Afgetrede boer in Williston vermoor

Dennis Viviers. Foto: Verskaf

Dennis Viviers. Foto: Verskaf

Dennis Viviers (65), ʼn afgetrede boer, is in Williston in die Noord-Kaap vermoor.

Lt. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, sê Viviers is êrens tussen Vrydagaand 22:00 en Saterdag 00:30 vermoor. Sy sê ʼn verdagte het by Viviers se huis ingebreek en hom aangeval. Sy sê die verdagte het met Viviers se bakkie en ander items waaronder die kluis gevlug.

“Die Williston-polisie het later die bakkie en die kluis langs die pad gevind. Hulle het onmiddellik reageer en dit het gelei tot die grusame ontdekking van die oorledene se liggaam in sy huis.” Viviers is keelaf gesny.

Cloete sê die huis is geplunder en dat van die gesteelde goedere in ʼn veld naby die huis gevind is. Sy sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie maar dat die polisie onverpoosd werk om ʼn arrestasie te maak. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak.

Viviers se bakkie en kluis wat langs 'n pad gevind is na die aanval. Foto: Verskaf

Viviers se bakkie en kluis wat langs ‘n pad gevind is na die aanval. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Justi ·

Ag nee! Hoeveel…….vra ek met trane in my oe…….hoeveel boere gaan nog op so n wreedaardige manier vermoor word voordat die korrupte regering ingryp? Dis erg!

Sny daardie mense se kele ook net so af! Die uitvaagsels!

Grassie ·

Hierdie regering gaan nooit ingryp nie, juis omdat hulle korrup is en hatig is op ons. Ons is op onsself aangewese. Tot tyd en wyl ons geleer het om saam te staan en na onsself om te sien gaan gaan die geweld teen ons mense eskaleer.

loen cronje ·

Stop nuwe weld orde dit swart pope met al sy barbare en die duiwel die mense word onder verkeerde invloed geplaas reg oor werld stop dood mAak van blankes satan gaan ons nie onder kry GOD almagtige heers oor almal en tyd ons vat trug wat ons behoort GOD het appartheid in bybel al gegee Boere staan op en veg

Johann ·

loen nou praat jy die waarheid van onder verkeerde invloed. Ek stem saam want ek kan dit sien. Sê my, onder watter invloed is jy? Of is jy op hierdie stadium nie in staat om die vraag te beantwoord nie.
Pasop party verkeerde invloede kan jou disleksies maak.

Jeana ·

Die heilige waarheid Grassie. Huil en skree gaan die help nie. SAAMSTAAN !!

kitty smit ·

Wat kan ek se? Ek is hartseer oor wat van Suid-Afrika geword het,al die sinelose moorde, daars so baie moordenaars wat hier in SA is .my innige meegevoel aan Dennis se familie

annih Groenewald ·

hoeveel van ons het julle blankes nie doodgemaak nie. Julle comments raak rasisties. Ek is n nie-blanke maar ek voel die pyn saam met julle want God het ons almal met n hart en brein geskape – een om mee te dink, die ander om mee te voel. Maar nou moet ek jou rasistiese opmerking lees. Dit maak ook nogal seer.

Charl ·

Wanneer gaan dit stop? Hoeveel boere moet nog sterf? Wat gaan aan met die mense?
Dit is nêrens meer veilig nie.

Braaivleis ·

Loen, ek staan natuurlik teen die aanvallers en wil die doodstraf in Suid-Afrika ingestel geword sien, maar daar is GEEN verskoning vir apartheid nie, vir ‘n sisteem wat die lewe van miljoene mense vernietig het, nog steeds die Kaapse Kleurlinge wat ‘n kulturele band met Afrikaners gehad het (totdat die regering hul reg om te stem verwyder het). Het jy daai tyd ooit in jou lewe ‘n swart plakkerskamp gaan sien ? Die omstandighede waarin hulle gelewe het ?

Lorette ·

Ek stem ook saam met Braaivleis dat doodstraf ingebring moet word. Dit sal die enigste antwoord wees op al die moorde wat plaasvind. Wat apartheid betref, ons vorige regerings is verantwoordelik vir wat vandag gebeur. Alle mense is deur God geskape en as hulle nooit onderuk was nie, sou ons nie gehad het waarmee ons vandag sit nie. As ons voorouers hul slawe die geleentheid gegun het om behoorlik te ontwikkel en besit, sou ons vandag ‘n klasse verskil en nie ‘n rasse verskil gehad het nie. Beide wit en swart plakkerkampe is afgryslik en ja, daar IS wit plakkerskampe, en ja daar IS pragtige swart en bruin mense daarbuite wat ook benadeel word deur die regering van die dag!

Pieter Coetzee ·

Ek wil net sê dat apartheid en die vorige regering geen aandeel het in hierdie barbaarse optredes nie. Toe die Hugenote destyds vir die eerste keer in die land gekom het was daar daar al moorde teen die blankes. Toe die groot trek plaasgevind het het die trekkers hulle gereeld in HORDES swartes vasgeloop wat hulle wou uitmoor en wat ook dikwels gebeur het. Hierdie barbare werk nooit alleen nie. Waar was apartheid toe? Ons MOET BID soos nooit tevore nie

PURE BOER ·

Eerstens wil ek net se sterkte aan die familie,
Tweedens: Moenie Apartheid blameer nie,,, gaan kyk bietjie hoe jonk hierdie moordenaars is, hulle ken seker nie Apartheid nie, dink net hulle doen en wil “Apartheid” as n verskooning gebruik vir die wreede dade.
Kyk maar as hulle toi toi teen die ouens waarvoor hulle kies om te regeer? Brand alles wat hulle kan af, roof en moor. Sekere mense het menslikheid in hulle, van hulle kan jy weer uit die bos haal, maar jy kan nie die bos uit hom kry nie.
Apartheid was n manier om orde te handaf, miskien nie op n goei manier uit gevoer nie, maar sonder orde is ons grense oop vir al wat wil kom moor en plunder.

