Afgedankte myners heraangestel

Argieffoto.

Argieffoto.

Werkers wat in 2012 afgedank is tydens die stakings wat die platinumgordel by Rustenburg lamgelê het, is heraangestel. Die stakings het destyds die mynbedryf tot stilstand gedwing.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het gesê Impala Platinum en die vakbond NUM het Donderdag ʼn ooreenkoms hieroor onderteken. “Die ooreenkoms behels dat afgedankte werkers na hul poste kan terugkeer.”

Volgens Zwane is dié ooreenkoms ʼn bewys dat deurlopende gesprekke ooreenkomste kan verseker wat in alle betrokkende partye se beste belang is. “Ons is bly dat twee jaar se uitdagende onderhandelings suksesvol was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirk ·

Hokaai stadig oor die klippe wag maar dat NUM se mense wil terugkeer na die myn toe want AMCU gaan dit nie so ligtelik aanvaar nie en geensins NUM lede met ope arms terug verwelkom nie.

Oom Piet ·

Spyker op die kop Dirk. Lyk, ruik en smaak na Alliansie sameswering met Amplats om die AMCU meerderheid by Amplats, en elders, te ondergrawe, verdeel en watookal. AMCU sal die Alliansie inmenging glad nie dult nie, en Amplats gaan duur betaal vir hul samewerking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.