Afgedankte onnie vas vir aanval op skoolhoof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, besoek Dinsdag die Johannesburgse laerskool waar ʼn skoolhoof Maandag ten aanskoue van talle leerders glo deur ʼn afgedankte onderwyser met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die voorval het by die Paul Mosaka Primary School in Pimville, Soweto, plaasgevind.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn voormalige onderwyser toegang tot die skool gekry het deur ʼn vrouepatrolleerder te oorweldig en om te stamp. Toe hy op die skoolterrein kom, het hy die voorruit van die skoolhoof se motor met ʼn hamer stukkend geslaan, waarna hy haar verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die parkeergebied gesteek het. Van die leerders het die voorval gesien,” het Bodibe gesê.

Die skoolhoof is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die verdagte is in hegtenis geneem en is in aanhouding. “Die voormalige onderwyser is in 2015 afgedank nadat ʼn ondersoek in 2014 van stapel gestuur is oor vals kwalifikasies.”

Die departement het beraders verskaf om personeel en leerders by te staan. Eksamens wat vandag by die skool afgelê moes word, is onbepaald uitgestel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Die verdagte moet Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bruno Stef ·

Die skerp voorwerp is seker n mes of is dit nie polities korrek om die voorwerp te indentifiseer nie. ASB noem n graaf n graaf.

Cherokee ·

Wat sou die prosedure met die skryf van die berig moes wees indien mediese ondersoek en behandeling sou dui op velpenetrasie of steekwonde dmv iets wat ‘n mes, els of ander skerpvoorwerp kon wees kon wees? Daar was reeds ‘n hamer gebruik, so waarom kon dit nie dalk ‘n skroewedraaier wees nie? Noem jy al daardie voorwerpe ‘n ‘mes’ (of ‘n graaf)? Kophou Bruno!

snoefie ·

al ooit gehoor van….”call a spade a spade”? (al is die spade in die geval eerder skoppens. )

Kiepie ·

Darem verbasend hoe vinnig besoeke en berading gereël word as daar enige voorval by ‘n skool in Soweto of Diepsloot of Langa of of of is.
Sterkte aan die hoof, ek hoop sy word gou beter.

Bruno Stef ·

Wat sal ons dan n vuurwapen noem n pyp wat kan beteken dat dit vanaf n “Pea shooter tot n kanon kan aandui want albei vuur deur hulle lope dit hang net af van die slaankrag van die onderskeie wapens is .Ek vra maar net vir n meer beskrywende aanduiding en nie n raai/raai storie nie Cherokee.

abe ·

Ek weet wat n gesukkel dit is om werk te kry as daar allerhande vereistes oor kwalifikasies is. Ek het later my universiteitskwalifikasie afgehaal van my CV af. Dis al hoe ek weer ordentelike werk kon kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.