Afgetrede pastoor vas oor ‘terreur-komplot’

Harry Johannes Knoesen tydens sy inhegtenisneming. Foto: Valke

Die Valke het ʼn 60-jarige afgetrede pastoor wat ook in die weermag gedien het, by sy huis in Middelburg in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde terreur-komplot.

Harry Johannes Knoesen, selfverklaarde leier van die National Christian Resistance Movement (NCRM), is Donderdag deur lede van die Valke se eenheid vir misdaad teen die staat in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Knoesen se inhegtenisneming kom ná ʼn twee jaar lange uitgebreide intelligensie-gedrewe ondersoek na ʼn beweerde terreur-komplot wat glo deur die groep gekoördineer is om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings te teiken.

Knoesen word aangekla van terreurverwante aktiwiteite wat verband hou met die Wet op die Beskerming van die Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en Verwante Aktiwiteite en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hy het reeds in die hof verskyn en die saak is tot Maandag uitgestel wanneer hy om regshulp sal aansoek doen.

Riana Heymans

Volgens Mulaudzi is Knoesen se ander huis in die Oos-Kaap ook deursoek en is daar op plofstof, elektroniese toestelle, dokumente en ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie beslag gelê vir verdere ondersoek.

Daar is intussen ook ʼn lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van Riana Heymans in verband met die saak.

“Enige lid van die publiek wat vir haar huisvesting bied tree strydig op met die Wet op die Beskerming van die Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en Verwante Aktiwiteite. Sy word gesoek vir ondervraging in verband met die aktiwiteite van die NCRM.”

Enigiemand met inligting oor waar Heymans haar moontlik bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Jaco Koekemoer, te bel by 082 778 9157 of lt.kol. Koos de Klerk by 071 481 2982.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Lizelda ·

So pragtige vrou en sys betrokke bd goed?? Nee, nou het ek alles gehoor!!

Anoniem ·

Lizelda…is PRAGTIG en MOOI vir jou belangrik? Is dit die belangrikste kwalifikasie…so , as sy lelik en onaantreklik was, dan het het sy tipies opgetree. Hier’s gereeld opmerkings op hierdie forum waar mense se voorkoms die middelpunt van afleidings is…jou “gesig” beslaan nie eers 5% van jou liggaamsoppervlak nie maar nee, as jy mooi is, moet jy ‘n goeie mens wees…behoede jou as jy onaantreklik is!!!….rerig ongebalanseerde opinie!!

Dominique ·

Wel, annoniem, mens kan nie persoonlikheid sien op ‘n foto nie. Dis maar waarna mens eerste kyk. Dis normaal.

bokka ·

‘n Vroeë lessie vir verregses wat dink hulle gaan amok maak.

potlood ·

Bokka,my oupa het gese asumptions is the cause of all major,,,,,,,,,,,,,,,,.

Trtln ·

Ver regs ? Definieer asseblief . Wat maak jou n ” eks pastoor ” .

Dries Moolman ·

Al 3 van julle wat Bokka bevraagteken, die eks-pastoor was van plan om informele nedersettings te teiken. Dit maak hom alles behalwe ver-links! Moenie simpel vrae vra nie.

Valse-vlag ·

Laat dit ‘n voorbeeld wees: Dis presies wat gebeur met enige sogenaamde “leier” wat wil opstaan en “iets doen”. Alle regse organisasies is valse-vlag en word deur intelligensiedienste beheer & bestuur. Bly weg! Beste opsie is om die land te verlaat.

Tinus Coetzee ·

False vlag, weghardloop is nie die antwoord nie. Dit is heeltemal ‘n ander saak as God vir jou sê en dit bevestig dat jy die land moet verlaat. Tot dan bly ek net waar ek is.
Nie ek of enige van my voorouers was hensoppers nie. Knoesen, of soos hy bekend staan, Harry Potter is al deur baie mense gewaarsku dat hy met sy snert moet ophou. Maar nee, ore het hy nie.
Ek is self ‘n lid van ‘n ander organisasie, die Boerelegioen, ons leier, Gen Izak v Zyl, word nou beskuldig dat hy vir Harry Potter uitverkoop het, en dit omdat hy almal bly waarsku het om binne die wet te bly.
Harry is vele kere gewaarsku dat hy met sy gat in die tronk gaan sit. Wie nie wil hoor nie moet voel.

Wonder ·

Jy is reg, hierdie is ‘n vals vlag operasie deur NI, nes die Boeremag van ouds. Hulle loods soos klokslag elke paar jaar hierdie operasies ten einde die volk mak en onderdanig aan die regime te hou. Natuurlik is daar altyd iemand wat val vir NI se truuks. En iemand wat skatryk word.

