Afgetrede akademikus se lyk in plaashuis gevind

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die liggaam van ʼn bejaarde man is Sondag op ʼn plaas naby Rustenburg in Noordwes aangetref nadat hy vermoedelik dae vantevore in sy huis vermoor is.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dr. Steyn Steenekamp se liggaam is op sy plaas in Rietfontein naby Mooinooi op die vloer van sy huis gevind. Hy is vermoedelik verwurg en met ʼn ysterstaaf oor die kop geslaan. Sy hande en voete was ook vasgebind.

Daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie, het Moleko gesê. Sy kon nie bewerings dat Steenekamp se bakkie gesteel is, bevestig nie en het gesê dit moet eers deur Steenekamp se naasbestaandes bevestig word.

Steenekamp, ʼn bekende sosioloog wat jare lank by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gewerk het, sou Dinsdag 76 jaar oud geword het.

Moleko het gesê Steenekamp se liggaam is gevind deur mense wat melk gaan aflewer het. “Sy liggaam het reeds begin ontbind en die ondersoekspan vermoed dat hy tussen ʼn week of twee weke gelede al vermoor is. Die nadoodse ondersoek sal ʼn meer presiese aanduiding kan gee van die tyd en oorsaak van sy dood,” het sy gesê.

Ds. Nicolaas Steenekamp, Steyn se seun, het aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik wat die omstandighede rondom sy pa se dood was nie. “My pa en stiefma het tussen hul huis in Pretoria en die plaas beweeg, so my pa was van tyd tot tyd alleen op die plaas,” het hy gesê. Hy het gesê inligting wat oor sosiale media versprei word, is meestal bespiegeling, aangesien die familie nog nie alle inligting vanaf die polisie ontvang het nie.

“Ons drie broers woon oor die land versprei en sien mekaar vanmiddag [Maandag] vir die eerste keer vandat ons die nuus ontvang het. Ons sal dan eers kan praat en begrafnisreëlings bespreek,” het hy gesê.

Nicolaas het sy pa as ʼn beroepsakademikus beskryf, wat altyd beredeneerd en kalm opgetree en die groter prentjie raakgesien het. “Hy het absoluut op alle vlakke na God se skepping omgesien,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

DPJ ·

Nog ‘n plaasmoord. Statitieke styg nou skerp.
Waar is die peroritiseering van plaas moorde nou?
Moet ons nou wag tot die beeste huistoe kom?

Liewe heksie ·

O genade my Vader aan my volk ons moet ons op GOD vestig want ons word een vir een nou uitgemoor

Janet ·

Hoe het geen kind of di oom se vrou met hm vi 2 weke ni kontak gemk ni het niemand eers vermoed da is fout ni

SNEL ·

Ja-nee, my eerste gedagte ook, hoe bel mens nie jou ouer vir twee weke nie, of as vrou, hoe hoor jy niks van jou man vir so lank nie. Waar daar nie selopvangs is nie, is tog landlyne.

n Plaas is glad nie meer n veilige plek nie, net gister praat ek hoe ons tot 11 uur die aand nog op my ouma-hulle se stoep gesit en gesels het toe ek n kind was, deesdae kan jy dit nie eers helder oor dag op n plaas behoorlik buite waag nie. So jammer dat iemand van 76 so vermoor moes word en nie gegun was om sy lewe net self klaar te leef nie. Hy het absoluut geen bedreiging vir hulle ingehou nie. Wonder of dinge ooit sal ophou in ons pragtige land en dat ons weer kan lewe sonder om agter slot en grendel te bly en waar ons weer lekker op plase kan kuier en buite in die stilte sit en kuier tot laatnag. Mens se hart is seer oor hoe ons land op alle gebiede net versleg het.

marietjie Bothma ·

Ons het geen selopvangs op ons plaas in bosveld en moet ry as ons wil bel. Dalk was dit daar ook so.

