Affies-seun geteiken toe hy gaan draf

Die 17-jarige Llewellyn Ferreira word behandel nadat die motor hom raakgery het.

ʼn Pretoriase skoolseun het ternouernood aan die dood ontkom nadat twee mans in ʼn motor hom aanvanklik probeer gryp, toe agternagesit en summier omgery het.

Antoinette Ferreira sê haar seun, Llewellyn (17), het Woensdagmiddag in die Lynnwood Glen-omgewing gaan draf toe twee mans in ʼn motor met ʼn geel nommerplaat by hom stilgehou en aanwysings na ʼn kitskosplek gevra het.

Nadat hulle met dié vraag Llewellyn se aandag getrek het, het een van die mans uit die motor gespring, agterom die voertuig gehardloop en Llewellyn probeer gryp.

Dít het hom egter kans gegee om te laat spaander. “Hy het net geweet die kar gaan hom jaag. Ons huis was nog so 80 m verder en hy het omgekyk om te probeer sien waar hulle is toe die kar hom tref,” het Ferreira gesê.

Llewellyn het ten spyte van sy beserings opgespring terwyl die twee mans uit die voertuig gespring en hom weer probeer gryp het. Hy kon eindelik tot in die gesin se erf hardloop waarna die twee met die motor weggejaag het.

Llewellyn het sy selfoon ooglopend by hom gehad, maar Ferreira sê die mans het geen poging aangewend om hom daarvan te probeer beroof nie. “Hulle het nie gegaan vir sy selfoon nie, hulle het vir hóm gegaan.

“Dit was vreeslik, vreeslik, vreeslik. Ek is naar. Ek kan nie glo ons kinders kan nie eens meer veilig gaan draf nie,” het Ferreira ná die voorval gesê.

“Ons weet glad nie wat hulle idee was nie, maar ek wil ander kinders waarsku.”

Llewellyn, ʼn gr.11-leerder aan die Afrikaanse Hoër Seunskool en lid van die skool se eerste hokkiespan, wil in dié stadium glad nie weer buite oefen nie. Ferreira sê waar die kinders vantevore by die skool kon oefen, moes hulle weens die staat van landwye afsondering ander plekke kry om fiks te bly.

Llewellyn het verskeie beserings opgedoen.

“Hy is baie ontsenu, maar hy is ʼn sterk kind. Die gebeure speel egter die heeltyd deur sy gedagtes,” het Ferreira gesê.

Sy sê dit is waarskynlik ook te danke aan sy strawwe oefenprogram dat Llewellyn die krag gehad het om weg te kom.

Hy is ná die voorval na ʼn Pretoriase hospitaal geneem en het onder meer ʼn nekbesering opgedoen. Llewellyn het ook talle skraapmerke en ʼn inwendige besering aan sy kuit opgedoen.

Hulle het die voorval nog nie by die polisie aangemeld nie, maar Ferreira sê dit is vir haar belangrik dat ander ouers en kinders bewus is van die gevare en daarop bedag is. “So baie kinders gaan draf, maar hulle moet dit met beskerming doen en iets soos pepersproei saamneem.

“Dat ʼn kar hom só jaag en hom omry om hom te probeer platkry … die Here was goed vir ons. Ons is so dankbaar hy is veilig,” het Ferreira gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

johanf ·

Sterkte seun, jammer dat tot jy moes deurloop, bly jy het kop gehou….. Dankie Hete.
Hoop jy genees gou van jou beserings.
Sterkte.

Annette ·

Die geweld in ons land is absurd!! Soveel boosheid, haat, aggessie en verwoesting!! Wat dink hierdie mense!!!!! Ek is dankbaar saam met jou, Llewellyn, dat jy met jou lewe daarvan afgekom het. Dank die Here dat jy jonk en sterk is.

Althes ·

Die Here se genade was groot. Sterkte en hoop jy kom geestelik oor die trauma.
Dis dalk belangrik om die geval by die SAPD aan te meld – dis heel moontlik ñ sindikaat?
Of ñ rassistiese aanval?

Pieter ·

As ek draf, draf ek altyd met n “cable-whip” Dis ‘n 70cm x Ø5mm staal kabel met plastiek omhulsel. Gewiggie aan die een kant en ander kant dubbel gevou en vasgemaak om handvatsel to vorm. Lig en goedkoop, ek wag vir iemand of ‘n hond wat moeilikheid soek.

JohanR ·

Dis ‘n lekker ding daai cable-whip. Ek hou sommer ‘n lengte “hose pyp” by my. Het julle al gevoel hoe seer slaan daai “hose pyp” as jy hom slaan met krag en woede? Jy kril van die pyn! Maar sal nog graag wil weet wat was die ouens se agenda met ‘n 17 jarige oue seun?

Amatambo ·

Lyken my S.A. gaan die volgende “B-L-M” land wees – eintlik is dit reeds sedert 1994 die norm toe die African National Corruption oorgeneem het…

TO ·

Dit was net Jesus se bloed wat hom bewaar het. Sterkte, bid jy bly veilig en sterk vinnig aan

TRP ·

Sjoe jammer jong man, so dankbaar jy is veilig by jou ouers. Sterkte met die emosies.

Anoniem ·

Dit het verlede week met my seun gebeur. Hy loop altyd in die aande in ons area. Gelukkig loop hy al ‘n klompie jare en sekuriteit voertuie ken hom al. Hulle het besef wat aangaan en nader beweeg. Dit is toe dat die booswigte padgegee het. Ek en my man het vanoggend by ons kompkeks se hek uitgery op pad dorp toe. ‘n Man in ‘n bakkie wat duidelik moeilikheid gesoek het, het gemik na ons kant van die pad, seker om ons te laat skrik. Hulle is duidelik besig om ons te probeer terroriseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.