Al ·

Die kanse is baie goed dat heksejagte gereeld op (wit groepe) eerder as op (swart groepe,) gehou sal word.
Go figure.

sdp ·

Die storie kom n lang tyd. In maart/april was daar al berigte en die BLF het toe al gese hulle gaan n klag le. So dit het nou gebeur

HAB ·

Kan nooit verstaan hoe die ouens altyd gevang word nie.
Wys mens jy kan niemand vertrou nie.

Grysburger ·

Onthou maar gerus dat uit elke 10 mense wat beweer hulle is “regs” 9 heelwaarskynlik op die regering se betaalstaat is.

Die minderheid word fyn dopgehou, dit is die enigste intelligensiestruktuur wat nog funksioneer.

andile ·

Verregses? Was Jopie Fourie verregs of net reg? Gewoonlik meer geheime polisie betrokke as “verregses” en die geheime polisie informante is ook die groot aanhitsers, anders is hulle sonder werk. Regter Eben Jordaan lek seker sy lippe af maar al wat ver is hier, is hoe ver die Afrikaner geval het my ver in die wereld bokka.

Valse-vlag ·

Dit is wat sal gebeur met enige sogenaamde “leier” wat wil opstaan. Sinneloos. Regse organisasies is almal valse-vlag en word deur die staat beheer & bestuur. Beste is om te vertrek.

Valsevlag ·

….is wat alle reg se organisasies is en hulle word deur deur diestaat se intell dienste beheer&bestuur.

False-vlag ·

Regse organisasies = false-vlag. Hou verby. Hulle almal word deur die staat se intell dienste beheer&bestuur. Beste opsie is om die hool te verlaat.

Werner ·

Na elke plaas moord of gewelddadige insident word daar gese iemand moet iets doen nou het iemand iets probeer doen omdat ons blankes tweedehandse burgers in ons wie land geword het wat die reg aanbetref gaan mense drastiese besluite neem want hulle voel magteloos

Nog 'n Expat ·

Die ou het maar ‘n baie kort geheue. Het hy vergeet wat met die Boeremag gebeur het? Laat elke bleeksiel (die sowat 2.7 miljoen wat oor is) nou mooi sien wat gebeur wanneer jy met die staat swaarde wil kruis. Jy het basies twee keuses: 1) Om vinnig verdelg te word. 2) Om stadig en sistematies verdelg te word. 3) Om die hool te verlaat. Die regte keuse is ooglopend.

Jimmy ·

Nou wat gaan jy doen Kerneels? Terugslaan en bou? Dit klink plainweg dom. Die meerderheid wil jou nie hier hê nie.

Christa ·

Enige persoon noem hulle Pastore. Hulle noem nie dat hulle Pastore van die boskerk is nie. Hulle beswadder die Pastore wat die benaming gekry het deur daarvoor te swot. Sluit hulle toe. Die mense wat so Graag ander mense aanmoedig Om landuit te Gaan, hoekom doen julle dit nie self nie.

Johan ·

Dis ongelukkig te duur, anders was ek en my vrou laaaaasnkal oorsee. Ons spaar nog, maar dit vat tyd. Om jou vraag te antwoord, nou weet jy ook Christa.

Tinus Coetzee ·

Christa, jy slaan die spyker op die kop. Vat jou goed en trek Ferreira, as jy nie hier wil wees nie.
Die ander, hier kan moontlik probleme kom, maar weet jy wat? God is gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde. Ons moet net terugkeer na God toe. Dan en slegs dan, sal Hy vir ons die uitkoms gee.r4

sdp ·

Ongelukkig is ons volkie maar so, jy kan niemand vertrou, tot jou eie familie sal jou aan die gat byt as hulle kan. N geheim is net n geheim as jy alleen daarvan weet

Maureen van Dyk ·

Daar begin dit nou. Enige een wat nie saamstem met die regering gaan gejag word en toegesluit word.

Tinus Coetzee ·

Nee Maureen, enigeen wat buite die wet optree sal gejag word as hy wit is.
As dit nie ras gebasseer is nie sou die EFF en BLF leiers dieselfde pad gestap het.

Bollie ·

Is dit wettiglik korrek om ‘n gesig foto van ‘n aangeklaagde in die media te plaas voordat die persoon in ‘n hof gepleit het?

Die foto van hom is ook nie vleiend nie.

Tinus Coetzee ·

Bollie, sy gesig kan nie ‘n verskil maak nie, hy is omtrent weekliks op sosiale media waar hy sy idiotiese idees verkondig het.

bokka ·

Sodra jy in die hof verskyn het, kan jou foto geplaas en besonderhede bekendgemaak word. Nie nodig om eers te pleit nie.

