Affies rou ná dood van skrander leerder

Die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria rou ná die dood van Ian Visser, ‘n graad 12-leerder. (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) is in rou gedompel ná die dood van Ian Visser, ʼn gr. 12-leerder van dié Pretoriase spogskool.

Ian het Dinsdag sy lewe geneem. Affies het in ʼn verklaring op Facebook sy medelye met Ian se ouers, André en Ina Visser, sy jonger broer, Leander, ʼn gr. 10-leerder by dieselfde skool, hulle vriende en naasbestaandes betuig.

“Ons dra hulle almal in ons gebede op.” Die skool beskryf Ian as ʼn spontane, vriendelike en ongelooflik begaafde jong man.

“Hy was lid van die skool se konsertorkes en die Affie-swingensemble. Hy was verlede jaar ʼn  kategoriewenner van die Affie-Artes en is genooi om in twee items tydens die gala-aand op te tree. Hy het ook baie verdienstelik by die Pretoria Eisteddfod presteer.

“Ian het voorts in die koor gesing en was by twee geleenthede in ʼn junior debatspan wat na die finale ronde van die ATKV se nasionale kompetisie deurgedring het.”

Ian het ook op akademiese gebied uitgeblink. Hy het jaarliks akademiese erekleure verwerf en het in 2017 én verlede jaar die trofee vir die beste leerder in musiek ontvang. By verlede jaar se prysuitdeling is ʼn silwermedalje vir sy bydrae tot die skoollewe aan hom toegeken.

Hy was ʼn lid van die Affieraad vir die 2018-’19-termyn en het vanjaar vir die tweede, derde en vierde hokkiespan gespeel.

“Affies eer sy nagedagtenis met mooi herinneringe,” het die skool gesê.

Dirk Taljaard, die skool se skakelbeampte, het aan Maroela Media gesê ds. Paulus Burger, verbonde aan die Ooskerk, het vanoggend die skoolopening waargeneem en die seuns moed ingepraat.

Die skool se sielkundige is ook beskikbaar om berading te verskaf, het Taljaard gesê.

Tientalle boodskappe van medelye het intussen op sosiale media ingestroom.

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

DS ·

My hart bloei vir die gesin. Bid dat die Here julle styf teen Sy bors sal vasdruk en vertroos want dit is die SEERSTE seer wat enige ouer kan beleef.

LINDA ·

Dieselfde as my dogter….onverklaarbaar en n mens is stukkend geskeur! Maar net soos ek weet sy is by Jesus ek het gebid vir n antwoord en Jesus het my deur n droom gese sy is by Hom. Dit is al wat my kon troos! Jesus wil U asb hierdie familie bystaan soos U my elke dag bystaan en vertroos. Slegs deur U genade sal hulle hierdeur kom. Dankie Jesus. Amen.

MK ·

“Nou sien ons deur ñ spieël in ñ raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig”…eers dan sal mens die antwoord kry waarna gesoek word.
Mag die Vader julle as ouers, familie, geliefdes, deur hierdie moeillike tyd dra.

Maria ·

Aan Ouers gee stywe drukkie ek weet hoe dit voel het geen woorde nie en daar baie baie…..kinders selfde pad loop as Ian geen antwoorde nie dink aan julle in gebede. x

Ellen briel ·

baie sterkte dit word ligter die pyn van verlange maar gaan nooit weg..2 seuns verloir in 18 maandeGod sal julle troosting ger..

Zettie ·

Wat kon so erg gewees het dat so ‘n begaafde seun sy eie lewe moes neem? Hoekom? Wat gaan aan in die wêreld dat soveel jong mense besluit dat dit net eenvoudiger is om ‘n einde aan als te maak………..dis baie hartseer. R I V.

Pops ·

Ai. Hoe hartseer. Wat kon so n pragtige jong seun met soveel talente gedwing het tot so n daad. Hoe moedeloos was sy siel? Al my simpatie aan di ouers en familie.

