Afgryse oor besending van 60 000 skape na Midde-Ooste

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het sy skok en afgryse uitgespreek oor die Al Shuwaikh-vaartuig wat Maandag by die hawe in Oos-Londen in die Oos-Kaap aangekom het om glo sowat 60 000 skape te laai en na die Midde-Ooste te vervoer.

Volgens die NDBV het ʼn invoerder van Koeweit genaamd Al Mawashi ’n onderneming in Suid-Afrika geregistreer en maak hulle tans gebruik van ʼn plaaslike uitvoerder om ongeveer 60 000 skape te voorsien en hulle later vandeesweek te help om dié vrag skape te laai.

Die NDBV sê die voorneme is glo om jaarliks ​​600 000 stuks vee uit te voer. Die NDBV voer aan dat die lewendige uitvoer van diere ter see vir die doeleindes van slagting onaanvaarbaar en onnodig is.

“Suid-Afrika moet standpunt inneem teen hierdie gruwelike en onnodige praktyk en eerder verpakte vleis uitvoer wat nie net sal sorg dat diere nie onnodig ly nie, maar ook die land se sukkelende ekonomie sal help,” het Grace de Lange, senior inspekteur en bestuurder van die NDBV se beskermingseenheid vir plaasdiere, gesê.

Die vereniging voer aan dat die vaart vanaf Suid-Afrika na die Midde-Ooste, wat oor die Arabiese See strek en die Straat van Hormuz binnegaan, baie stresvol vir die diere sal wees.

“Hierdie gebiede is bevestig as hoë‑risikogebiede vir hittestres tydens die tydperk van Mei tot Oktober.”

Volgens De Lange veroorsaak hoë temperature van dié aard dat skape nie in staat is om hul liggaamstemperatuur te reguleer nie. Bewyse toon dat gekombineerde hitte en humiditeit gedurende ʼn reis in dié tydperk dus katastrofiese vlakke kan bereik wat tot hitte-uitputting kan lei en “tot gevolg het dat skape lewend kook”.

Die hitte is ook nie die enigste bekommernis met die reis nie. Die NDBV is ook bekommerd dat die diere longontsteking kan opdoen en mekaar kan vertrap. Om sake te vererger sal daar ook meer as 100 000 liter urine saam met die diere aan boord wees.

Die vereniging benadruk dat weke van onbehandelde afval, gemeng met hoë temperature, ’n dodelike ontlastingmengsel sal veroorsaak en dat dit gevaarlik vir die diere sal wees om te gaan lê omdat hulle die risiko loop om lewendig begrawe te word. Die ammoniak wat vrygestel word, kan die oë en kele van diegene aan boord brand en dit kan ook tot respiratoriese infeksies lei.

“Baie diere sal nie die reis oorleef nie. Die kumulatiewe sterftes op Al Mawashi se vloot vir die tydperk van 1980 tot die eerste helfte van 2017 is meer as 1,5 miljoen,” het De Lange gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Arie ·

Tyd dat iemand se oë oop gaan, maar as hulle wag dat die regering optree sal daar niks aan gedoen word nie

Dries ·

Ons moet die dbv help mense die besending moet gestop word dit is n skande

Melinda Marshall ·

Dit is verskriklik om te sien en te hoor hoe hierdie skade aan hitte en boonop lewendig hierdie reis op n boot moet deurmaak???? Ek stem volkome saam dat die vleis eerder uitgevoer kan word, maar hoekom hulle deur soveel trauma gaan?? Stop die lewendige uitvoer van diere????????????

Akademi Buktu ·

Onlangs op die TV nuus is berig dat vleispryse in SA die hoogte inskiet weens vleistekorte. Dis weens die langdurige droogte in Noord-Kaap. Die tonele was spesifiek skape. Hoe nou ANC regering?

Carol ·

NEE!!!!! Waarom kan vleis nie gevries uitgevoer word nie?!!! Nie genoeg woorde om my walging uit te spreek nie!!!!

Pieter ·

Mense ons moet op staan vir die diere ons moet die dbv help om die besending te keer

Jan ·

Dit sal baie hartseer wees as hierdie praktyk plaasvind , ons land en boere het genoeg ondersteuning en netwerke om vleis klaar verwerk uit te voer. As n druiwe korrel se temperatuur en suikervlakke gemonitor kan word vanaf Upington tot in Belgie kan vleis definitief klaar verwerk en verkoel vervoer word , dan bly die diere se oorskot , naamlik velle , afval , wol ens ook nog hier om n industie mee te bedryf.

