Afgedankte taksbaas bly afgedank

Tom Moyane, die afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se. Foto: ANA

Tom Moyane, die afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se poging om weer in sy amp as hoof van die inkomstediens aangestel te word, het misluk.

Regter Hans Fabricius het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria Moyane se aansoek om weer as kommissaris aangestel te word met koste van die hand gewys.

Dit is Moyane se tweede bloedneus in die afgelope paar weke. Verlede maand het die konstitusionele hof Moyane se aansoek dat die Nugent-kommissie van ondersoek opgeskort word, van die hand gewys.

Moyane het die aansoek ingedien dat die kommissie van ondersoek onwettig verklaar moes word nadat pres. Cyril Ramaphosa aanbevelings van die kommissie dat Moyane afgedank moet word, aanvaar het. Die hof het egter beslis Moyane het versuim om gronde vas te stel oor hoekom dié hof die aansoek moes aanhoor. Die hof het gesê Moyane het nie ander kanale tot sy beskikking gebruik voor hy die konstitusionele hof genader het nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

leser ·

noudat sy koppie sop omgeval het probeer hy nogtans dit wat geval het opskep, maar die kat het dit reeds opgelek

Piet ·

Lekker hy probeer alles in sy vermoe om sy ou joppie terug re kry maar dit boomerang elke keer hy dink seker terug aan die dae toe hy lekker geskep het en nou nie meer kan nie hehe kry vir jou

Vra maar net ·

Hoe dikvellig kan n mens nou wees. Jou president se jy moet loop maar jy skop daarteen. Ag hierdie is regtig n sirkus

Hans ·

Hoe dan anners sý pres is ou Jakop, die opperste van al die skelms,

JohanL ·

Hoekom dink ek nou aan die liedjiemet die woorde “Vat jou goed en trek Ferraira, vat jou goed en trek.” Moet net met Moyane vervang :) :) LOL

John ·

Dit is juis wat mens bang maak. Hier is reeds ‘n hele ‘gang’ diep gegriefdes wat glo hulle mag maar die land bestuur…. tot in sy graf. Lelike planne word gesmee, dit kan jy glo…

Thinus Erasmus ·

Dit is die gesig van ‘n man wat weet dat sy geld kraantjie binnekort beperkings gaan kry!

Pieter ·

Met kostes. Die arme man gaan niks oorhou van al die geld wat hy so HARD verdien het oor die jare

KG ·

Nee ek dink nie hy kry die boodskap nie. Soos ek verstaan gaan hy appeleer teen die uitspraak.

Anoniem ·

Mens noem dit nie beurtkrag nie, maar beurtgeld. En jou beurt om geld te kry, is verby!!!

Henk ·

Hierdie ou het homself behoorlik verryk terwyl hy die posisie beklee het. Ek meen, SA se regstelsel en regsverteenwoordigers is ver bo die vermoeens van die gewone ou op straat

JohanL ·

Nee wat Tom. Maak maar soos my een vriend toe hy gehoor het hy is afgedank. Terloops, die vriend se naam was Rockoff.

Piet Pompies ·

You have overstayed your invite…. please go home.
Geen belasting betaler is deur my kommentaar benadeel.

Gert van Wierdapark ·

Henk is doodreg. Hy en sy meelopers het GROOT geskep terwyl hy die vals kitaar by SARS geslaan het. ‘n Behoorlike bate/leefstyl oudit moet op hom gedoen word! Ons praat nie hier van miljoene wat onder sy “lyding” by SARS verlore gegaan het nie. Wat is 3 ekstra nulle nou tussen tjommies. Ek sal laaik om hom in’ n oranje oorpak te sien – hy was mos die baas van daai plaas ook!

Al ·

Die arrogansie vd Zuma faksie is verbysterend!
Soos jou voorgangers wat gedink het hul is untouchables, het jy die trekpas gekry.

Elsa ·

En toe is dit boontjie kry sy loontjie. Dit voel niks lekker nie né Tom? Nou weet jy hoe Johan van Logerenberg en Kie moes voel. Gaan sit in die hoekie, stoute mannetjie

Johan H. ·

Klou soos stoelgang aan n wol kombers.. tronk toe met jou. Lyk my om te skep is verslawend.

Alida ·

Daar is baie wat moet gaan. CR moet sokkies optrek. Laat die groot trek begin!

Cherokee ·

Maar Alida, hulle word nie vervolg, net gejaag. VBS Bank ‘n ander voorbeeld. Anders neem die ratte baie lank om in beweging te raak.

Hans ·

Laat hom betaal vir sy dwaasheid wat al by Korrektiewe dienste met Bossassa begin het.

ne ·

Wanneer hoor ons hoeveel is sy “golden hand shake?” Hy het mos goeie diens gelewer. of wat praat ek alles?

Tik tok tik tok ·

Mooi man
Maar wie gaan ondersoek doen by sars
Die hoofkantoor in Brooklyn is nog vol van sy handlangers wat hy aangestel het
Tot Floyd sevambo (spelling) EFF se nors onbeskofte sister sit in hoë pos aangestel
Waar sy met GROOT geld werk
So daar is nie einde in sig nie
Tom het hele army wat van eskom afkomstig is aangestel
Nou vra ek weer
Wie gaan daar ondersoek begin

Skroef ·

Nou gaan hy reguit konstitutionelehof hardloop dan kan sy sussie se niggie se tannie se vriendin se kleinseun se skoonma se buurman beslis dat hy sy werk moert terugkry. Viva.

Andre ·

Bizar!

In watter alternatiewe “werklikheid” leef dié mense?

Wys jou hoe belaglik ongeskik hy was vir die pos.

Snowball ·

Who doesn’t know it is game over? Who thinks he still has a chance to milk the system? Tom, Dick or Harry? Time for voting is over! Tom you ARE the weakest link! Good bye!
Nou wag ons vir ‘the walk of shame!’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.