Afleggings by De Beers; Anglo gaan drasties sny

Argieffoto

Argieffoto

Die mynreus De Beers het Dinsdag aan die vakbond Solidariteit gesê dat hy eersdaags met ʼn grootskaalse afleggingsproses gaan begin.

Solidariteit het in ʼn verklaring gesê De Beers, wat deur Anglo American besit word, beplan om 152 poste by sy Venetia-myn buite Musina af te skaf. Daarby beoog die maatskappy om sowat 214 poste by van sy ander myne in Suid-Afrika af te skaf.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is hierdie aankondiging gemaak kort voor Anglo American se inligtingsessie waartydens die maatskappy gesê het sy finansiële posisie het die afgelope ruk geweldig verswak. “Anglo American en De Beers wil hul 53 myne wêreldwyd tot slegs 16 verminder. Daarby wil Anglo American sy platinummyne in Suid-Afrika tot slegs vyf verminder, en beplan die maatskappy om Kumba Iron Ore te verkoop. Voorts wil die maatskappy ook al nege sy steenkoolmyne in Suid-Afrika verkoop,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis het ’n beroep gedoen op die maatskappye wat Anglo American se myne gaan oorkoop om die maatskappy se goeie standaarde en diensvoorwaardes op ʼn verantwoordbare wyse te eerbiedig. “Ons doen voorts ook ʼn beroep op die nuwe eienaars van die myne om tydens die oornameproses toe te sien dat daar geen afleggings by die myne sal wees nie,” het hy gesê.

Du Plessis het ook gesê Anglo American en soortgelyke mynmaatskappye moet eerlik wees oor die werklike redes vir die afskaling van hul Suid-Afrikaanse bedrywighede. “Indien Anglo American se afskaling eintlik met die ongunstige politieke en ekonomiese klimaat in Suid-Afrika te make het, moet die bestuur van die maatskappy dit openlik verklaar,” het hy gesê. “Dit is hoogtyd dat die regering tot verantwoording geroep word vir sy aandeel in groot internasionale maatskappye se afskaling in Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DPJ ·

Die maatskapye was nou altyd betroubaar. Hoop nie nou dit ontaard nie.
Die twee matskapye wil in die goeie boekkies van die redume bly en sal nooit die werklike redes versterk nie. Die aflegings kom net op ‘n slegte tyd van insinking in ons Ekonomie. Werkker gaan sukkel om ander werk te bekom wat beteken diefstal sal toeneem.

Maria ·

Hierdie maatskappye verkoop hul myne omdat produksie drasties verswak het agv onkundige mense in bestuursposisies, stakings en BEE.

Gerd Lourens ·

Nou die dag met oud-myners gepraat. ‘n Hoop swart vrouens het skielik vakmanne geword wat ondergronds werk. Ook word die wat kraam, se babas op die myne versorg en dan kan die ma’s tot 4x per dag gaan borsvoed. Geen manier wat enige produksie-teikens gehaal gaan word nie. Kriel Colleries is blykbaar ‘n sprekende voorbeeld van die agteruitgang wat plaasgevind het.

Geen bestuurder/voorman mag enige myner aanspreek om te werk nie. Dus is daar ‘n totaal lakse houding op die myne.

En so sny hulle hul eie kele af.

Josua ·

Ek wil graag weet, wanneer afleggings by n maatskappy aangekondig word hoor jy nooit dat die top bestuur hul werk gaan verloor nie, waarom nie??? As jy n persoon in n bestuurs posisie aanstel en die besigheid “perform” nie kyk jy eerstens na die bestuur!!!! As die bestuurder of Direkteur hy of sy werk behoorlik gedoen het sou die onbevoegde mense wat onder hulle gewerk het vroegtydig aangespreek word of afgelê gewees het. Dit het tot die gevolgtrekking gekom dat besighede in die verlede en steeds te maklik daarmee weg gekom hot om werkers af te lê a.g.v top betuur wat nie hul sout werd was nie. Sodra n maatskapy se winste begin opdroog moet top bestuur alles in hul vermoe doen om weier uit te kring om besigheid in te win en nie stagneer op hul huidige verbruiker en verskaffer nie. Dit gebeur dikwils dat besighede die verskoning gebruik dat invoere en uitvoere verswak het asook die Rand waarde. As jy bv sjokolade vervaardig, en die verpakking daarvan word aangekoop, begin dan jou eie verpakking vervaadrig om kostes te bespaar, ek weet dit is nie altyd so eenvoudig nie maar enige goeie bestuurder sal weet wat ek bedoel hier as voorbeeld bedoel, op die manier kan jy jou werkers behou selfs nog aanstel en later jou verpakking weer aan ander besighede verkoop, op die manier ook jou winste aanvul en dit geld ook by invoer en uitvoer van goedere.

Jaco Grobler ·

Suid Afrika het ‘n ander stel reëls. In stede van tyd spandeer aan dinge soos die uitbreiding van besigheid en beter produksie, spandeer bestuur dáárdie tyd om met ‘n werksmag, wat meerendeels ongekwalifiseerd is, net ekonmies volhoudbaar te bly, en om van een krisis na die ander rond te val. ‘n Kultuur van ‘ek kom dit toe’, BBBEE, volhoude stakings, en swak werksetiek word aangevuur deur faktore van buite, en eis hulle tol steselmarig. Een of ander tyd raak bestuur en aandeelhouers net eenvoudig raadop, so maklik soos dit.

Chris ·

Josua ek was al deur n aflegging en daar is verseker voor die voet mense laat gaan. top bestuur inkluis. Moet baie eerlik wees daar was geen maar geen onderskeid tussen mense gewees nie. Dit is baie sleg en ek glo mens sal seker nooit heeltemal daarvan herstel nie want jou medies jou pensioen en alles word daardeur geraak. Ek is ook dankbaar dat dit met my gebeur het want dit het my gedwing om vir myself te sorg maar sal seker altyd n wrok he teen die maatskappy wat dit aan my gedoen het want hulle het erg vir ons gelieg en ons bedrieg met valse inligting en beloftes wat hulle geweet het nie gaan realiseer nie.

Chris W ·

En die anc se prez uma skep werk!Hys erg lagwekkend!Plaas hy liewer bedank en skoert .

Topster ·

Ja dit sal gebeur want hulle staar hulle vas teen n matriek sertifikaat wat tien teen een gekoop is en ondervinding tel blykbaar nie meer in die nuwe S uid- Afrika nie en ja dit gaan oor lae produksie en geen dissipliene nie ek sou ook uit die myn bedryf ontrek uit want enige mens met n bietjie verstand sien waar na toe dit afstuur Dit is n RAMP maar die in beheer dink aanvanklik ons ekonomie is op n hoogte punt dit skeel hulle min

Dlia ·

Dit is reg hul grou hul gat elke sekonde van elke uur, dag, maand en jaar al hoe dieper!!!

Clara F ·

Nee die matriek sertifikaat is nie vals nie. As onderwyseres het ek al ervaar dat sommiges nie belangstel om te leer nie, want die “system will pass us”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.