Rob ·

Die man agter DIE, is BRUCE PAGE EN FAMILIE VAN PAGE FARMS OOS KAAP.

Andile ·

Ek aanvaar dat regte boere nou dat hulle wet hiervan, wel hul vee se welstand in ag neem, selfs na verkoop. Dus aanvaar ek dat ons boere met die DBV sal saamwerk en die eerbare ding te doen deur die verkoop te weier mits dit nie op n menslikke manier gedoen word wat vir die DBV aanvaarbaar is nie.
Aanvaar ek te veel?

Gert ·

Boere vroue was met oop beestrokke vervoer na konsentrasiekampe.
Boerekrygsgevangennes was ook onder haglike omstandighede in skepe vervoer na Ceylon, Indie, St Helena.. wonder of daar besorgdes was in daardie tyd ?

CrimsonCorvine ·

en wat presies bedoel jy daarmee? dit was n walglike skande ja maar die verlede kan nie verander word nie,wat wel verander kan word is wat vandag en môre gebeur….

JohanL ·

Ek hoop hierdie transaksie of besigheid word betyds nie net in die kiem gesmoor nie, maar summier nek omgedraai. Ek kan my net indink onder watse swak omstandighede die skape op die skip sal ly. Nee asb stop dit.

Pottie ·

Die boere moet dalk net bietjie die diere ook in ag neem en nie net aan die geld dink nie ek verstaan m boerdery is soos n besigheid maar best dit dan net reg

Ekwilibrium ·

Die ritueel van slagting is besonder belangrik in Islam, ek verstaan dit. Maar waarom laat kom hulle nie ‘n imam van Kuweit af wat op ‘n gewyde perseel in Oos-Londen die slagting kan oorsien en die vleis dan hier as Halaal klassifiseer nie? Dan kan die karkasse mos bevrore verkeep word?

INA ·

Ekwilibrium: Èk het aan dieselfde ding gedink… My pa het bàie jare gelede, boerbokke aan die Indiese gemeenskap voorsien. Soos èk toè verstaan het, verkies hul bokke bò skape…

Rob ·

Die man agter hierdie skande is BRUCE PAGE van page farms OOS KAAP en al die die boere wat hom verskaf met skape.

Pieter ·

Ons moet die mense stop jy doen dit nie aan n dier nie dit is n skande

Deloris ·

Dit is met afgryse en uiters hartseer met trane in my oe wat ek mors aanskku het op Carte Blanch Sondag aand. Ek bid en hoop hierdie abnormale spesies wat hulle self as mense beskou word op n boot gegooi en deur gaan wat hierdie arme diere moes deurgaan. Dis uiters skokkend en traumaties.

Sanna ·

Die arme skape. Ek hou van my tjoppies, maar verwag dat dit met respek behandel word. Mens mors nie met kos nie.

Karien ·

Ja Nee JD. Die persoon se naam ‘Me’ sê alreeds baie. Min tussen die ore om te dink dit is die boere se skuld!

Pieter ·

Net soos ons blankes is los die baklei en kom ons help die diere so dat daai besending nie gebeur nie a.s.b

marous ·

Die instruksie is gaan hal aal die skape en sit op ‘n skip . Dis hoekom dit nie hier geslag mag word nie .

JohanR ·

Se nou maar 60000 skape teen R3000 stuk met R500 af vir onkoste. Dit is dan R150000000. Se nou maar soe 15000 skape vrek op die reis en word haai kos, dan is dit nog soe lekker R112500000. 600000 uitvoer elke jaar gee dan vir jou op die selfde formula R1500000000, of na die verliese om die haaie te voer, R1125000000. Of is ek nou te simplisties?

Cybersakkie ·

Nee kyk, as ek daardie bedraggie in my rekening kry, kan hul maar maak met die skapies net wat hulle wil.

Donderstorm ·

Wonder ook presies vanwaar al die skape vandaan kom wie se daar kan nie n paar meskien tussen in wees wat dalk hier en daar verdwyn het op n plaas of twee nie(se nie dit is so nie wel) of dit kan dalk in die toekoms gebeur enige iets is moontlik wel ne.