Jr ·

Zettie ek het ń seun soos Ian gehad en al het hulle 1000 keer meer kunstige talente as die ander seuns is my ervaring hulle word uitmekaar getrek deur die macho rugby , krieket , atletiek ” meneertjies geboelie. Affies – jy’s niks as jy nie sports bekwaam is nie. Kan sê wat jy wil. Ek het dit geleef met my seun – sout van die aarde is hy

PaBeer ·

Jr…..hou jou mond oor goed waarvan jy niks weet nie. Affies staan nie eers meer bekend as groot rugby skool nie, Affies is bekend vir sy wêreldkampioen koor en sy kultuur groepe wat pryse regoor die land wen. En Affies het die grootste musiekdept in Suid Afrika. Kan ek jou uitdaag om te kom kyk hoe gewild die seuns is wat in die verskeie strykorkeste ens speel? Hierdie is ‘n tragedie wat ‘n hele skool en skoolgemeenskap geruk het. Nag ou grote, klaar gepraat!

Wonder soms ·

My hart breek vir sy geliefde familie en skool en vriende. Kom ons bid eerder saam vir berusting vir almal, as om te bespiegel oor hoekom hy dit gedoen het.
Kinders wat talent het word nie altyd “gedruk” deur die ouers nie. Skole met musieksentrums en wat die vak aanbied se leerders word nie noodwendig geboelie net omdat hulle ewe goed uitstaan op sportgebied nie – inteendeel menigte sportsterre daar staan uit in kultuur ook. Dis gemeen om vingers te wys wanneer mens se hande eerder in gebed gevou moet wees
RIV Ian, sterkte liewe ouers, familie, skool en maats
Dis so ongelooflik hartseer

Anoniem ·

Ek sekondeer Jr se skrywe 200%. Affies is nie so blink as wat hulle voorgee nie, en draai ‘n blinde oog vir die boeliegedrag in hul midde. Hulle WIL nie daarvan weet nie, en hulle WIL nie daarteen optree nie.

T ·

Ai dis so erg. Wonder wat het Ian so gepla dat hy so ñ drastiese stap geneem het. Sterkte aan sy familie. Jul is in ons gebede.

Affie ouer ·

Kinders word erg geboelie. Nie alom bekend gemaak. Het verskeie kere aangemeld sonder sukses. Ek sê nie dis d rede vir wat kon gebeur het nie. Hart is baie seer vir sy ouers en broer… Mag God hulle vrede en rustigheid gee wat net Hy kan… alleen is ons niks.

WONDERMAAR ·

Hierdie seun het geveg teen die donker hel van depressie. En dog is daar sielsiek ouers wat dit as ‘n geleentheid gebruik om Affies af te kraak. Hoe siek het ons gemeenskap geword dat mens nie eers simpatie kan he met ‘n jong man se dood nie.

honourable member ·

Ongelooflik hartseer. Baie sterkte aan die familie.

Mads ·

Ag dis VERSKRIKLIK hartseer….
Ek bid dat God sy ouers, boetie, vriende, familie en leerders sal omvou met Sy liefde – en hul troos en Vrede gee in hierdie allerverskriklike hartseer tyd.
Ai…. Baie liefde en my innige innige simpatie….????

Mel ·

Stem volkome saam Ai, pragtige Jong man! Baie sterkte aan sy naasbestaandes

Ween ·

Ek dra julle teen my hart en in my gebede. Dit is so verskriklik erg.

Liza ·

Ek bid dat ons Hemelse Vader die naasbestaandes sal vertroos. Rus in vrede….

Lee ·

My innige simpatie aan sy ouers en broer. Mag God julle die vertroosing gee wat julle nodig het en julle styf vashou in die moeilike tyd. Rus in Vrede Ian Visser xx

Lothar ·

Ek het vir Ian geken. Ek kon ook nie vandag op my werk konsentreer nie. My hart is gebreek, hy was so ‘n pragtige kind.

Mariaan ·

Hartverkeurend…jammer vir jul groot verlies…ai…mens het nie antwoorde nie…die lewe maak my eintlik bang…sal nie so iets kan verwerk nie..

TDW ·

Aan elke persoon wat hier lees, jonk en oud, en ook dieselfde ding wou doen, want dinge raak so oorweldigend en dit lyk nie asof daar hoop is nie, asb, sê vir jouself, wag tot môre. En dan weer. Wag tot môre. ‘n Nuwe dag bring nuwe hoop. Al lyk dit hoe onmoontlik. Dis die waarheid.
Ek bid vir alle moedelose.
Sterkte aan die familie en vriende van hierdie jong man. Mag God julle dra.

Ilze ·

Ek sien die foto en dink wow so mooi seun toe kom die opskrif . Ek was hoendervleis oral oor. Ek is so jammer vir sy familie. Sterkte vir almal

lanie ·

Ai dit is so hartseer. Jy dink jy ken jou kind tot so iets gebeur. Sterkte Pappa en Mamma.

