Afghanistan-aanval: Groenewalds se liggame terug in SA

Werner Groenewald, sy vrou Hannelie en kinders Jean-Pierre en Rhodé Foto: muslims4jesus.wordpress.com

Werner Groenewald, sy vrou Hannelie en kinders Jean-Pierre en Rhodé Foto: muslims4jesus.wordpress.com

Die liggame van die vermoorde Werner Groenewald en sy twee kinders is terug in Suid-Afrika.

“Die liggame het Woensdag vanuit Kabul hier aangekom,” het Teresa Conradie, ʼn familiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Groenewald se vrou, Hannelie, ʼn mediese dokter, het Dinsdag reeds in Suid-Afrika aangekom.

ʼn Gedenkdiens sal Vrydag by die Moreletapark NG-kerk in Pretoria gehou word.

Groenewald (46), en sy kinders Jean-Pierre (17) en Rhodé (15), is op 2 Desember in ’n Taliban-aanval by hul huis in Kaboel doodgeskiet. Hannelie en haar man het opheffingswerk vir Partnership in Academics & Development (PAD) in Kaboel gedoen. Sy was by ʼn kliniek waar sy as ʼn dokter gewerk het toe die aanval plaasgevind het.

Lees vorige berigte oor die voorval hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.