in die lewe, gaan die grootmens lewe vir jou groot ontnugtering wees juffrou.

Ek is op skool genadeloos geboelie en verneder en daardie harde woorde kon my breek of laat opstaan. Dit het my ‘n persoon gemaak wat ingesteld is om te help bou en nie afbreek. Wat probeer die meisie doen of bereik? Karma en wiel van die lewe sort baie mense self uit sonder dat mens iets hoef te doen of jouself so belaglik te maak.

Dink daaroor. Is dit regtig al die drama werd?

Aitog! ·

Ek het in die begin jammer gevoel vir die jonge dame, maar na hierdie berig is ek glad nie meer nie. Die seuns was verkeerd en dit is duidelik dat die skool reg opgetree het. Sy gaan maar sukkel in die regte lewe sonder haar pa en sy ‘polisie’ vriende.

Anonieme Lafaard ·

Eerstens, besef dat feministe vreeslik geafronteer word as iemand vir hulle ‘n motordeur oopmaak of enige ander ‘gentleman’-gedrag openbaar. Hulle het ‘n diepgewortelde haat vir mans en alles man-verwant. Hoewel Dr. Edwards dit goed bedoel, sal sy voorbeelde hieroor hulle eintlik net meer boos maak.
Tweedens, daar is regtig net goed wat mens nie verstaan tensy jy dit beleef het nie. So jammer vir julle ouens wat nie die Affies-wees ding beleef het nie. Maar ek gaan nie vir Niel Armstrong afkraak omdat ek nooit sal weet hoe dit voel om op die maan te loop nie. Ek is bietie jaloers, maar ek gun hom dit.
Derdens, ek lees nêrens ‘n kommentaar van iemand (veral ‘n dame) wat ‘n ervaring met Affies gehad het wat van iets soortgelyks soos hierdie persoon kan rapporteer nie.
Vierdens, besef julle nie dat hierdie hele gedoente in Lesufi se guns speel nie? Op die ou einde gaan die groter Afrikaner gemeenskap die groot verloorder wees.

Andrea ·

Presies, dit was my eerste gedagte by die lees van die berig.

Oom Kalahari ·

Die Skool (AHS) het ‘n reputasie van uitmuntheid en leerlinge met uitstekende gemanierdheid en respek asook baie suksesvol met hul sporte en akademie.
Waarom nou ‘n Skool van hoe gehalte en streng reelsin gedrang plaas. Die seuns heg waardes aan hul tradisies van geslag tot geslag en die dra van die pet is vir hul ‘n trotse eer as AFFIES leerling en nie vir buitestanders wat die Skool en sy naam moontlik in ‘n swak lig kan/mag stel met die dra daarvan by ‘n partytjie nie. Nou vra mens die vraag af, was daar alkohol betrokke by die partytjie en sou die dame haar moontlik wangedra het kon mense dalk haar vereenselwig het met die skool en hul goeie naam in gedrang plaas.
Hierdie was ‘n geisoleerde geval tussen tieners en na 3jaar is daar nie meer veel wat oir werklike gebeurtenisse teruggevoer kan word nie. Hierdie 26 persone is nou volwasse mans met ‘n toekoms en waarom dit nou wil openbaar en lewens verwoes.
Die Skool het ten volle opgetree in omstandighede binne die raamwerk wat verlang word en glo dat hierdie Skool en sy 1300 leerlinge nie aan hierdie ongeregtigheid gekoppel kan word nie.
Juffrou Slabbert, staak hierdie feministiese aanhang en beweeg asb aan en plaas die ou geleentheid wat al stof vergader het agter jou. Jy het geleer van die respek wat die seuns vertroos oor die dra van hul pet en hul het geleer om meer takties op te tree teenoor ‘n dame/vrou.