Desmond ·

…moenie , moenie alewig , die boere verdag maak ….dis `n vry land …maar slegs vir swart moordenaars…

Willie Paterson ·

Wanneer is genoeg dan nou genoeg. Dit kan mos nie so aangaan nie.

ZAR ·

vandan plaasaanvalle nou as preoriteits misdaad verklaar is, dink ek die aanvalle het toegeneem?

Gerhardt ·

Voel vir my ook so. Kan ons vriende by Afrifroum nie weer ‘n wetenskaplike studie oor plaasmoorde doen nie. Waarom is dit so volop, watter arreas, watter tye, hoekom ouer mense, wat is die moetief ens. Ek weet die vrae is al hoeveelkeer beantwoord maar iets word gemis, dit gaan al so vanaf 1992. Iets moet skiet gee.

Doons ·

Dit lyk of die familie maar min kontak met hul 76 jarige pa gehad het? Ek vra ook wanneer is genoeg,genoeg?

Testertjie ·

Ek stem saam met Liewe Heksie en se ook genoeg is genoeg.

Berhalet Beukes ·

Tragies en weereens so só onnodig! My diepste medelye met familie en vriende!

Grotman ·

Ek is lankal sonder woorde. Rom 1 van vers 18 is al wat ek nog kan se…

Charlotte Barnard ·

Ek stem saam met jou – God gaan nog afreken met hierdie boosdoeners.

Frik ·

Wonder hoekom is die berig oor Shaleen so vinnig verwyder Is dit omdat sy onderandere haar uit gespreek het teen plaasaanvalle

Cornelia ·

Janet ek stem volkome met jou saam. Die oorledene se vrou sou ek se “onder normale omstandighede” bel ‘n mens mekaar tog elke aand as jy nie onder een dak slaap. Die tydsverloop voor dat iemand nou van sy dood “bewus” sou word, is vir my vreemd/aardig. Ek sou dadelik as ek my man nie in die hande kon kry, baie ander alternatiewe moontlikhede in ag geneem het. Jammer as ek verkeerd is.

Monica Muller ·

Ai tog hoekom vind ons mense dit altyd nodig om eiertjies te rondom dinge/omstandighede waarvan hulle geen kennis dra nie – hiermee bedoel ek die omstandighede van kontak tussen die betrokke familielede. In die platteland is daar haas geen meer landlyne nie – weens kabeldiefstal. Op sekere areas is daar geen selfoonontvangs nie. Elke gesin het sy eiesoortige kommunikasie reëlings en wie is ons om nou daarop te bespiegel. Die feit van die saak is ‘n baie bekende en Afrikaner is vermoor. Sy heengaan is ‘n skok vir sy familie en vriendekring.

WaakenBID ·

Liewe Heksie, dis goed om te bid maar kry maar vir jou n vuurwapen ook. En dan bid jy dat jy dit nie hoef te gebruik nie.

Cornelia ·

Sy eie vrou het geen kontak met hom gehad?. Nee, ek sluk baie swaar aan die storie dat die arme man so lank daar gele het sonder dat enige iemand geweet het hy is vermoor. Jammer as ek verkeerd is maar ek kan dit nie glo!

Oom Boer ·

Dit is hartseer en ‘n groot skande dat sulke gebeurtenisse toegelaat word en plaasvind. Die prioriteits aankondiging is ‘n foefie om die boere gerus te maak, op hul louere te verkeer en om te glo hul word nou ten volle beskerm en word dan sagte teikens. Hierdie statistiek gaan net groei as die jaar so afskop met al die onskuldige moorde wat plaasvind en gaan oor grondvergrypings strategiee. Bring terug die Boere Kommando’s en binne 6maande sal gesien word dat ‘n daadwerklike verskil plaasvind. Ons innige medelye en simpatie aan die Steenekamp familie en vriende met jul groot verlies en mag jul deur hierdie tyd van rou vrede in jul harte deur ons Hemelse Vader vind. “Sterkte”

Elinette ·

Oom Boer, hoe kan ‘n moord dan nou ‘onskuldig’ wees – dit moet seker lees: ‘onskuldige mense’. Maar ek stem saam: al is ‘plaasmoorde’ (ek sê dit in hakies, omrede ek steeds glo dit maar net deel uitmaak van die stygende misdaadvlakke) sogenaamd geprioritiseer, word daar weinig aan gedoen. En ja, mens sal natuurliker aard meer gemaklik voel as jou GPF en regering jou gerusstel dat ‘plaasmoorde’ nou ‘geprioritiseer’ is.