Christine ·

Baie baie sterkte aan ouers ek weet hoe voel dit my seun ook selfmoord gepleeg hoekom en waaroms sal altyd by jou bly daar nie woorde wat dit sal beter maak nie .Daardie oggend speel elke dag voor my af .Sterkte Sterkte

Maria ·

My seun het ook probeer meer as 7keer dankie Vader hy leef nog maar nog teens stryd deur gebede Mens weet nooit nie daarom oordeel ek nie met stukkend hart ma. Gee vir jou stywe drukkie

Liezl ·

Ai, dis verskriklik en so jammer. Ek dra jul op aan ons Hemelse Vader. Jammer seun, dat jy hartseer was in al jou prestasies. Jou prestasies wat jou ‘okay’ was, maar diep binne het gepla. Jy het so hard probeer, maar dit was nie genoeg nie. Maar eintlik was jou minste, die beste. So so jammer dat jy nie ‘n kans gekry het om net jy te wees nie.

Ronel ·

Wat ‘n verskriklike hartseer. Mag jy in vrede rus mooi kind, en sterkte aan die ouers, familie en maats

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan Ian se Ouers , sy familie en vriende… as ons al die antwoorde gehad het en nie hoef te vra hoekom? maar slegs Ian alleen sal weet waarom” dit is baie hartseer om te dink dat hy in sy finale tyd van skool was en dat hy nog soveel kon bereik het omdat hy so n spontane en goeie sportsman was…mag God jul vertroos deur die hartseer tyd. RIV Ian ….

Pim ·

Dis ongelooflik hartseer. Baie sterkte aan al sy familie en vriende.

Amelda ·

Ai dis so hartseer. So n pragtige jong man. My seun ook in graad 12. Die druk raak baie erg. Sterkte familie.

Annie2 ·

Die ergste seer om jou kind aan die food af te staan. Ai mooie Kind, ek is so jammer vir jou dat jy so jonk moed opgegee het. Aan die Ouers en gesin, my innige simpatie. Dit moet oneindig seer wees. Mag ons Hemelse Vader julle stuff vashou. Hierdie is ‘n seer pad. My gedagtes en gebed is met julle. Russia sag mooie Kind.

Annalise ·

Ai. Hoekom tog? Ek is so jammer. Sterkte aan sy familie.

CARIEN ·

Ai dit is die seerste seer wat ‘n ouer kan deurgaan.
Baie jammer aan die jongman se ouers.
Dit is so jammer dat die pragtige jongman nie ‘n weg kon vind om deur sy probleme te werk nie.
Rus sag jongman, ons as mense sal altyd vrae hê in ‘n geval soos dié maar ons moet berus en weet dat God weet, HY sien die groter prentjie. Jesus stap die pad na genesing met sy familie. ♡♡

hercu ·

????geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Abba Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ die Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte????shalom????

Jakalas ·

Ai tog dis nou hartseer. Ek kan onthou toe ek in Gr 10 was (2006) het ‘n seun in my klag ook sy eie lewe geneem. Hy was ook een van daai mense wat mens dit nooit sal verwag nie. Ek was by sy begrafnis en dit is glad nie ‘n goeie ding om te sien hoe ouers hulle kind begrawe nie.
Gewoonlik is dit die wat die grootste glim lag, wat die meeste seer mee saam loop. Die suen in my skool was ook so geval gewees.
Baie sterkte aan die gesinne en sterkte met wat voorle.

Christa ·

Mens het nie woorde nie. So n pragkind . Dink vanaand aan die ouers. Hy Sal julle krag gee en dra Waar julle nie meer Kan loop. Hy is so getrou. Sterkte en mag julle berusting kry.

Sue ·

My seun is in Affies.
Dit het die kinders baie erg getref, hy sê die skool was nog nooit so stil soos vandag nie.
Ian, ek is so jammer oor jou hartseer wat so erg was dat jy nie meer kans gesien het om aan te gaan nie. Bly veilig in Jesus se arms. Ek bid vir krag, genesing en vrede vir jou familie en vriende.

Lothar ·

Ek het vir Ian geken. Ek kon ook nie vandag op my werk konsentreer nie. My hart is gebreek, hy was so ‘n pragtige kind.