Oom Kalahari ·

Juffrou Slabbert plaas staak die feministiese aanhang en plaas hierdie ou aangeleentheid wat al stof vergaar het agter jul.
Sterkte en hoop jul kan almal ‘n kompromie bereik sonder om mekaar te na te kom of lewens te verwoes. As tieners sal daar maar soms uitdagende vorendag kom, maar dit neem iemand wat rassioneel kan dink en optree om daardie tipe van uitdagings die hoof te bied.

Gertryda ·

Nee man al in 2015 gebeur genade soos ek sal sê let bygones be bygones

Puik ·

Puik hanteer skoolhoof. Regtig meisie, ek stem wat die seuns gedoen het was nie reg, maar wat het jy 1ste met hul pet en nie enige, n tradisie gesoek? Die skool het daardie tyd gedeel daarmee, ek wonder of die seuns verskoning gevra het, indien wel, kan die ding in jou gesig ontplof en dan kan jy maar net weer jouself blameer. Almal het al vergeet en nou het jy seker gemaak ons op die anderkant van die aardbol weet ook alles en sukkel om jou punt te sien.

Onbekend ·

Wys jou net hoe graag almal ‘n AFFIE wil wees. Ek is oortuig daarvan dat AFFIES nie Garsies se pette sal dra nie (as hulle pette het)

Nog Affie pa ·

Vraag bly staan wie het die hele petalje begin? Al die skole in Pta is deuglik bewus van AHS se tradisies. Sy het die seuns uitgelok. Gaan voort Affies julle maak ysters groot.

Wilhelm ·

Meisie
Meneer die Prokureur en Meneer die Advokaat gaan jou kaal in die Hof uit trek?
Hoe vernederd gaan jy nie voel nie??

Wouter ·

Ek stem saam. In die hof kan jy nie daarop aandring om soos ‘n spesiale poppie behandel te word nie.
Daar word almal gelyk behandel. Die seuns se regspan gaan geen genade met jou betoon nie.

Mmmm ·

So “geïsoleerde geval” dat ons eerstehandse ervaring het met dieselfde scenario?…bo blink en onder stink!

F C ·

Na al die opgeblaaste media sensasie, gaan niemand een van die seuns se name onthou of weet wie hulle is nie nie!!! Maar net die dametjie se gesig onthou!!! Julle doen ‘n onreg aan haar, en sy sal onthou word as die “girl” wat op 17 drank speletjies(beerpong) gespeel het, en tartent ‘n hoedjie gedra het!!! KOM OOR DIE GEBEURE EN BEWEEG AAN MET JULLE LEWENS!! Julle verkleineer ‘n Afrikaanse skool, en ‘n Afrkaanse taal!!!

DS ·

Ek probeer nou net sin maak uit die “en ‘n familievriendin geklee in ‘n polisie uniform”. Hoekom het julle nie – daardie tyd – die regte roete gevolg deur ‘n saak teen seuns te maak en ‘n “regte” polisieman julle laat vergesel nie. Intimiderend probeer wees en gedog die hoof gaan spring as julle “iemand in uniform” saam julle het. Nee wat ek ruik julle wil n vinnige paar rand maak uit iets wat in julle gesigte opgeblaas het – 3 jaar terug. Pappa jou dogtertjie gaan jou nog baie meer kos as daai R100 000 wat julle wil maak. Seuns hoop jullle het julle les geleer om nie oor iets so kleinlik amper julle toekoms weg te gooi nie.

Gatvol ·

Ag nee a!.Gaan sny liewers die gras of doen iets produktief . Om so tekere te gaan oor n insident wat in 2015 plaasgevind het gaan my verstand te bowe. Daar is n groter prentjie in die land wat aandag moet geniet ipv om te korswil oor snert.