Landboukundige ·

Dit is vir my baie interesant hoe almal die man sleg se hy voer al van 2003 beeste uit na Mauritius. Al sy besendings word op ‘n deeglike manier gedoen. Hy het veeartse aan boort asook veekundiges. Die diere word gemonitor op ‘n daglikse basis en voer en skoon water word voorsien. Ek is seker die die gehalte van lewe op die boot is beter as op die meerderheid kleinskaalse plase waarop ek al oor die jare gewerk het. Die DBV het ook in 2003 Mr Page se besending probeer stopsit. As jy na die sterftesyfer kyk met sy bees besending is dit baie minder as in ‘n gewone voerkraal wat beteken die omstandighede is puik op die boot. En net so FYI 1.5 milljoen diere is dood in ‘n kwessie van 37 jaar wat beteken as daar elke drie maande uitgevoer word sterf daar net 10 000 per drie maande is. Maar ek is seker baie van die mense wat hier kommentaar lewer ken nie die omstandighede van ons huidige landbou bedryf nie.

Rob ·

Ek dink jy better jou huis werk better doen of is jy saam met Cyber

John ·

… en hierdie syfers is nou oulik? Mauritius is baie nader as die Midde-Ooste plus die klimaat nie te veel erger as hier. Gierigheid ken geen perke nie. Ons wil graag die veearts ontmoet wat hierdie reis meegemaak het.

Lea ·

So wat nou? Spreek die DBV net hul ontevredenheid uit en dit gaan bloot net voort of gaan dit daadwerklik gestop word?

Pieter ·

Ek stem saam met rob lea ons moet op staan vir daai diere die dbv alleen gaan sukkel

Cherokee ·

Dit is goedkoper, makliker en meer lonend om ‘n plaas te verkoop aan Pretoria se munisipaliteit.

Andre ·

Teen die tempo, sal daar een van die dae meer skape in die Midde Ooste wees as hier, veral as die sterftes met die droogtes in gedagte gehou word. Om beeste na Mauritius te vervoer , is nie dieselfde as na die Midde Ooste toe nie, baie verder, baie langer reis…en die somme van R3000 n skaap, is heeltemal oordrewe, gaan hoor maar by n boer wat hy vir n skaap kry. Ek voorsien as die uitvoer goedgekeur sou word, n wesentlike probleem moet voedsel sekuriteit in die naby e toekoms, wat natuurlik to gevolg sal hê dat ons as verbruiker , nog baie meer vir skaapvleis, wat in elk geval n luukse geraak het, moet betaal. Ons ken die regering en hul BEE samelopers, en weet hul het geen benul van hoe om voedsel sekuriteit te bewerkstellig nie, onder andere, daar is natuurlik veel meer velde waar hul net eenvoudig nie die mas opkom nie, algemeen bekend, soos in een van die vroeëre berigte, stel hul net belang om soveel geld as moontlik te maak, by “hook-or-by- crook”

Tino ·

Ek verbeel my hier is ‘n halaal praktyk ter sprake wat die sake so laat staan.

Dit word al vir amper 30 jaar gedoen en nou eweskielik die kwessie, ek sukkel om te verstaan hoekom dit nou eers op die lappe kom?

hercu ·

wat die, amper sê ek nou ‘n lelike woord, mens-dom nie nog sal doen vir ‘n “kickback” nie – ienand skep êrens weer biljoene, en dis nie ek nie!!

Wilma Josey Venter ·

Begin ‘n PETISIE en stuur my die skakel. Ek sal dit op my FbBlad sit… HIERDIE IS SNERT, en moet gestop word

Rob ·

Google East London SPCA EN teken die patitsie teen BRUCE PAGE EN PAGE FARMING ASB MENSE

Pieter ·

Ek stem wilma hulle moet van ons hoor ons kan dit nie net los nie

Rob ·

Asb mense Google SPCA east London en teken die petisie teen page farming dit vat net n Paar minute.

Bles ·

Asseblief mense wees nugter. Sal ‘n man daardie tipe van geld in ‘n projek investeer en dan sy belegging sien te gronde gaan weens wanbestuur? Dink weer. Die DBV is nes die taxis – n wet op hulle eie. Hulle matig hulleself dinge aan en verkondig hulle eie idees asof dit die absolute waarheid is. Dink vir julleself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.