Marianne van der Laarse, woordvoerder van die familie, het gesê Schalk is geopereer om die drukking op sy brein te verlig. “Hy is stabiel. Onder die omstandighede gaan dit goed. Hy is onder verdowing en sy organe funksioneer normaal.”
Volgens Van der Laarse het die neurochirurge aan Deon en Karen, Schalk se ouers, gesê hulle is tevrede met die Schalk se vordering. “Hy is baie beter. Daar is hoop.”
Dirk Taljard, die skool se woordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê Schalk is in die buslaan in Lynnwoodweg tussen Afrikaans Hoër Seuns- en Afrikaans Hoër Meisieskool getref toe hy die straat wou oorsteek. “Die bus het hom gestamp en hy is deur die trefslag op ʼn ander voertuig geslinger.” Schalk is hierna in die Muelmed-hospitaal opgeneem.
Affies het intussen op die skool se Facebook-blad gesê: “Die operasie was suksesvol. Die eerste 72 uur is egter krities. U volgehoue gebede word ondersteun.”
Van der Laarse het gesê Schalk se ouers ontvang ongelooflike ondersteuning. “Die Afrikaans Hoër Seuns- sowel as die Afrikaans Hoër Meisieskool en die publiek ondersteun die gesin oneindig baie. Hulle is baie dankbaar en wil hê almal moet dit weet.”
Schalk het ook ʼn ouer sussie.
Lees alle vorige berigte oor Schalk Viljoen op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Ons bid vir sterkte vir julle gesin en algehele herstel vir hierdie pragtige seun van julle. Affie-mamma
Schalk, ons weet jy gaan gesond word. Julle bly in ons gebede. Baie sterkte! Dankie aan die medici wat só na jou omsien.
My prokureur en my dokter sê ook altyd: “Solank daar geld is, is daar hoop”. Sterkte..
Here Onse Groot God en Vader. Skepper van hemel en aarde. Ons bid en vra U asb om vir Schalk aan te raak en gesond te maak soos net U alleen dit kan doen. Ons se dankie Here. Ons spreek genesing uit in Jesus Naam. Ons eer U en loof U en prys U. Amen!!
24 Jan
Ek is so dankbaar vir die ouers en familie dat die outjie goed vaar onder die omstandigdhede! Hopeloos teveel leerders is al deur meestal onnodige ongelukke verloor. Ek bid ook vir sy skool en andere wat hierdeur geraak word.. Sterkte jongman, mag die Heer se hand van genesing oor jou waak!