Oom Kalahari ·

Sou hierdie onaangename proses nou in hof draai en alle strafprosesse wat AHS Skool aan leerlinge toepas het was voldoende, dan moet hierdie gewese leerling elk dieselfde bedrag eis met hof kostes.
Laat alle partye liewer ooreenkom en buite hof skik as om vuil wasgoed in die openbaar te was en ‘n vooraanstaande Skool se reputasie in gedrang te bring. Die skool is bekend vir sy hoe standaarde en leerlinge vir hul respek tot ander binne en buite die skool. Laat die aangeleentheid nou nie misbruik word om almal onder een kam te skeer nie. Affies oud en huidige leerlinge bou voort op jul erkende hoe gehalte van opleiding en dissipline.

Krewel ·

Ongelukkig dui die boodskappe wat die seuns op sosiale media geplaas het daarop dat daar ernstig iets met hul inbors skort. Dit maak nie saak in watter wonderlike skool jy is of was nie. Inbors en INTEGRITEIT kan dikwels nie gekweek of aangeleer word nie. Myns insiens is die ‘manne’ skuldig en hul is oud genoeg om daarvoor te boet. En ouers moet aanvaar hul kinders fouteer. Tropgedrag op sy beste.

Koos ·

Die spul deugniete se optrede oor ‘n “petty” kwessie was buite proporsie, maar toemaar, salf is oppad…

Mark ·

Nou kan jy Milo Yanopolis of Gavin Mcinnes volg oor vroue se aanslag teen Mans. (youtube) ENJOY

Piet Snot ·

Baie goeie kykstof wat die mannehaters, feministe, “Social Justice Warriors” ens ontbloot vir wat hul werklik is.

O awarded ·

Juf Slabbert, jy is nie geregtig om ‘n Affies pet te dra nie. Was jy ooit op AHS op skool? Ek self was in ‘n skool waar tradisie en trots op jou skool alles was en nog steeds is. 37 jaar later en ek is nog steeds trots op my skool. Jy jag geld.

Faan ·

O farted-geregtig om n hoedtjie te dra? Daar is darem nie veel tussen jul ore om sulke gedrag goed te keur oor die ou flippen hoedjie nie. Kan nie eers vra word groot nie! Bibi slippers wys jul kinderagtige klomp n pit!

gaap! ·

N drama oor niks, my gevoel! Hoekom n ander skool se pet dra, terwyl jy in n ander skool is. Dis om te begin al verregaande. Op daardie stadium n liefie gehad in die pet-skool? N verhouding wat skeef geloop het en wil jy nóú wraak neem? Agge nee, kry jou prioriteite reg. Ek glo die storie. Het 2 kante

Ina Berg ·

As n ma van n oud-Affie seun kan ek met groot dankbaarheid terugkyk en bevestig n puik skool. Sy oudste suster het haar onderwys proeftyd by Affies seuns gedoen en was beindruk oor hoe die seuns haar met waardigheid as dame behandel het.

Objektief ·

Goed kom ons kyk verby al die strooipoppe wat gebou en dan na geskiet word:
‘n Pa en familie vriend in Polisie uniform betree ‘n skoolterrein oor iets wat glad nie daar gebeur het? (Die ironie, bes moontlik wou hulle die kinders kom aanval, verbaal ens. Erger as wat sy dogter aangevat is! )
Klink vir my na intimidasie, afdreiging, misbruik van gesag (SAPS) en les bes poging tot menseroof.
Uit wat ek aflei was daar agressie betrokke, dis ‘n gevaarlike situasie veral waar hy as volwassene kinders wou konfronteer. Ek sal dringende interdik kry en indien hy in besit van wapens is dit laat konfiskeer. Vandag is dit kinders, môre padwoede ens.
Ek sal ook die SAPS lid by OPD aankla. Skoolterreine is nie ‘n sone vir die gedrag.