In die WK is ons gelukkig en daar is wel gebiede waar mens lugtig moet wees, maar gelukkig bly ek naby ‘n plattelandse dorp – weliswaar nou nie op ‘n plaas nie, maar in ‘n baie landelike gebied (maar met ‘n informele kamp net so 1km weg van ons). Ons ervaar selfs hier ‘n toename in misdaad en dit is veral die jonges wat die misdaad vir die oueres pleeg. Hoekom besteel hulle mens? Want dit is ‘n maklike manier van geld maak – wil nie werk nie, trek SASSA-geld, gebruik dwelms en sit op hul agterstewes.

Solank ons sogenaamde ‘demokratiese regering’ ons grense laat ooplê en onwettige immigrante die land bly instroom, solank sal die misdaad daar wees en daagliks toeneem.

Chris N ·

My meegevoel aan die familie en vriende. Die moorde op die Boere en ander blankes is die eind resultaat van die wat ons uitgelewer het aan die ANC. Welgedaan de Klerk, Meyer en smiley Wessels. Julle het verraad gepleeg. Jul hande is bevlek van die bloed.

Benito Odendal ·

Baie bangstil die drietjies…….die geskiedenis sal hul beslis onthou as die Judasse van Suid Afrika…..hoop hul smul lekker aan hul lensie sop so kort voor hul vir seker kaiings gaan raak daar by hul ou pel Niek….

Chris W ·

Dit maak my hart baie seer om telees van sulke afgryslike dade wat teen ons boere en boer nasie ingeheel gepleeg word.My innige medelye met die familie.Wat my dronk slaan is wanneer laas sy vrou hom probeer kontak het?En sy seuns? Dan het ons hier die probleem dat my skoonma(81) uit haar huis uit loop en haar selfoon in die huis los.Vele male het ons en van die ander kinders met haar mooi gepraat om ALTYD haar selfoon saam te neem maar verniet.Dit maak mens rasend.
Dan die saak oor die prioritisering van plaas aanvalle – vergeet dit mense,dis ‘n verkiesings foefie van die anc.Al genade is om baie tyd aan gebed af te staan en om jouself te beveilig met ‘n vuurwapen EN OM HOM HEELTYD AAN JOU TE DRA!!!

Tweet ·

My ouers is ook op die lys al van 1993 en ek vra ook vir hoe lank en as die straf vir moord net lewenslank is, sal dit nie help nie?

frans ·

Oorlog ons word tog uitvermoor so hoekom soos n dasie op n klip sit en wag vir die dood

m ·

En so gaan die sinnelose moorde op boere voort en die regering swyg soos die graf. Te besig met hulle Gupta deals.

alida ·

Arme ou man. Ek weet nie wie die moord gepleeg het nie, maar indien my vermoedens reg is moet die NG kerk ophou om te sê rassisme is sonde. Hoe kan mens nie ‘n rassis wees as jou mense so wreed vermoor word nie? Ja Frik ek wil ook weet hoekom Shaleen se berig verwyder is. Gewoonlik sien mens dieselfde berig vir 3 dae lank. Sy moet weet sy is nie verhewe bo misdaad nie. Ons het al almal ‘n beurt gehad.

Elinette ·

Alida, die nuus oor Shaleen Surtie-Richard is nie verwyder nie. Op die nuusblad heel onderaan het jy die opsie van “Meer Nuus” – klik daarop. Gaan na bladsy 2 en die tweede artikel is dié oor SS-R.