Willem Grobler ·

Mense moet ophou met hierdie soort aktiwiteite. Beveilig jouself en jou gesin, berei voor, bekom wettig jou wapens en bly binne die perke van die wet. Die rewolusie gaan self aankom – jy hoef hom nie te probeer aanhelp nie.

Tinus Coetzee ·

Willem Grobler, uiteindelik ‘n sinvolle kommentaar. Saluut!

Eddie ·

Jy is reg Willem , bo en behalwe beveiliging moet ons ook sorg dat ons selfvoorsienend en onafhanklik van Staats instellings en munisipaliteite kan en moet wees !

Mossie ·

Jy praat so waar Willem. Die mense wat soos ons voel moet net rustig wag, die negatiewes moet liewer so gou moontlik vlug, want jy wil nie hier wees wanneer die rewolusie in vol sterkte gaan losbars nie.

Sirkus ·

Wit man se gesig word gewys, swart man se hande wat vasgebind is word gewys….

Hoe nou? ·

So kom ek kyk of ek dit reg verstaan. Die 60 jarige pastoor word gearresteer a.g.v beplande terreuraanvalle en word summier as “ver regs” hier afgemaak ,watookal dit beteken. Dan word die dame Riana Heymans ook gesoek vir arrestasie weens betrokkenheid. Hulle is glo deel van n groep genaamd NCRM, en wil die ANC omver werp. Daar is voorlopig op plofstof en EEN ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê. Afhangende die grootte van hierdie NCRM, klink hulle nie vir my groot genoeg om n staatsgreep uit te voer nie. Eienaardig dat niemand n woord rep oor die EFF wat openlik erken het dat hulle militêre opleidingskampe het in samewerking met BLF,Almal is tjoepie stil hieroor . Hulle het hulle haat teenoor blankes al duidelik laat blyk.Ek sou reken dis n groter bedreiging,sedert hulle al openlik aanval gewere afgevuur het om dit te staaf. En vir diegene wat reken jy moet n wettige wapen bekom en jouself beskerm…,onthou net,jy is op rekord en niks sal hulle verhoed om jou wettiglik te kom ontwapen sodra hulle die wette so sou verander soos dit hulle pas soos bv onteiening sonder vergoeding, AA, BBBEEE, NGV ens.Oortuig maar jouself jy is Rambo wat oor jou dooie liggaam dit nie sal toelaat nie. Was die vreeasaanjaende Boeremag nie ook minder as 10 nie? Die ANC en EFF en BLF is een -en-dieselfde. En hulle verag blankes. Dis n feit.

Boer ·

Pleks doen die valke hulle werk ek kyk na die wareterroriste die wat die wit man elke dag 1 vir 1 vermoor … erder as om ons belasting geld tegebruik om weerstand operasies testig om mense in telok wat gatvol is oor die valke in 1st plek nie hul werk doen nie en dan wil hul daai mense vang en lyk soos n hero … reg of verkeerd die ou is seker net gatvol

Eddie ·

Boer , jy verwag nou dat die Valke ‘n dag se werk moet doen !

Genoeg ·

Heel interessant! Het so pas Andre P. Brink se boek: “Die kreef raak gewoond daaraan” gelees. Dit gaan oor ‘n bevrydings organisasie, kort voor SA ‘n Demokratiese land geraak het. As dit net Pastoor en Heymans in die saak is, is die kanse vir hewige “terreur aanvalle” maar erg skraal.

Boy van die Suburbs ·

Is dit nie dieselfde knaap, wat 5 jaar gelede met ‘n houtkruis deur die land gestap het nie?!

Feite ·

Wanneer sal mense tog eendag leer dat geweld nog nooit die antwoord was nie. Diegene wie met geweld opgestaan het teen die ou SA regering het gesneuwel en diegene wie met geweld opstaan teen die nuwe SA regering sal ook sneuwel. Nou kan mense self sien hoekom SA n DA party nodig het as buffer tussen links en regs, want links en regs leef in hulle eie gekkeparadys!

Anti Da ·

Hy glo ook seker in die siener. Meer soos n cult die godsdiens en siener mense.

wet ·

Ja wel, jy’t nie ‘ siener’ nodig om te kan sien wat in die land aangaan en wat wel ‘kan’ gebeur nie.

Pietie Poenskop ·

Ja, die enigste ding wat ou ‘Siener’ ooit gesien het… was ‘n geleentheid… :D

aj ·

Waaroor ek wonder is waarom hierdie twee Wit ‘verdagtes’ se fotos in die media geplaas word maar Swart plaasmoordenaars, rowers en verkragters se fotos word NIE geplaas nie?