Loekie Louw ·

LL – Stem saam met Objektief. In die hofsaak wat hopelik nog vermy kan word deur die grootmense gaan elke woord, dreigement en belediging belig word. Ook die van Vader en SAPD lid. Dit klink asof Dr Edwards n moeilike situasie met die wysheid van Salomo hanteer het sonder om die jong minderjarige kinders absoluut te verguis. Onthou in 2015 was die gevare van sosiale media nog nie so duidelik soos nou in 2018 nie. Wat het nie alles intussen gebeur nie – Sparrow, Momberg ens ens. Dit is foute deur kinders wat mekaar in die hare gevlieg het. Dr Edwards is vandag sekerlik die doyen van skoolhoofde in Suid Afrika en moet lang en staande applous kry vir die ongelooflike werk wat hy by Affies gedoen het in n loopbaan van baie jare. Ons Afrikaner volkie kan nie so n huisgeveg bekostig nie. Die tragedie sal wees dat n hofsaak verdere media sensasie sal stook. Dink aan die skade aan jong gemoedere aan alle kante hier betrokke. Onnosel dom !

SC ·

The Dept of Education to be lobbied to take on this case with the recommendation to ban this parent from any school ground in future.
We can’t allow our kids and teachers to be exposed to possible threatening situations.

Stil ·

Ek is n vrek trotse Affie-ma en sal dit altyd wees. My hart was stukkend hierdie week. Sommer oor alles wat verkeerd gedoen is en al die goed en mooi wat daardeur verswelg word. Ek dink ons moet almal baie stil word voordat ons praat of tik. Dié wat moet jammer sê, moet jammer sê. Die wat nie betrokke is nie, moet bid dat hulle bewaar sal word van enige iets soortgelyks. Ons is almal feilbaar. Daar is wonderlike skole in Pta. Ek respekteer hul almal. Kom ons word net stil en dink aan al ons kinders se toekoms -seuns en dogters – en leef vir hul die voorbeeld voor wat ons wil hê hulle moet wees. Ook op die lug.

James ·

Waar is al dié Affies wat só kommentaar lewere as daar ‘n plaasmoord artikel verskyn?

Is jul skool se beeld vir jul belangriker as veiligheid van ons mense? Dit wil vir my só voorkom.

Affie-meisie-oogpunt ·

Aan James,
Ons beskerm ons familie, nie ons beeld nie. Ons as boeties en sussies is vir mekaar belangrik.

Boer ·

Hierdie is glad nie die regte forum om oor plaasmoorde enigiets te se nie. Ek is ook n oud Affie (Nog voor dr Edwards hoof geword het) Alle gereelde MM lesers ken my standpunte oor geweld maar kom ons ruk hierdie insident nie verder uit verband uit nie.

Kryger ·

‘n Regverdige regter kan net een beslissing maak. Eerstens kan net die eerste gewraakte whatapp boodskap gesien word as enigsins relevant; mej Slabbert kon enige tyd daarna die whatapp groep verlaat het en geblok het. Tweedens is dit minderjariges wat alreeds gestraf is, in my insiens baie erger as wat die oortreding regverdig. Nou weer deur die media en hul meelopers in die publiek. Hoeveel keer mag mens vir dieselfde oortreding gestraf word?
Die saak moet uitgegooi word met kostes en die betrokke koerante wat die onwaarhede versprei het moet om verskoning vra OP DIE VOORBLAAIE! Ek sou ook graag ‘n kriminele saak sou geopen wou he teen die dame wat haarself voorgedoen het as ‘n polisie beampte. Dis vir my baie erger as sosiale media boelie!

BoikotAfrikaansePers ·

Die Afrikaanse pers, Maroela uitgesluit, verkoop die gemiddelde Afrikaner uit op die sensasie altaar van Mammon.

Hou op om dit te lees! Hulle dra ons kinders se beste belange op die hart nie.

Juffrou ·

Wat vir my kommerwekkend is in die algemeen, is die kru taal wat seuns en dogters (laer- en hoërskole) deesdae heel openhartig gebruik. Gr 2 seun sê in die week vir sy juffrou: “Juffrou, my ma sê daardie (skoolaktiwiteit) is sommer st$&*t.” Daar het jy dit…

Aitog! ·

Ek was so ruk terug vreeslik ontsteld oor iets wat vir my dogter op whatsapp gese is. Wou sommer die mannetjie aan sy tone ophang! Het my kind se foon gevat en gesien sy is nie so onskuldig soos ek graag wil glo nie. Mens moet maar soms jou eie kind se foute ook kan raaksien. Kinders moet mekaar op hulle eie tyd uitsorteer. Hulle is nou weer goeie maats en alles is vergewe!

