Afgetrede skoolhoof gevra om omstrede Jhb-skool reg te ruk

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

ʼn Afgetrede skoolhoof is aangestel om as mentor op te tree vir die omstrede Roodepoort Primary School in Johannesburg se bestuurspan, in ʼn poging om orde by die skool te herstel.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die Gauteng departement van onderwys, het Dinsdag gesê die voormalige skoolhoof van Gouda Primary School, Olga Da Silva, sal die bestuurspan help met algemende protokol en gesonde bestuursprosedures en prosesse. Sy sal ook die plan om leerders se werk in te haal, te lei.

Die Roodepoort Primary School was die afgelope paar maande verskeie kere gesluit weens gewelddadige onluste en onderbrekings by die skool.

Die departement van onderwys het intussen ʼn program by die skool ingestel om te verseker dat leerlinge die werk inhaal wat hulle verloor het. Sekhonyane het gesê die plan behels ʼn uur ekstra onderrig elke dag. ʼn Vorige voorstel dat klasse tydens die skoolvakansie aangebied sal word, is glo deur die onderwysers van die hand gewys. “Die onderwysers se siening is dat ʼn ekstra uur elke dag voldoende sal wees,” het Sekhonyane gesê.

Gewapende wagte is ook 24 uur van die dag op die skoolperseel geplaas en toegang tot die perseel word streng beheer, het sy gesê.

“Een lid van die bemiddelingskomitee sal by die skool aanbly om die aanbevelings van die komitee te implementeer,” het Sekhonyane gesê. “Die departement is toegewyd om die uitdagings by die skool om te los en die besware van gemeenskapslede aan te spreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pierre Celliers ·

Mag ek my volstruis kop uit die grond trek en dit se? Blanke moet regmaak wat opgemors is deur jy weet wie! En, dis nie “uitdagings” nie, dis “PROBLEME”!!

EMK ·

Die grootste probleem gaan wees om die ouers, kinders en res van onnies aan sy kant te kry, hul regtig te mentor en motiveer en eers dan sal dinge regkom. As daar vand ie onderwysers en sekere ouers is wat sy gesag gaan ondermyn… wel, dan is dit ‘n onmoontlike taak. Sterkte aan Olga da Silva – ek glo sy sal die ding kan doen! Margaret Thatcher se gesegde kom hier op: “If you want something said, ask a man; if you want something done, ask a woman!” Askies manne as ek op jul tone trap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.