Skutte ·

Ons bloed is al jarre in die grond van Suid Afrika. Die land is ons land ook. Dis deel van ons. Hierdie is n suinig en evil daad teen ons mense, wat oor en oor gebeur. Daars twee verskille Piet Retief en Andries Pretorius. En nie te vergeet, hy het niks gedoen sonder die Here nie.
Mag die Here ons land seen.

Stephen Twine ·

I find this very disheartening to hear of another farmer murdered so … I really feel the farming community needs to join forces now legally and take trhis matter to the United Nations for intervention … their mandate says if more than 10% of an ethnic group have been affected they will intervene … I am pretty sure out of the 30 000 plus farmers murdered over the last 20 years it constitutes more than 10% of the White Afrikaans Boer race.

http://www.censorbugbear.org/farmitracker/main

My condolences to my fellow white farming community at this new sudden loss

Annatjie Nieuwenhuys ·

Hierdie was beslis nie een mens se werk nie. Ek kan nie glo een mens kan alleen daardie kluis uit huis verwyder nie. Dennis sou kon terug baklei teen een mens, maar as hulle meer as een is, is dit ‘n probleem, mits hy baie vas geslaap het. Dit is verskriklik hartseer dat hy wat altyd vir ander omgegee het so tragies moes sterf. Ek kry sy dierbare ma so bitterlik jammer. Sy is al bejaard en om hierdie tragedie te verwerk moet verskriklik wees. Ek kan net vir haar bid en God se groot genade toewens.

Ria Maritz ·

My hart gaan uit na elke boer wat vermoor is, elke blanke vrou wat verkrag en wreedaardig aangerand word, selfs kinders word nie gespaar nie – ons sal opstaan en uiteindelik as oorwinnaars uit die stryd tree.

NIKS regverdig enige moord nie – NIE EERS APARTHEID NIE ! Sommiges vermoor ons mense uit gierigheid en intense haat vir die blanke ! Kyk bv. na die ouderdomme van die klomp moordenaars, hulle het nie apartheid beleef nie – hulle moor omdat dit in die gene is.

annih Groenewald ·

Dit het niks met ras te doen nie. Mense neem hulle eie besluite.

eljo le roux ·

Dit is met groot hartseer wat ons tot stilstand geruk is deur hierdie grusame moord! Dennis was n geliefde inwoner van Williston wie se plek n groot gat sal laat. Ons kan mos nie meer net terug sit en kyk hoe hierdie dinge daagliks om ons gebeur met mense wat ons goed ken nie! Wanneer gaan ons huidige regering wat van huis tot huis loop vir stemme besef dat daar n DRASTIESE verandering moet kom? Dit is NIE NET wit mense wat gemoor word nie! Niemand het mos die reg om iemand anders se lewe te neem nie! Ons kan net bid dat die Here hulle tot ander insigte sal bring sodat die doodstraf kan terugkom en die tronke leer kan word!

Pieter ·

Wat verontrustend is, is dat hierdie moord plaasgevind het in ‘n eens misdaadvrye Groot Karoo. Die misdadigers wyk na ‘n landstreek waar beweging op die grondpaaie min is, plase is groot, lê vêr en wyd uitmekaar en veiligheid om die opstalle is ongewoon. Die sout van die aarde leef daar.
Die gamgeslag het ‘n agenda. Boer en Boerin, staan skouer aan skouer, sy aan sy, sodat die satanskinders beveg kan word met hand en tand! Die soete oorwinning sal gevier word!

Gawie Botha ·

doen die moeite jy as blanke wat hier lees,sou jy by jou buurman,of buurplaas aanry,bring dit asseblef weereens onder elke persoon se aandag,dat hulle paraat moet wees,,,indien die vuurwapen waarvoor hy aansoek gedoen het vir selfverdediging in die kluis toegesluit le,dan lok hy die “terroriste” uit om hom of haar te kom vermoor! Jy moet jou hand wapen ten alle tye by jou dra,vir selfverdediging!” Ek is nou 73 jaar oud en vir die afgelope50 jaar en langer is my handwapen aan my sy,as ek dit kan doen dan kan u dit ook doen!

magdalene booysen ·

My ouers is van Williston en een van hierdie beskuldigdes het ook n ander ouer blanke dame eendag beroof wat net oor die pad van my ouerhuis woon. Gelukkig het my ouers en haar kleinkinders dit gesien en ingetree. Die een verdagte was aangekla maar het weer uitgekom daarvoor en wat gaan doen hy toe…hy het deel aan die moord op Mnr Viviers.
Dit wek groot kommer om ons klein dorpie waar almal elke dag moet saamleef. Dit gaan nie oor velkleur nie – tog het ons almal die verantwoordelikheid om tog uit te kyk vir mekaar.WAT sou gebeur het sou my ma nie opgelet het dat die kinders die ouvrou wou rob nie. Hulle sou haar seergemaak het of moontlik erger.Is dit waarna ons beweeg – hierdie tipe geweld en vrese om elke aand by jou huis met een oog oop te slaap. Watter maatreels gaan die polisie stel om die gemeenskap gerus te stel want hierdie is n euwel wat kop uitsteek.

Buks Green ·

My friend was vermoor en was ñ boer!Maar geen koerand wil iets oor dit skryf en die SAPD maak sy vrou bang en se hy mag nie koerante toe gaan nie.Vrek ek is self bang.Laat mens dink!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.