Oordeelsfout ·

Dit lyk of mnr Slabbert ‘n paar oordeelsfoute begaan het en sy hand oorspeel het deur die (macho?) aggressor / konfronteerder te word? Hy moes nie self direk betrokke geraak het en eerder deur bv sy regspersoon gehandel het van die begin af. (Wonder watter voorbeeld sy gedrag stel aan einste dogter? (en sy gade?? Dalk moet die gesins-advokaat bietjie ondersoek gaan instel oor die kultuur tuis?)
Voorspoed met die ry van die perd wat julle opgesaal het. Die goed het ongelukkig maar die manier om vir baie jare saam met mens te wees, dalk selfs ‘n leeftyd.
NS : Hoekom het die dogter haarself dan nie gedistansieer van die seuns en hulle ‘toksiese chauvinisme’ nog voordat sy die pet opgesit het nie, of was sy toe ‘game’ vir die aandag?

alwyn burger ·

Tradisies!!. Dit is tradisies wat ons die Anglo Boere Oorlog laat verloor het!. Is hierdie tradisie die einde van Affies? Schalk en Bibi dink Affies is “AF”

Snowball ·

Ek sal nou nie dat my opinie sommer deur “intellektuele reuse” soos Schalk en Bibi beinvloed word nie; ook nie slapelose nagte hê oor dié twee se kommentaar nie….

Affie meisie oogpunt ·

@ alwyn burger
Tradisies sal nooit die oorsaak van Affies se einde wees nie. Tradisies is wat ons maak. Tradisies is wat ons anders maak.
Liewe Schalk en Bibi is duidelik nie bewus van enige van ons tradisies nie. Hulle is “AF”.

Pik ·

Al die fone het n opsie om in groep te bly of dit te verlaat hoelom het sy alles gelees gebruik net die blok of exit knoppie

Sluwe Sannie ·

As ek die media reg verstaan, was pappa se prinsessie by ‘n partytjie besig om beer-pong te speel toe sy die pet dra. Is dit dan nie onwettig vir minderjariges om te drink nie? Soos ek dit ook verstaan was die seuns drie jaar gelede alreeds gestraf vir hulle dade – hoekom dan NOU eers media toe hardloop (poplap, ek hoop nie jy verkoop jou stories aan al wat ‘n koerant is nie!)? In die grootmenswêreld kan jy nie huil oor elke klein ding wat jou oorkom nie.. Nee wat! Ek dink jy moet maar eerder vir jou ‘n stokperdjie kry om al jou tyd mee te vul! Wys jou net, mense is nie altyd so onskuldig soos wat hulle voorgee nie.

Lana ·

Om 3 jaar na die gebeurtenis die seuns aan te vat, wys op een of ander fout aan die dame (en haar span) se kant. Hierdie feit spreek so hard dat die ander feite van wie nou regtig verkeerd was in 2015 vervaag.
Indien iets werklik ‘n groot fout is, word dit onmiddellik uitsorteer.

Eddie de Jager ·

Sou dieselfde hewige reaksies verwag kon word as dit ‘n ander skool was? Ek herinner my aan ‘n soortgelyke situasie waarin leerders wat toevallig in ‘n goeie voorstedelike skool was ‘n persoon vermoor het. Die media het die getal skuldiges en die skool se naam gebruik om die saak vir sensasie ‘n naam te gee. Dit het die reputasie van daardie skool vir ewig verander. Hier is nou ‘n kans om nie weer daarde fout te begaan nie. Doktor Edwards het binne sy magte opgetree en die seuns die swaarste straf moontlik gegee. Niemand mag by ‘n skool opdaag en aandring om minderjariges te konfronteer of privaat kontak besonderhede te verkry nie. As die saak verder gevoer word raak dit siviel en het dit niks met iemand uit te waai behalwe die betrokke partye nie. Die seuns het nie reg opgetree nie. Pas op volgende keer is dit dalk “jou” skool se leerders.

