Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van moord ná ʼn 71-jarige man in Kleinmond doodgeskiet is.
Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes was Dinsdag op patrollie toe hulle ʼn Porsche met twee insittendes voorgekeer het. “Hulle het ʼn voorlopige ondersoek gedoen en bepaal die motor is by ʼn huis in Kortstraat gesteel. Hulle het verder ondersoek ingestel by die huis en die slagoffer dood aangetref. Hy het ʼn skietwond gehad.”
Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
Maroela Media verneem die man was ʼn afgetrede prokureur en sakeman in Kleinmond.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Wat gaan aan in dié land? Boewery, rampokkerry en moord vier hoogty. Totale anargie as jy my vra.
Jammer om dit sommer prontuit te se, maar meng jou met die semels…………………..
Kan iemand meer inligting gee asseblief.
BEWUSTELOSE MENSE REGEER DIE LAND!!!!!