Afgedankte majoor se saak steeds na gelykheidshof

Majoor MV Mohlala. Foto: Via Facebook

Die VF Plus het Dinsdag aangedui dat die party sal voortgaan met hul saak by die gelykheidshof teen maj. MV Mohlala, die man wat vroeër vanjaar op Facebook in reaksie op ʼn gewelddadige aanval op wit bejaardes onder meer gesê het dat die aanvallers ʼn slagoffer se oë en tong ook moes uitsteek.

Die VF Plus het in ʼn verklaring gesê Mohlala se afdanking kom ná hulle verlede week met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se begrotingsdebat in die parlement sy misnoeë te kennis gegee het oor die feit dat daar nie daadwerklik opgetree is teen die majoor nie.

Die VF Plus het aangedui dat hulle die kwessie ook vóór die debat met Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, bespreek het om Mohlala se adres te bekom sodat ʼn dagvaarding op hom beteken kan word.

Maroela Media het vroeër berig Johan van Wyk, ds. Braam van Wyk (80) se seun, het op 10 Maart ʼn foto van sy pa se erg aangerande gesig op Facebook gedeel ná ʼn aanval vroeër die dag in Ysterhoutweg in Randparkrif in Randburg. Van Wyk het op Facebook geskryf: “Watter lafaards skop ʼn 80-jarige man in sy gesig terwyl sy hande agter sy rug vasgebind is? Hulle het ook sy vriend, afgetrede prof. Kobus Naude wat ʼn wonderlike man was, vermoor deur hom met ʼn mes in sy hart te steek.”

Mohlala, destyds verbonde aan die Wonderboom- militêre basis, het in reaksie op Van Wyk se plasing die aanvallers se optrede goedgekeur. Op sy Facebook-profielfoto wat by die inskrywing verskyn het, sit hy in sy weermaguniform met sy naam op ʼn plaatjie op sy bors aangebring.

“Die aanvallers moes sy oë en tong uitgesteek het sodat die laaste gesigte wat hy ooit sou sien, dié van die moordenaars sou wees en hy na sy graf kon gaan met die nagmerrie,” lui die beweerde inskrywing wat sedertdien verwyder is.

Hy het glo ook gesê: “Apartheid is in hom [Braam]. Al hierdie ou wit mense dink ons is onnosel as hulle sê hulle was teen apartheid gekant. Ons sal nie vergeet wat hulle gedoen het nie. Nou is dit die wit mense se beurt.”

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, het Dinsdagoggend aan Maroela Media bevestig dat Mohlala verlede week afgedank is aangesien die weermag die oortreding as “baie ernstig” beskou. Hy het gesê Mohlala se afdanking is finaal en permanent.

Die VF Plus het gesê hy gaan egter steeds voort met die saak teen Mohlala by die gelykheidshof aangesien die party die majoor se uitlatings as haatspraak beskou. “Dit is baie ernstig veral oor die feit dat Mohlala ʼn lid van die weermag was en soldate geensins politieke uitsprake kan maak nie aangesien hul integriteit bo verdenking moet wees om alle mense in Suid-Afrika sonder vooroordeel te verdedig,” lui die party se verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hmmm ·

Hoop hy word n voorbeeld en kry ook tronkstraf, alhoewel ek dit sterk betwyfel.

Tokkie ·

Majoor as jy al ooit op so n moordtoneel was sal jy nie sulke barbaarse uitlatings maak nie – die wreedheid wat gepaard gaan met hierdie moorde is onmenslik

Hanna Hoekom ·

Ten minste twee jaar tronkstraf en n hengse boete! Niks minder nie.

Johan ·

VF plus moenie net dink hy is afgedank nie….ek sal nie verbaas wees as hy op spesiale verlof is tot die dink oorgewaai het nie…..en dan weer n pos erens anders kry nie…..hou hom maar dom

janneman ·

Dankie VF+, ek het hoeka op n vroeere berig oor die aangeleentheid gesê die man moet boor die gelykheidshof gedaag word.

Louis ·

Ek het die berigte en kommentaar gister en vandag gelees oor die voorval. Almal kla oor die voorval, met reg ook maar is enige een van hulle bereid om self’n klagte te gaan le by die gelykheishof of ander instansie ten einde die saak verder te neem?
Almal lewer kritiek maar wie doen iets positiefs ten einde die ongeregtighede aan te spreek? Ek dink nie so nie. Miskien moet ONS minder praat en meer begin doen.

PJC ·

Iemand moet sy bewegings monitor want ek dink hy gaan een van die dae iewers anders ontplooi word met ń groter salaris.

lewies ·

As die majoor glo die wraak kom hom toe, laat dit so wees, As christene kan ons nie sy sentimente deel nie. Bid vir sy redding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.