Luister ·

Kan almal wat betrokke was tog nou net om verskoning/vergifnis vra, en aanbeweeg!
Die dame het ook duidelik berading nodig.

Angela ·

Ek dink ook hierdie meisietjie is nie heeltemal onskuldig nie. Hoekom moet alles nou in die media uit gebring word!

Vra maar Net ·

Geen koerant het tot op hede die foto gepubliseer nie. Iemand het kommentaar gelewer dat die foto onsmaaklik was en dit die seuns se humeure laat opvlam het. Plaas asb die foto sodat daar ‘n opinie gevorm kan word

Liesbet ·

Dankie vir ‘n gebalanseerde berig wat alles in perspektief stel. Dink nie die publiek het geweet dat daar wél destyds dadelik deur die skool ingegryp en ernstige tugstappe teen die betrokke seuns gedoen is nie . . .
Dink dit sou die OUERS se verantwoordelikheid wees om te sorg dat hul seuns die meisie om verskoning te vra en nie die skool s’n nie ? Waar pas die ouers van dié kinders in dat alles goedsmoeds op die skool afgeskuif word en dat ‘n skool skielik aanspreeklik gehou word vir wat ‘n handjievol leerders ná ure aanvang? Aikôna, daai kinders was almal minderjarig en dis absoluut skokkend dat die skool nou na soveel jare as sondebok uitgekryt word. As dit MY seun was, sou ek seker gemaak het hy vra die meisie persoonlik om verskoning en klaar . . . en hom erger gestraf het as die skool vir sulke vieslike taalgebruik?

Henry ·

Netsoos hierdie berig wat meeste van die vrae of onduidelikhede be-antwoord, is jou kommentaar die mees logiese en sinvolle ene wat al die getjommel oor ‘n simpele skoolpet, in perspektief plaas.
Wanneer gaan sommige ouers en andere besef dat ‘n skool en personeel, nie verantwoordelik vir die onsinnige en onbeskaafde optredes van hul bloedjies is nie??? Bloedjies wat met hul dade en gedrag uiteindelik meer vertel van die gebrekkige opvoeding/leiding wat hulle in hul ouerhuise ontvang het.

Ansie. ·

Dr. Edwards, Die media blootstelling waarna u verwys sou nie skadelik wees vir Juane Slabbert nie maar vir AHS se beeld. Het julle werklik gedink die voorval kan net so onder die mat ingevee word en van vergeet word. Enige intelligente mens behoort te weet dat om n probleem te ignoreer, dit nie sal laat verdwyn nie.

Hennie B ·

@Ansie – Beste Ans, die beste raad aan jou sou wees om ‘n tydjie uit jou dag te neem en die hele situasie van begin tot einde te verstaan. Sonder verstaan maak mens sulke onnodige “embarrassing” opmerkings en kommentaar soos jy sopas.
Dok E en die skool is besig om ‘n skewe beeld wat deur ander partye in media geplaas is reg te stel. Spesifiek tov die feite rondom die saak se hantering asook hoe hulle die ander party geadviseer het. Nêrens lees ek enige iets van onder mat invee.
Alles na-ure aktiwiteite. Eintlik niks met skool te doen.

BLInk182 ·

I do not condone the boys behavior however in the statement mr Slabbert notes he is doing this for all the other girls that have suffered the same wrath – why put a financial number to it then , is that what your daughter is worth ? Are you going to donate the monies to a home to help abused women ? If not I don’t understand why there is an amount of money wanted from the school and boys ?