Jan maak n Plan ·

Weereens net so gedoen soos in die geskedenis opgeskryf. Vermoor altyd die ou en weerlose mense. Die geskiedenis het ons geleer die antwoord om dit te stop is vergelding. Ons sal moet begin terug baklei of ons moet ons bekke begin hou en dit aanvaar. Ek kies eersgenoemde. Kom kuier asb vir my, my haelgeweer en 357 is reg vir jou.

Joa ·

Tragies dat kinders nie vandag meer regtig omgee vir hul bejaarde ouers nie. Wanneer ouers alreeds gevorderd is in jare, behoort kinders elke dag te check of hul ouers nog okay is. Ons in SA moet terugkeer na God dan eers sal mense weer besef wat die waarde is van vir mekaar omgee.

Kaspaas ·

Die ANC en EFF se verkiesings veldtogte het in alle erns begin.

alida ·

Kaspaas, wat het die ANC EN EFF se verkiesingsveldtogte met die artikel te doen?

Kaspaas ·

Om vrees in te boesem on blankes , net soos FW destyds met sy bangmaak stories

Danie ·

As ek hierdie dinge lees dan word ek koud. Net nog `n statistiek, Hierdie is gedoen vir eie gewin as mens so vinnig kyk na die oppervlakkige details dan wys alles na sameswering.
Behoed en bewaar my, as iets met my Pa moet oor kom op sy stukkie grond net buite Brits(silkaats nek se kant toe), God bewaar my, maar die hel sal neer daal oor daardie area.

Rina ·

Ai die mense wat so gou dink hul weet alles en dan so verkeerde gevolgtrekkings maak. Het een van jul Ds Stoney Stenekamp (die oorledene) geken. Dalk moet jul eers oor julself bekommer en nie ander mense met jul kommentaar seermaak nie. Hy en sy familie verdien nie jul snedige waarnemings nie. Jul weet wie julle is gaan lees maar jul kommentaar.

erica roos ·

As oud SAPD lid wat baie betrokke was by gemeenskaps polisiering is dit vir my kommerwekkend om te lees hoe ons afgaan op die regering en alles wat hulle doen/ nie doen nie maar waar is goeie buurmanskap, hoe kan dit moontlik wees dat geen bure geweet het of agter gekom het daar is geen beweging op die plaas/plot al vir twee weke, nee mense ons moet maar hand in eie boesem steek en kan ons nie op die kantlyn sit en wag om soos vliee met n plak doodgeslaan te word, ons moet daadwerklik iets self doen om onsself te beskerm, nie noodwendig “trigger happy” word maar raak betrokke by jou gemeenskap en weet wie en wat bly in die omgewing en wat gaan daar aan, dis al wat ek se

Mathys ·

In die 60’s en 70’s onthou ek het ons van terreuraanvalle gepraat ipv plaasaanvalle? ( en ons het BurgB-stelsels gehad).
Hoekom nie die plaasaanvalle terreuraanvalle noem nie; terreur is tog die motief?

Theresa ·

Selfoonontvangs soms 0. Landlyne op ‘n plaas?????? waar? Telkomdrade en pale (ja albei) word gesteel. Heinings word dan afgesteel. Baie boere se vrouens pendel soms na ‘n dorpshuis. Dis eintlik regtig nie die crux van hierdie saak nie. Die verwoestende misdaad van moord is. Daar was weer elke dag so iets in die nuus. Die brutale verkragting van dit wat reg is in hierdie land, is grusaam. Ek hoop hierdie moordenaar word spoedig aangekeer.

Peet J ·

Dit blyk asof die regering doelbewus besig is om die witmense te tart omrede die plaasmoorde (terroriste aanvalle) ge-ignoreer word. Indien daar nie daadwerklik opgetree gaan word nie kan die situasie ‘n bloedige wending aanneem wat onskuldige mense deur hulle optrede in tronke kan laat beland. Miskien is dit wat die regering in gedagte het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.