Afknouery van leerders by Hoërskool Vishoek veroordeel

(Foto: quicket.co.za)

Die Demokratiese Alliansie (DA) verwerp onomwonde die boeliegedrag wat na bewering onlangs by ʼn hoërskool in Vishoek plaasgevind het – in die naam van sogenaamde diversiteitsopleiding.

Maroela Media het vroeër berig leerlinge van Hoërskool Vishoek in Kaapstad is vroeër die week glo só erg getraumatiseer deur ʼn sogenaamde diversiteitskursus oor rassisme en geloof by die skool dat talle van hulle sielkundige berading ontvang. Die diversiteitsopleiding is deur die Wes-Kaapse departement van onderwys gefasiliteer en het Maandag by die skool plaasgevind na aanleiding van ʼn beweerde voorval van rassisme vroeër vanjaar.

“Om enige iemand te demoniseer op grond van hul velkleur is verwerplik in ʼn grondwetlike demokrasie soos ons sʼn,” sê Cilliers Brink, die DA se nasionale woordvoerder. “Des te meer as die slagoffers van hierdie boeliegedrag skoolkinders is.”

Die DA verwelkom die besluit van die Wes-Kaapse regering om hierdie tipe kursusse onmiddellik op te skort. “Hierdie is nie die manier om mense aan te moedig om met deernis en begrip om te gaan in ‘n diverse omgewing nie. Dit is ook heeltemal onaanvaarbaar dat onderwysers uitgesluit is van die verpligte ‘diversiteitskursus’ en dat leerders verbied is om die lokaal te verlaat of besware te opper.”

Die nasionale leierskap van die DA gaan met die politieke leierskap van die Wes-Kaap praat om seker te maak dat die individue wat verantwoordelik is vir hierdie gebeure aan die pen ry. Geen leerder in enige deel van die land moet onderwerp word aan die boeliegedrag wat hier beweer word nie.

Steve Joubert, hoof van die skool, het in ʼn aanvanklike brief aan ouers gesê daar word kennis geneem van die kommer wat oor die diversiteitskursus geopper is en dat die skool in dringende gesprekke is met die provinsiale onderwysdepartement.

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en woordvoerder oor onderwys, het vroeër gesê altesame 800 leerlinge is verplig om die sessie by te woon en moes vir twee en ʼn half uur onder meer hoor dat slegs wit mense rassiste kan wees terwyl daar glo ook ʼn skerp aanval op Christenskap gedoen is. Die VF Plus gaan intussen ʼn klag by die Menseregtekommissie (MRK) teen die Wes-Kaapse departement van onderwys indien oor die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

“Slegs wit mense is rassiste”. Wat dan nou van Rwanda in 1994? Lede van die Hutu stam, wat die meerderheid van die land se bevolking is, het in 1 maand meer as 1 miljoen van die minderheid Tutsi stam uitgemoor. Is dit nou swart op swart rassisme, of is dit “anders”?
Nader tuis: die swart Colins Khoza het tydens inperking bier in sy tuin gedrink. Hy is so erg deur swart soldate daaroor aangerand, dat hy later dieselfde dag dood is.
So hoe dan nou?

John ·

Wie bird hierdie kursusse aan? As jy nie eers ñ onderwyser is by my kind se skool nie sal jy hom niks verbied nie

Suzette ·

Stem saam John, geen ander persoon op hierdie aarde sal enige een van my kinders enige iets verbied nie. Hierdie simpel kursusse wat enige tom dick en harry kwansuis aanbied is absuluut waglik en ver van die waarheid verwyder

Sobymykoolkop ·

Is die Wes Kaapse onderwys departement dan nie DA nie? Probeer die DA soos met Sweizer Reyneke skadebeheer toepas?

AmY ·

Ek dink ‘ek is in die moeilikheid.’
Ek is wit en ‘n christen…

Vonkprop ·

Gelukkig is die kinders wat beswaar gemaak het se IK veel hoër as die mense wat die snert uitgedink en aangebied het. Volpunte vir daardie leerders wat vir hulle self kan dink.

Johann ·

En so loop die boosheid self onvermomd tussen ons rond. Letterlik ongelooflik om te dink dat só iets in ‘n sg. demokrasie kan gebeur? Ergste is dat dit losgelaat is in ‘n skool…die een plek waar mens sou dink daar nog ‘n mate van gesonde perspektief sal wees?

Wie het dit uitgedink en verwoord en aangebied? Om nie te praat van die gedwonge bywoning en weiering om die klug te mag verlaat het?

Sarel ·

” Wes Kaapse Dept. Van Onderwys”
Dit behoort mosxdeur die DA Bestuur te word.
Hoe nou….verduidelik bietjie vircwie die Amptenare gewerk het?
Wes Kaap se Regering of Sentrale Regering.
DA…moet verfuidelik en bsie gou ook en watter stappe geneem gasn word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.