Sss ·

Geld en aandag, so wêreld. Sterkte vorentoe meisie. Dankie Dr P – n ware man wat vir ware manne opkom. Ek salueer u. Aan my Affie seun: wat n voorreg om jou in n skool te hê waar goeie normes en waardes nog seëvier. Laat daar lig wees. Dankie manne vir jul voorbeeld, nederige, onbaatsugtige dien en leef in die gemeenskap.

Sss ·

Geld en aandag, so wêrelds. Ai Sterkte vorentoe meisie. Dankie Dr P – n ware man wat vir ware manne opkom. Ek salueer u. Aan my Affie seun: wat n voorreg om jou in n skool te hê waar goeie normes en waardes nog seëvier. Laat daar lig wees. Dankie manne vir jul voorbeeld, nederige, onbaatsugtige dien en leef in die gemeenskap.

CG ·

Beste Dr. Edwards. Uit u skrywe is dit duidelik dat die skool ‘n klomp dinge reg gedoen het in die hantering van die saak. Ongelukkig, op die kritiese punt, naamlik straf, het die nodige integriteit ontbreek. Drie sessies detensie is bloot maar net ‘n simboliese ligte tikkie op die vingers – blote oëverblindery. Uit u en andere se skrywes is dit duidelik dat ‘n swaarder straf sou wees die ontneming van die voorreg om die klok te lui. Dié straf is egter aan net een opgelê. Die feit dat die ander 25 die klok kon kui is n hard en duidelike boodskap: ” Meisievloekers en – dreigers is welkom in ons Affies geledere; ons waardes is nie vir ons so belangrik as wat ons voorgee nie want ons is nie bereid om ons rug daaroor styf te maak nie. ” Daardeur het u en die beheerliggaam klaaglik misluk om die trotse tradisie van Affies in stand te hou. Nie net het u die huidige 1300 leerders ondermyn nie, maar die totale Affies gemeenskap. Ons weet nou almal dat die trotse Affies gemeenskap 25 “manne” insluit wat groot en sterk genoeg is om ‘n meisie te dreig en te vloek en ook “groot manne” wat nie die murg in hulle pype had om die gewaande waardes van Affies te handhaaf nie. Ek is vandag ‘n bietjie minder trots om ‘n Afrikaner te wees. U en Affies het my ook in die steek gelaat.

Net 'n ma ·

CG, moenie oordeel wannneer jy nie al die feite het nie. Jy het nie almal se boodskappe en hulle aandeel in die saak gesien nie. Meeste van hierdie seuns het gladnie die dametjie gevloek of gedreig nie, maar was bloot deel van die ‘chat’ net soos die dame self. Ongelukkig word hulle almal nou ingesluit by haar aksie. Miskien sou dit help indien sy vir die koerante al die screenshots van die totale gesprek wys-sy het egter gekies om selektief te wees met die inligting wat sy orals versprei.

Mr B ·

Lees gerus die opvolg artikel wat geplaas is in Netwerk24 wat die aanvanklike artikel aansuiwer en baie meer omvattend is. Affies gee redes wat, hoe, wanneer en waarom sekere handlinge gebeur het. Mag dalk u opinie verander

Dame ·

“ Ons seuns word tussen vroumense groot”. Dalk sal die gebruik van die woord “ dame” groter impak hê om Affies se saak te versterk.

Willem ·

Ek het nie ‘n probleem dat hulle tussen vroumense groot raak nie ….

Hendrik vd Westhuizen ·

Nog ‘n baie hartseer geval wat geen skool en veral ons Afrikaanse skole nie nodig het .