Wie se agenda bepaal dat Wittes “gedemoniseer” moet word in die media terwyl Swartes se identiteit beskerm word?

bokka ·

Wat jy sê, is gewoon nie waar nie. Enige beskuldigde se foto en besonderhede kan geplaas word as hy in die hof verskyn het tensy die voorsittende beampte dit verbied. Dit staan dus enige mediagroep en individu vry om foto’s van die beskuldigdede te neem en te plaas na hy in die hof verskyn het. Vra vir Maroela om ‘n fotograaf hof toe te stuur sodat jy jou foto kan kry (of gaan self hof toe as jy dan so angstig is om te sien hoe die beskuldigde lyk).

Realis ·

Ek sal nie verbaas wees as hy geplant was, om die blankes op te sweep nie?! Daar hang ‘n groot vraagteken oor die 2 jaar tydsverloop in hierdie saak. 2 jaar waarin hy al sy planne wyd en suid op sosiale media uitgebasuin het?! Indien dit wel so was, het hulle beslis nie reg gekry waarvoor hulle gehoop het nie!

Koffiekapitaal ·

Realis, ek hou van jou nugter denke. Die poppemeesters aan die werk.

Cornelia C ·

Oom Niklaas Janse van Rensburg hoef nie die visioene wat hy van die “occult” God ontvang te verduidelik nie. Dit is nie almal beskore om die weë en openbaringe van God te eerbiedig of te verstaan nie. Oom Nicolaas het van die Here die breë openbaring vd Afrikaner se stomme dwaalweg “gesien” en terselfdertyd die “uiteinde” wat tot ‘n geseënde lotsverandering lei. Hy het in sy tyd ook met ligsinniges van gees en spraak te doen gehad. Dit is ‘n oorbekende verskynsel dat God se gesalfdes met die oog op ‘n spesifieke taak en boodskap, gewoonlik gehoon en gesmaad word deur die wat God in lasterlike taal tart. En dan elke esel wat sy eie reddingsboei uitgooi aan “die Siener” wil koppel. Laat staan dit.

Attie. ·

So word Christene deur die modder gesleep. Elke ou met ‘n Bybel onder die arm kan homself ‘n pastoor noem, Die man lyk so vleiend op die foto dat ek pas besluit het ek gaan myself ook so besmeer met prentjies. Ek gaan myself ook ‘n pastoor noem dan hoof ek nie in te vul op vorms dat ek eintlik ‘n pensioenaris is nie. Arme drommel, mens moet hom eintlik bejammer….die redder van ons volk….gooi weg sy selsleutel.

Ray ·

Die wat droom dat daar enigsins ooit weer n wit regering aan bewind sal wees is gekke ….. Dink julle die res vd wereld sal dit vir n dag toelaat? Die voorbereiding vir n gewapende stryd is net so belaglik…. die weermag sal dit in week plat trap. Die toekoms is om saam te werk. Rassisme as n ideologie is dood ….

Werner ·

As ek kyk hoe rasisme wereldwyd toeneem Ray kyk jy seker nie baie nuus nie ne

Jannie van Niekerk ·

@ Ray. Meneer ek neem aan jy was nie in die weerrmag nie. Dis duidelik dat jy nie die verskil tussen die ANC se SA Nasonale Weermasg en die vorige bedeling se hoogs opgeleide en gedissiplineerdee SA Weermag ken nie.
Die huidige SANW kan nie eers hulself verdedig nie wat nog te sê ‘n land.

Jannie van Niekerk ·

Dit is altyd die sogenaamde “ver regses” wat aan die pen ry maar die werklike ver linkse terroriste kom met moord weg. Ek wonder wie is verantwoordelik vir die chaos met die Kaapse treindienste. Beslis nie die “verregses” nie. Eerder die ver linkes wat in die openbaar gesê het hulle sal die Weskaap onregeerbaar maak tot die ANC daar in beheer is.

tom ·

Ek dink julle moet eers wag voordat julle hulle skuldig vind voordat julle nie eers al die feite het nie.Maar sekere leiers se ons gaan onder gronds maar daar word niks aan hulle gedoen nie

Boepens Legioen ·

Al die regse organisasies is valse-vlag. ALMAL. Hulle is deur die staat gestig en word deur die staat beheer en bestuur. Een uit elke vier bleeksiele is ‘n informant en sal jou naampie baie vinnig oorhandig en betaling daarvoor ontvang. So, as jy van jou wonderlike hool hou dan bly jy in hom en jy bly stil, ploeter voort, en jy geniet jou plekkie tussen die massas. As jy nie van die hool hou nie, dan bly jy stil, jy klim op die vliegtuig en jy waai. So maklik soos dit.

Koffiekapitaal ·

????????
Net so, so stil soos n skaap opad slagveld toe.

Tertjie van Twatfontein ·

‘n NIA boepens-kaalvoet pastoortjie met ‘n tattoo van Swymer van Rensburg op sy arm. ‘n absolute meesterstuk. :)))

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.