Reyn ·

Sterkte aan Ian se ouers en jonger boetie, ook aan elke Affie seun wat vandag skoon stil was van skok. Ian was n uitblinker op vele gebiede en was bekend en geliefd onder sy klasmaats, orkes maats en die jonger kinders.

Nogsukkelendeouers ·

So jammer! My seun het laasweek Maandag probeer en was hele paar dae in intensief. Selfde ouderdom! En sussie is ook so oud soos sy broer. Liewe genade ek kan net die Here dank ons kind is hierdeur, ek os só jammer vir julle pyn, verlies, leemte, vrae. Al sê almal dis nie ons skuld nie voel ons nogtans verantwoordeik want dis ons eie kind, hoe kan ons nie agterkom nie? Ons weet iets is nie tuis nie maar sou nie dink jou eie kind sou so iets doen nie.

ZETTIE ·

@Nogsukkelendeouers – baie sterkte vir julle ook. Ek kan dink dis nie maklik nie, maar is baie dankbaar dat jul seun leef. ♥

Akker ·

Dit is verskriklik jammer. Ek wonder soms hoeveel mense ons kan help op ‘n daaglikse basis deur net lief te he, onvoorwaardelik. In retrospeksie is niks meer werd as jou lewe nie, Ian. Rus in vrede met die wete dat jy ‘n grote leemte laat. Jy het lewens slegs positief aangeraak. My innige simpatie aan die hele familie en wyer vriendekring.

Lizette ·

So vreeslik. Jammer prag-seun. My hart gaan uit na jou wat nie meer kans gesien het vir hierdie wrede wêreld. So jammer v sy ouers, boetie, familie, skoolmaats en elkeen wat geraak is deur sy dood. Baie sterkte vd pad wat voorlê. My hart is so seer.

Anoniem ·

My hart pyn vir Ian, sy ouers, sy broer, almal wat hierdeur geraak is. Maar veral vir sy broer.

Barry ·

Ek wil net graag aan die ouers se niemand weet die seer wat julle het nie
Ek het toevallig in die sestiger en vroeer sewentigs al die selfmoorde in die Oostelike voorstede ondersoek toe ek in die Speurders was te Sunnyside
Mense kan spekuleur soos hulle wil die ware rede sal hulle nooit weet hoekom die persoon selfmoord gepleeg het nie.
Die arme ouers moet nie hulself blameer en vra wat het ek verkeerd gedoen nie want hulle sal nooit weet nie. Die ongelooflike tragedie van selfmoord is meesal iets wat geen mens op aarde kan bepaal nie.
Wat ek wel kan se is dat boelie by die skole wel n persoon se besluit om eie lewe te neem kan beïnvloed en ek weet hoe voel dit om geboelie te word.
Leef met die mooi gedagtes saam en die pyn sal minder word met die jare maar nooit die goeie herinneringe oor sy lewe saam met julle.
Ek wens julle net die beste toe oor die tydperk

James ·

Skole besef nie wat se skade boeliegedrag aan ‘n kind kan doen nie. Ek hoop nie die pragtige seun het deur boeliegedrag sy eie lewe geneem nie, maar sou dit die rede wees, sou ek as ‘n ouer gaan ondersoek instel en dan die boelies hof toe vat vir moord.
Ook die onderwysers wat dalk daarvan bewus was maar niks daaraan gedoen het nie.
Die deler is so goed soos die steler.
In baie skole is die sport ouens meer belangriker as die ander – alhoewel ander kinders in ander rigtings uitblink.
Dit tel nie onder die ‘manne’ nie.
Nou sulke ‘manne’ beteken niks vir die samelewing nie – hulle kom gewoonlik tot ‘n val.
Stel asb ondersoek in sodra dit weer beter gaan.
Sterkte aan die gesin en familie en ek hoop dat dit met tyd beter sal gaan.