Weereens ‘n bewys : Sosiale media is ‘n baie, baie gevaarlike medium en moet moet die nodige respek hanteer word.
Lees twee keer voor jy stuur en vra jouself af
a. wat is die doel van jou boodskap en
b. wie gaan die sserste kry na jy die boodskap gestuur het

Sterkte aan almal wat betrokke is

Johann du Toit ·

Ek weet nie of die dame se motiewe suiwer is nie. Dit wil voorkom of persoonlike verryking en persoonlike blootstelling betrokke is. Volgens ‘n mediaberig studeer sy in die regte. Dit mag moontlik ‘n rede wees waarom sy ‘n ou insident oproep en voor die hof wil bring. Geld is altyd welkom en die media-blootstelling dien as gratis advertensie vir haar in haar voornemende beroep – almal weet na dese wie en wat Nadéne Slabbert is.
Dit wil voorkom of sy die pet met voorbedagte rade gedra het met die uitsluitlike doel om reaksie uit te lok. Sy het dit beslis nie onskuldig as modebykomstigheid gedra nie. Dit mag wees dat sy onbewus was dat jy nie ‘n Affies-pet dra as jy nie ‘n Affies-leerder is nie maar volgens foto’s is sy op haar voorkoms gesteld en het sekerlik tog geweet ‘n plat pet sonder hoogte pas by ‘n langwerpige gesig maar dit maak ‘n ronde gesig-vorm nog ronder.
Ek voel sy is die een wat Affies om verskoning moet vra. Ek weet nie van een skool wat ten gunste daarvan is dat ‘n skooluniform of ‘n deel daarvan tydens die speel van kroegspeletjies gedra word nie. Dit is disrespekvol teenoor die skool.

Elize Louw ·

Ek het net een vraag, meneer en mevrou die ouer van die ongeskikte/swakgemanierde seuns, hoe voed jy pa van die seun jou kind op??? waar leer die klein blaps sy houding en dinge wat hy gese het??

Elize Louw ·

Ek het net een vraag aan die meneer/mevrou die ouers….. Die Pa wat leer jy jou seun, waar kom hy aan die swak taal en dinge wat hy haar toegesnou het?? Hoekom moet die skool nou rondspring kry die onbetrokke ouers ook in,meneer die ouer dis jou plig om jou seun met maniere en respek groot te maak

Oud Affie 2011 ·

Okay ek het n papier sak nodig na al die opmerkings. #1. Dit was buite skool tyd en nie naby die skool nie. #2. Dis ‘n handvol vriende wat toevallig saam op skool is. Beteken nie hulle verteenwoordig die hele 1350 op die terrein en in uniform nie. #3. Trust me, en ek bedoel trust me, hulle WETTIGE straf wat hulle ontvang het is ‘n scar for life. #4. Ek sou tien teen een seep in die bek bydra want ek is teen krutaal teenoor dames. Kyk vloek is vloek maar mens vloek nie n dame nie. #5. Respek vir Dr. Edwards en hoe hy die situasie hanteer het. Dr. Ek persoonlik dink inelkgeval dit het niks met die skool uit te waai nie. Net n klomp seuns wat hulle waardes in hulle ouers se gesigte terug gegooi het. #So kan ons almal nou die “groter” prentjie hier raak sien? Ouers, maak julle kinders reg groot. Waardes lé nie by ‘n skool of beroep nie, die ware waardes ontstaan in jou ouer huis. Dankie.

Johann du Toit ·

Die skoolhoof het die situasie reg hanteer.
Wat die kinders aanbetref, wil dit voorkom of die een net so skuldig was as die ander. Dit is jammer dat die foto wat Juane op 6 Augustus 2015 op SnapChat geplaas het nie vertoon word nie. Die foto se byskrif was blykbaar ‘n genotvolle aand. Sy het glo ‘n kroegspeletjie “Beer Pong”, saam met oud-Affies, gespeel. Een van die mans het blykbaar die pet op haar kop gesit en die foto geneem. Daar word nie gesê of drank betrokke was nie maar kroegspeletjies sonder drank is gewoonlik maar vervelig . Die probleem is sy was op daardie stadium 17 jaar oud, op skool en nie veronderstel om drank te gebruik nie.

bgj van der westhuizen ·

wel hoekom wag sy nou 3 jaar later en nou wil sy geld eis en die skool het binne die wet op getree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.