Affies-seun herstel goed ná bus hom tref

Schalk Viljoen. Foto: Affies

Schalk Viljoen. Foto: Affies

Dit is vandag presies ʼn week nadat Schalk Viljoen, ʼn gr. 11-leerling aan die Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria, voor die skool deur ‘n bus raakgery is.

“Schalk se hartklop, die drukking op sy brein en ander tekens is die beste wat dit nog was ná verlede Vrydag se operasie,” het Deon, Schalk se pa, gesê.

Hy het gesê die neurochirurg is só tevrede met Schalk se vordering dat hy die medikasie wat hom in ʼn geïnduseerde koma hou, geleidelik gaan verminder.

Marianne van der Laarse, die familie se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê Schalk is stabiel, steeds in ʼn geïnduseerde koma en sy brein is besig om te herstel. “Nog chirurgie sal waarskynlik nodig wees om die bene in sy gesig te heg. Geen chirurgie is nodig om bloeding agter sy oog te verwyder nie. Die dokters is tevrede met sy vordering, hy moet nou net rus,” het Van der Laarse gesê.

Sy het gesê slegs sy ouers en ouer suster word by hom in die intensiewe sorgeenheid toegelaat.

“Sy ouers bedank almal vir hulle volgehoue gebede, ondersteuning en omgee,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Schalk is in die buslaan in Lynnwoodweg tussen Afrikaans Hoër Seuns- en Afrikaans Hoër Meisieskool getref toe hy die straat wou oorsteek. Die bus het hom gestamp en hy is deur die trefslag op ʼn ander voertuig geslinger. Hy is na die Muelmed-hospitaal gehaas vir behandeling.

Schalk moes Vrydagaand geopereer word om die drukking op sy brein te verlig. Hy is onder verdowing geplaas. Sy organe funksioneer normaal. Die drukking op sy brein het oor die naweek aansienlik afgeneem.

Lees alle vorige berigte oor Schalk Viljoen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris W ·

AMEN! Ons was in ‘n motor ongeluk en my vrou het erge breinbeserings opgedoen.Maar ons Vader verhoor gebede en vandag na amper 3 jaar kan sy al bietjie met my hulp en ‘n kierie in die een hand wat bruikbaar is entjies stadig loop!Alle eer aan ons Almagtige Elohim!

Chris W ·

AMEN! Ons was in ‘n motor ongeluk en my vrou het erge breinbeserings opgedoen.Maar ons Vader verhoor gebede en vandag na amper 3 jaar kan sy al bietjie met my hulp en ‘n kierie in die een hand wat bruikbaar is entjies stadig loop!Alle eer aan ons Almagtige Elohim!Alle sterkte vir sy seun se familie wat deur ‘n tyd gaan wat ek goed ken – my vrou was 24 dae bewusteloos en in gevaar en 42 dae in ICU.

Riaan ·

Ons as mede Affie ouers is baie dankbaar dat dit beter gaan met Schalk. Ek het verlede jaar November opgemerk dat daardie spesefieke busdiens se bestuurders baie vinnig verby die skole ry en ek en my vrou het gevrees dat so iets kon gebeur. Hierdie “bus drywers” is baie onverantwoordelik om so te jaag op daai pad wat tussen die twee skole deur loop. Ek voel sterk daaroor dat stappe geneem word om seker te maak dat hierdie busse nie so vinnig daar verby ry nie. Dit is uiters gevaarlik!

Gesiggie ·

Baie bly dat dit al beter gaan ? Is daar enige nuus van die meisie wat tydens die skool kamp seer gekry het? En ernstig beseer is? Mag als 100% vir jou uitwerk Schalk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.