Charlie ·

Ek het gister seker meer as 10 keer vir hierdie gesin gebid, sonder dat ek dit eers besef…. Ek is so so jammer!!!
My seun is ook ń oud Affie, en ek het net goeie dinge oor hul te sě… My seun het egter deur ń slegte tyd gegaan, en uit desperaatheid het ek sy dagboek gaan lees, en moes daarin lees dat die eintlike boelie en ‘afkraker’ sy afrigter was. Die grootste boelie in Affies, as ons dan oor boelies praat, is (was) ń onderwyser en afrigter, en hoe staan ń seun daarteen op…

Ben ·

Ons kinders en jongmense is onder geweldige druk met sport, akademie, ekstra klasse, buitemuurse aktiwiteite. En dan gebeur daar net iets wat die hele ding “trigger”. My bede is dat die Here julle as ouers styf sal vashou en koester. Om ‘n kind aan die dood af te staan is sekerlik een van die mees traumatiese dinge wat met jou kan gebeur. Baie sterkte aan die ouers. Ons bid spesiaal vir julle in die swaar tyd.

jakes ·

Ons innige medelye met die seun se familie en vriende. Niks kan erger wees as om n kind af te staan aan die dood nie. Koester die tyd wat hy aan julle gegee is en wees verseker dat julle hom weer eendag sal sien. Mag God julle versterk in julle uur van smart.

Liza ·

My innige meegevoel aan die ouers en sy boetie, dis so so hartseer, ek wens net daar was nooit so iets soos selfmoord nie, dis iets wat ek nie kan verwerk nie……en om ‘n kind te verloor ongeag hoe is seker een van die seerste dinge in ‘n mens se bestaans lewe en jy kom nie daaroor nie…….ek bid vir julle as ouers in hierdie moeilik tyd, hou vas aan God .
Wat ‘n talentvolle seun was hy nie……….RUS SAGGIE IAN……..

MyTweeSent ·

Volgens ‘n berig op Netwerk 24 het Ian aan depressie gely. Ek wil eerstens my diepe meedelye aan Ian se familie oordra. Die presiese omstandighede is onbekend en verstaanbaar persoonlik.
Daar is egter iets wat ek op my hart het om met familie en vriende van depressielyers te deel – ek het dit ongelukkig eers uitgevind na my pa se dood.
Depressielyers neem dikwels kort na hul medikasie begin neem, of van medikasie verander, hul eie lewens. Die ironie is dat die regte medikasie hul dikwels uit daardie donker gat begin lig, maar nog nie op die “rant” neergesit het nie. Dis terwyl hul die “wal” bestyg, wanneer hul dan die krag en moed het om dit waaroor hul al lankal tob deur te voer. Terwyl hul in die gat van depressie is het hul dikwels glad nie die krag of selfvertroue om enige plan uit te voer nie. Wanneer hul dan, danksy die regte medikasie, van daardie krag en selfvertroue begin terugkry, maar nog nie heeltemal van die negatiewe gedagtes ontslae is nie, gaan hul dikwels oor tot die daad. Die naastes kom agter die medikasie begin te werk en is verheug daaroor – dit is egter juis die tyd wat jy as familielid of vriend waaksaam moet wees. Ons het dit nie geweet nie en kan ek vandag net wens dat iemand dit met ons gedeel het toe dit nog ‘n verskil sou maak.

Karen O'Connell ·

Deepest sympathy and condolences to this family, school friends, teachers. We do not know the answers as to why a child chooses to take his or her own life. Draw strength from your precious memories that will never fade. So very sad, I know that our Father God will wrap His hands around you and carry you during this very difficult and tragic time. God bless, thoughts and prayers are with you.

Lothar ·

Ek het die voorreg gehad om vir Ian ‘n kort rukkie te kon ken. Hy was ‘n fantastiese mens. Sy plekkie is leeg. Ons sal hom altyd met liefde onthou as die spontane, vriendelike seun wat hy was. Rus in vrede liewe Ian.

Bibolêr ·

My seun lei, soos ek aan depressie en ons het altwee al probeer selfmoord pleeg.
Die GROOTSTE PROBLEEM is die STIGMA van depressie waarteen ons baklei. Jy is mos : “nie gelowig genoeg nie”
Jy sien nie “alles wat jy het nie”
Dit is nie hoe depressie werk nie julle.
Dit is ñ chemiese wanbelans in jou brein.
As jy ñ diabeet is, is dit ok as almal weet en ook om ñ pilletjie te drink en almal kyk uit vir jou.
Hoekom is dit anders as ons depressief is?
Kom ons veg TEEN DIE STIGMA.
RIV seun.
Aan sy ouers : Dit is nie julle skuld nie en as Ian sy hart vir die Here gegee het is hy nou by sy Hemelse Vader want Jesus het aan die kruis gesterf vir al ons sondes, selfs die wat ons nog gaan doen.

W ·

Wens ek het net 5 min gehad om met jou te gesels het….Die probleem wat jy beleef het is net tydelik…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.