Afgedankte polisievrou mag ná jaar lange stryd terugkeer werk toe

(Foto: Verskaf deur Solidariteit)

Honderde polisiebeamptes het Donderdag hul steun by ʼn mediakonferensie in Bellville in Kaapstad aan genl.maj. Renee Fick getoon waar Solidariteit aangekondig het dat sy, ná ʼn geveg van byna ʼn jaar teen haar onregmatige afdanking in haar pos by die SAPD, mag terugkeer en terugwerkend vergoed moet word.

Dit volg nadat die provinsiale kommissaris Fick in 2017 vals van pligsversuim beskuldig het en aan haar ʼn skriftelike waarskuwing uitgereik het.

Fick het egter besluit om nie die vals klag teen haar te onderteken nie, waarna die kommissaris dissiplinêre stappe teen haar gedoen en haar summier afgedank het. Solidariteit het haar daarna bygestaan om haar onregmatige afdanking te beveg.

Volgens Francois Redelinghuys, woordvoerder van Solidariteit, het hierdie oorwinning geregtigheid vir ʼn getroue en lojale polisielid van oor die 39 jaar laat geskied en stuur dit ʼn boodskap van waagmoed uit.

“Generaal-majoor Fick het bloot haar werk behoorlik gedoen. Sy het inteendeel uit haar pad gegaan om te probeer verseker dat haar afdeling funksioneel bly en daarvoor is sy afgedank,” het Redelinghuys gesê. “Generaal-majoor Fick se storie eindig egter nie hier nie. Haar geveg teen ongeregtigheid en kanniedood-ingesteldheid om uiteindelik te seëvier, stuur ʼn duidelike boodskap aan die SAPD dat daar mense is wat bereid is om teen ongeregtigheid op te staan.”

 

(Foto: Verskaf deur Solidariteit)

Volgens Redelinghuys is Fick se storie een wat soveel polisielede raak. “Gemeet aan die ondersteuning wat generaal-majoor Fick vandag hier ontvang het, wys dit dat daar, nes Fick, baie getroue en hardwerkende polisielede is wat daagliks in uiters moeilike omstandighede moet werk.”

Redelinghuys het gesê polisielede is deel van ʼn sisteem waar hulle dikwels geboelie en dan onderdruk word. “Ons sal egter nie gaan lê nie. Ons sal bly veg teen vergrype en onregmatighede waaraan getroue werknemers van die SAPD daagliks blootgestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cherokee ·

Wonderlike nuus! Geluk Renee! Geluk Solidariteit! Belangrike vraag wat gevra word is wat word gedoen omtrent die vals klag gelê deur die provinsiale kommissaris.

Anni ·

Dankie solidariteit, en Geluk aan me Fick. Jy is vd min lede Wat opstaan en geregtigheud laat vier.

Geregtigheid ·

Ek hoop sy stel ‘n siviele eis in teen die vals klaer.

Gert van Wierdapark ·

Noem asb die naam van die vals klaer – die sg. provinsiale kommin-saris. Wie is hy en waar is hy tans ontplooi of ontrimpel?

Jan Alleman ·

Baie geluk met die vasbyt teen die onregmatige boelie taktiek. Die kersie op die koek sal wees as die boelie van sy eie medisyne kan kry soos die verhaal van Haman en Malgisedek.

Realis ·

Nou gaan die viktimisasie teen haar in felheid toeneem. Was self deur ‘n soortgelyke storie.

aj ·

Welgedaan!

Kry daardie rassistiese bedrieër komissaris agter tralies!

fred ·

geluk…nou die volgende stap om die valse kommisaris voor die hof te daag…slaan hard terug…anders gaan hulle nooit leer nie….hoor nou niks van die politieke partye nie?

Andre ·

Baie geluk
Gaan terug en vat jou besoldiging van die jaar wat aan jou verskuldig is en bedank dan, die viktimisasie gaan in alle velheid toeneem.

Nico K ·

Om so saak binne ‘n jaar afgeandel te kry is vinnig. Ek weet van iemand in die staatsdiens wat 3 jaar na haar afdanking die saak gewen het.

jaco ·

‘n WIT generaal. Hoe op aarde kan wit mense hulle in 2019 se anti-wit SA nog steeds inlaat vir sulke gesagsposisies? Sy moet mos nou weet dat haar besluite en opdragte aan ander maatstawwe as die our people res gemeet gaan word. As jy wit is, BLY WEG uit sulke hoë jobs, VERAL in die staatsdiens.

Metro_Ma ·

Dis baie goeie.. EN wonderlike nuus!
Ek hoop dat al die alewige-GAL-negatiewe-kommentaar-brakers oor Polisie/metro-optredes en dienste, tydens misdaadartikels ens.… ,
lees en waardeer ook hierdie “oorwinning” !!
Dankie Solidariteit !! Julle weet immers waaroor dit gaan.
Ek is ‘n trotse solidariteit-lid.

Thea ·

Ek bewonder jou omdat jy na al die drama nogtans kans sien om terug te gaan werk toe. Sterkte

Gerhardb ·

@Jaco, Bly eerder stil, Jy het geen idee waarvan jy praat nie…..

David Potgieter ·

Wel gedaan Generaal Fick. As oud polisieman is ek trots om te sien dat U opgestaan het teen die oor-mag wat ons net wil weg vee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.